ʼn Vyfjarige seun, wat glo deur sy stiefpa ontvoer is, se liggaam is in ʼn veld naby Brits in Noordwes gevind.
Sers. Philani Nkwalase sê die seun se liggaam is Saterdag naby die aarbeiboerdery Echo Berry Ventures buite Brits gevind. “Hy het kneusplekke aan sy nek gehad en ‘n skedelbreuk opgedoen.” Nkwalase sê verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die seuntjie se ma verlede week ʼn saak van ontvoering aanhangig gemaak het teen die seun se stiefpa. Hy sê die polisie soek steeds na die stiefpa. ʼn Saak van moord word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Hoe kan enige iemand n onskuldige klein seuntjie iets wil aandoen?