‘AfriForum sal verpligte inentings teenstaan’

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê in ʼn brief aan pres. Cyril Ramaphosa dat hy enige verpligte inentingsmandaat wat deur die regering ingestel sal word, sal teenstaan omdat dit inbreuk maak op mense se regte.

Dit volg nadat Ramaphosa Sondagaand aangekondig het dat die regering ʼn taakspan aangewys het om te beraadslaag oor die moontlikheid van verpligte Covid-19-inentings vir sekere aktiwiteite en plekke.

Hierdie span sal aanbevelings aan die kabinet doen oor ʼn regverdige en volhoubare benadering tot entstofmandate.

Ramaphosa het Suid-Afrikaners in Februarie verseker dat niemand gedwing sal word om teen Covid-19 ingeënt te word nie. Hy het ook gesê dat niemand verbied sal word om te reis of sekere ruimtes te betree indien hulle nie ten volle teen die virus ingeënt is nie.

“Nou beplan Ramaphosa se administrasie om presies dít te doen. Dit is uiters kommerwekkend dat die president skielik sy besluit omkeer,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum.

Ramaphosa het wel in sy toespraak Sondag erken dat die besluit om ʼn mandaat soos dié in te stel, ʼn moeilike een is.

“Ons besef dat die instelling van hierdie soort maatreëls ʼn baie moeilike en ingewikkelde kwessie is, maar as ons dit nie ernstig en dringend bespreek nie, sal ons kwesbaar bly vir nuwe variante en sal ons nuwe vlae van die pandemie bly beleef,” het hy gesê.

Volgens AfriForum is daar egter internasionaal voorbeelde beskikbaar wat wys dat wanneer inentings verpligtend gemaak word, dit dikwels misluk en dat die teenoorgestelde bereik word as wat aanvanklik daarmee bedoel is.

“Hoewel AfriForum ten gunste is van vrywillige inentings, maak verpligte inentings inbreuk op die beginsel van vryheid van keuse en mense se grondwetlike reg op liggaamlike outonomie,” sê Roets.

“AfriForum sal die nodige stappe doen om die regering teen te staan indien hy inenting verpligtend wil maak.”

Roets meen indien mense die staat steun oor verpligte inentings, open dit net die deur vir die staat om in die toekoms iets op burgers af te dwing wat geheel en al onaanvaarbaar is.

“Staatsdwang bly gevaarlik, ongeag wat die onderwerp is en ons moenie die staat toestemming gee om dit in ʼn verskeidenheid van situasies, anders as dié een, te gebruik nie. Verpligte inentingsmandate is onregverdig in ʼn vrye samelewing,” sê hy.

Verskeie politieke partye het sedert Ramaphosa se aankondiging ook hul kommer oor die moontlikheid van verpligte inentings uitgespreek. Die VF Plus het daarop gewys dat verpligte inentings net tot weerstand sal lei, en dat die regering eerder daarop moet fokus om mense te oorreed en te motiveer as om hulle te forseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Genis ·

Dankie, ons mag nie terug gaan werk toe Januarie as ons nie ge-ent is nie….

Anna-Marie ·

Daar is n amptelike wetlike dokument op die internet wat jy kan aflaai wat die baas moet teken om regsaanspreeklikheid te aanvaar sou jy iets oorkom van die vaksiene. Soos ek die dokument gelees het, sou ek as n baas nie die dokument teken nie. Gee die bal terug vir die baas en moet jou nie laat for seer as jy dit nie wil doen nie. ????

Luister ·

Ek verstaan nie. Hoekom moet ‘n baas die dokument teken as hy nie hoef nie?

Vlooitjie ·

Kyk op Panda se channel op Telegram of hul website. Baie info en hulp daaroor as jy gedwing word.

Robert ·

Ek steun hulle 100%. Verpligte inent is die nuwe apartheid. Dit bly die persoonlike keuse van elke mens aangesien die vax slegs beskerm teen erge simtome. Jy kan nog covid optel en versprei al is jy dubbel gevax.

Johan ·

Dit werk in elkgeval nie, hoekom nou nog aan ploeg met die dooie kalf. Laat die wat bang is hul gaan dood spuit en los all die gejaag na die wind, natuurlike immuun sal, soos nog altyd, dit uitsort.

Pieter ·

Nee lekke. As natuurlike immuniteit werk, hoekom gaan jy dokter toe as jy siek is?

