Die hooggeregshof in Oos-Londen het Carl Joe Abrahams (31) Maandag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vervreemde vrou, Angelique Clarke Abrahams.
Maroela Media het vroeër berig dat Abrahams Angelique in 2019 ten aanskoue van hul sesjarige seun verwurg het.
Hy is in Desember verlede jaar aan haar moord skuldig bevind, asook op aanklag van oortreding van die voorwaardes van ʼn beskermingsbevel. Angelique het dié tussentydse bevel kort voor haar dood bekom en ook aansoek om ʼn egskeiding gedoen.
Abrahams het op 29 Augustus – net ʼn paar dae later – met hul seun by Angelique se woonstel opgedaag waar hy haar aangeval en verwurg het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het destyds gesê dat Abrahams sy hande om haar nek gesit, haar gewurg en tot op die vloer gedruk het. Sy was op haar knieë toe Abrahams haar in ʼn wurggreep beetgekry en na die slaapkamer gesleep het.
Hy het haar op die bed gesit en haar klere van haar middel af ondertoe verwyder omdat sy haarself benat het.
Die kind het uit die woonstel gehardloop en om hulp geroep. Hy het onder meer vir een van die bure gesê sy pa is besig om sy ma te vermoor en hy dink sy is dood.
Abrahams het met sy seun van die toneel gevlug en Angelique bewusteloos agtergelaat. Sy is ʼn paar dae later dood sonder dat sy ooit haar bewussyn herwin het. Die nadoodse ondersoek het onthul sy het weens ʼn breinbesering gesterf wat deur die verwurging veroorsaak is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Waarvan hy baie waarskynlik slegs 8 jaar in die tronk sal deurbring.
20 jaar te min. Wat vd arme kind wat sonder n ma moet groot word
Die arme kind sal nooit weer dieselfde wees nie
Dit Betaal om iemand te vermoor. Gaan vir paar jaarlekker op belastingbetalers wat hard werk se nekke le. Sies ANC, sies. Julle laat die mense van SA skandalig in die steek
Ek lees ‘n vrou kry 30 jaar omdat sy ‘n myner bedrieg het – R900,000.00. Hierdie moordenaar kry 20 jaar? Hoe werk dit