2 Gautengse polisiebeamptes doodgeskiet

Argieffoto

Die polisie is op die spoor van verdagtes nadat twee polisiebeamptes aan diens Saterdagaand in Johannesburg in Gauteng doodgeskiet is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring ’n kaptein en adjudantoffisier het omstreeks 20:00 op ’n klagte van ’n motorkaping in Leoniestraat in Winchester Hills reageer.

’n Voorlopige ondersoek toon dat die polisiebeamptes egter op pad daarheen in Vleiroosstraat doodgeskiet is. Die gekaapte motor is sedertdien in Klipspruit in Soweto opgespoor.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die voorval skerp veroordeel. “Ons kan nie rus voordat die moordenaars gevind is nie,” sê Sitole.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by Stop Misdaad, 08600 10111, aan te meld.

Die voorval is een van verskeie waarin polisiebeamptes oor die naweek gesterf het.

Maroela Media het vroeër berig ’n kommunikasiebeampte van die Limpopo-polisie is Saterdag in haar huis in Tzaneen ten aanskoue van haar drie kinders doodgeskiet.

Sers. Yvvone Moyana (43) se man (44) het haar doodgeskiet waarna hy die vuurwapen op homself gerig het. Hy was ’n adjudantoffisier verbonde aan die provinsiale misdaadintelligensie-eenheid in Limpopo.

In ’n ander voorval het ’n polisiebeampte van Middelburg in die Oos-Kaap homself om die lewe gebring nadat hy sy vriendin se suster in George in die Wes-Kaap doodgeskiet het. Sers. Mzwamadoda Fuzani was nie aan diens ten tyde van sy dood nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ep ·

Sitole jou nog nooit gehoor sê julle gaan nie rus voor moordenaars gevang word vir plaasmoorde. Nee ou grote dan gaan julle lank nie rus daardie woorde maak nie indruk

Hansie Slim ·

Ja ek sluit aan by jou: As moord in die algemeen met prioriteit gehandteer word sal die res van die moorde nie so maklik plaasvind nie. Hulle kon “geoefen” het met die ander moorde wat hulle nie wou ondersoek om ‘n gekonfyte span ondersoekers op hierdie tonerl vry te laat. Nee ou maat…. julle kort oefening met die optrede om die boosdoeners te arresteer.

Abe ·

Ep,
Wat n onsinnige kommentaar. Hoekom die snaakse aanspreekvorm vir n polisieoffisier? – ou grote? Huh..

Abe ·

Ep,
Genl. Sitole se opmerking was, na my mening, heel gepas. Die berig meld niks van plaasmoorde nie en dit is hoegenaamd nie ter sprake nie!

potlood ·

Ek stem saam Sitole is vinnig met n aksie plan as van sy onbekwame mense aangeval word maar doodstil waneer dit by onskuldige slagoffers kom van plaasaanvalle .

Deon ·

Sal hom ook nie ou grote noem nie nog minder n generaal,daarvoor is hy te useless

Zombie ·

Abe, jy is korrek om te sê dat daar nie in die berig na plaasmoorde verwys word nie. Dit is baie mooi, hoor. Ek vermoed egter dat Ep die geheel (groter prentjie) van misdaad in ag neem, wanneer hy/sy ook na plaasmoorde verwys. Hy/sy dink dus nie net van berig tot berig nie, maar neem die groter SA misdaadraamwerk in ag.

Eier ·

Maar blankes word ontwapen oor versuim om vroegtydig hernuwing van wapenlisensies in te dien. Ons kry hernuwing aanmanings vir voertuig lisensies, TV lisensies en bestuurslisensie maar nie vir vuurwapenlisensie hernuwing nie. Hoekom nie? Ek het al twee jaar gelede hernieude bevoegdheidslisensie gekry maar wag steeds op vuurwapen lisensie.

Carel Pienaar ·

Die wêreld verander. Hou by. Jy gaan nie n hernuwings aanmaning kry nie. Maak self n nota en hou dit op datum. Veral vir die vuurwapens. Al vat SAPS maande om die hernuwing af te handel het jy slegs bewys van aansoek gemaak voor verval datum nodig om jou vuurwapen wettig by jou te hou. Neem aksie. Neem verantwoordelikheid.

Me ·

Die duiwel is los in SA. Tyd dat ons almal hande saamvat en Bid vir vrede en geregtigheid keer asb terug na GOD

Chris Ws ·

Waarom maak die polisie geen melding van enige beloning vir die inhegtenisnemimng en skuldig bevinding van die moordenaars van die 2 polisiemanne nie?Daar hoort ‘n goeie beloning te wees vir sulke inligting.

Cherokee ·

Omdat ek en Abe onmiddellik daarna sal vra waarom geen beloning uitgeloof word vir die skiet van plaas moordenaars nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.