Papsak ·

Baie dankie afriforum julle dink reg julle is ysters hou dit so julle dink aan ons menseregte wat geskend word baie dankie

Belinda ·

Dankie! Nou wat het van ons mense regte geword?
Al so moeg vir hierdie nonsens.

Owlie ·

Dankie Afriforum ons stem almal met jul saam Of men’s die inenting neem of nie daar is altyd n 50% kan’s om covid lig of swaar te kry of om newe effekte na die inenting te kry.

Anel ·

Dankie Afriforum. Niks en niemand sal my dwing om die gif te vat nie.

Baardman ·

Watse gif is in die inspuiting. Of is jy een van daai mense wat facebook en instagram as jou bron gebruik. As jy nie wil inspuit nie is dit jou keuse, maar moenie snert versprei nie

Corne ·

As jy iemand aan die dood afgestaan het weens Covid staan mens verstom oor mense se arrogansie om te dink hul weet beter as top wetenskaplikes! Belaglik!

VaalDonkie ·

Top-wetenskaplikes is nie dokters nie. Hulle dink nie aan buite-pasient behandeling vir COVID nie. As jy hom vroeg genoeg begin behandel, is jy oukei. Dis eers as jy dit ignoreer tot jy klaar in asemnood is, wat hy jou lewe kan vat. Maar jy kan dit keer met antihistamien en steroides. En dis nou nie wat ek op Facebook lees nie, dis hoe dokters die tweede deel van die siekte behandel.

Vlooitjie ·

Niks te doen met arrogansie nie, dis persoonlike keuse, net soos joune. Daar behoort plek te wees vir albei.

Dapper Patriot ·

Nee Corne, hierdie gaan oor veel meer as “net die inenting”
As ‘n persoon glo die inenting sal hulle teen die virus beskerm keer niemand hulle om die inenting te neem nie.
As jou inentings mos werk is dit mos nou nie nodig dat ander hulself inent nie.
Moenie op anders se gevoelens probeer speel nie.

Mamba ·

Corne, jy sal verbaas wees oor hoeveel mense wel gesterf het terwyl hulle wel inge-ent was. Ons het 3 mense na aan ons verloor waarvan 2 ten volle gespuit was en 1 kort nadat hy sy eerste “jab” ontvang het. Dit bly elkeen se keuse.

Blomme ·

Die forseer vd vaksiene maak mense net meer agterdogtig en gekant teen inenting. Die hantering vd vaksiene en om mense te oortuig om in te ent is duidelik ń flop.

Frik ·

Dankie, Afriforum.
Julle het darem nog murg in jul pype om op te staan vir geregtigheid.
Baie ander het voete van klei.

ENFM ·

As jy mense afgestaan het aan die dood, wat ingeënt was, of wat nou lewenslank belêend of aan ‘n rolstoel vasgekluister is, sal jy 2x dink voor jy deelneem aan ‘n internasional proef of verwag dat ander mense daaraan deelneem.
Die vervaardigers sê self hulle weet nie wat die langtermyngevolge is nie.
Mense wat ingeënt is en mense wat nie ingeënt is nie, beland beide in die hospitaal en het ewe veel kans om mekaar aan te steek.
Mense wat van covid-19 herstel het, het beter immuniteit as die wat ingeënt is.
As covid-19, vinnig behandel word met basiese middels wat oor die toonbank beskikbaar is, is jou kanse om gesond te word baie goed.
Covid gaan nie verdwyn nie – al is almal reg oor die wêreld ingeënt.
Hoe meer toetse gedoen word, hoe groter is die kans dat daar meer positiewe gevalle is.
Lees navorsing, wat “peer reviewed” is.
Maak seker die skrywers het geen botsing van belange nie.
Kyk deur wie is die navorsing befonds.
Vrees los geen probleem op nie.

Luister ·

So jy reken dat al die regerings oor die hele wêreld nie weet wat hulle doen nie? Iemand moet tog net vir hulle sê daar is geen rede vir paniek nie. Laat die mense maar sterf, dit is maar net ‘n doodgewone ou verkouetjie.
Hoekom sal ‘n regering so baie moeite doen en geld uitgee om mense te oortuig om ingespuit te word as dit nie in die belang van die mense is nie? Daar is ander makliker en goedkoper maniere om mense dood te kry as dit hulle plan was.

Marius ·

Julle het geld om te mors. Spyt ek het al soveel geld geskenk! Julle wil graag die petrolprys dereguleer wat 1ste wêrelds is maar verpligte inentings wat ook 1ste wêrelds is dan skop die 3de wêreld mentaliteit in. Kry nou end en kry jou ent!

JohnnyS ·

So jy stem saam dat die regering jou regte wegneem ? Dink jy werklik inenting gaan COVID stop ? Dit muteer die heeltyd, gaan ons nou met elke nuwe mutasie gedwing word om nog meer-en-meer chemikalieë in ons liggame in te spuit ?

Luister ·

Dit kry kans om te muteer juis omdat mense nie vinnig genoeg wil inspuit nie. Nou sal ons maar vir altyd maskers moet dra.

Ian ·

AfriForum moet nie jul geld mors nie. Verpligte inenting is al uitweg.

Frank ·

Ai tog, nou van wanneer af kan ons nie maar self besluit oor ons eie gesondheid nie? Want dis waaroor dit hier gaan. Staat betaal in elk geval nie maandeliks die fortuin aan my mediese fonds nie. En ENIGIEMAND kan steeds die virus kry en dra. Nee kyk, hierdie outjies neig maar van nature na sosialisme/kommunisme. Wil so graag die sweep op alle terreine klap

Luister ·

Nee, dit gaan oor ander mense se gesondheid wat jy in gevaar stel. Ander regerings het strenger inperkings en juis die demokrasië van Europa. Wat sê jy daarvan?

NEO ·

Hoop net Soloriditeit as my vakbond volg Afriforum se voorbeeld en verteenwoordig sy werkers wat teen inentings is.

Esme ·

Afriforum, ek staan vierkantig agter julle. Ek was die slagoffer van Covid, ‘n jaar gelede. Ek het onlangs Immuniteitstoetsing laat doen, en my lesings is redelik hoog. Ek werk van uit my huis, dra ‘n masker as ek moet uitgaan, saniteer en was gedurig hande, hare en klere – veral as ek uithuisig was. Nou word ek verplig om te gaan vir ‘n vaksinasie wat wrywing in my gesin veroorsaak het. My suster met gordelroos en direk daarna met neuralgie gelaat het. My ma se persoonlikheid het verander en die eens hegte band is deur Pfizer vernietig. Nee dankie!

Elizabeth ·

Ek staan daagliks verstom oor hoe absoluut oningelig die gemmiddelde persoon op straat is oor vaksiene en hoe dit werk. Die tipe belaglike snert wat mense glo en versprei laat my voel ons is terug in die middeleeue. Wat van my kleinkinders se reg om veilig te wees. Hulle is te jonk om te ent. Hoe gouer mense hulle laat ent hoe gouer kan ons hoop op ń genormaliseerde samelewing. Almal van ons is as kinders geënt, ons kinders is geënt en ook ons kleinkinders. Mense weet nie eers hoe daardie entstof werk, en wat daar in is nie! Tog is almal skielik ń kenner op die gebied van Covid entstof. Al die Covid entstowwe word oor dieselfde kam geskeer, al werk hulle nie eers dieselfde nie. Ons het vier (ongeënte) familie lede verloor aan Covid. Die entstof het die lewe van my man en swanger dogter en haar ongebore baba gered. Meer as 99% van pasiente wat weens covid in icu beland en sterf is ongeënt. Nuwe variante ontwikkel in ongeënt persone. Doen asb die regte ding en laat jou vrywillig ent.

Hans ·

Dit verstom my hoe oningelig mense is wat glo dat die inenting die enigste oplossing is.
Dit bly elke ou se keuse. Doen jouself n guns en volg Dr Robert Malone se Telegram blad.
Word wakker mense, dit gaan nie oor die virus of die inenting nie.

Thom ·

Ek het ‘n broertjie dood aan dom mense __ my lidmaatskap gaan onmiddelik beeindig word .

Delia ·

Kan daar regtig gevra word Dat oningeente mense geweier word om restaurante te betree.
Is die ouens wat dit versoek Baie seker dat
Hulle gereelde kliente ingeent is.

Moenie Dan weer daarna huil Dat julle julle deure moet toemaak nie.

Dapper Patriot ·

Ek is bly om te weet daar is ‘n organisasie wat opstaan vir my regte.
Die staat, die ANC, moet gekeer word.
Enige iemand wat vir die staat, die ANC soveel mag wil gee is net só onverantwoordelik soos die ANC self.

JohnnyS ·

Vergelyk appels met appels. Die twee wat jy noem verskil hemelsbreed.

JohnnyS ·

Wat het die feit dat ek nie ingeënt is met jou regte te doen ? Jy het mos nou jou “jab” gekry, voel gerus en veilig – die ding werk mos volgens julle “jabbers”

Mamba ·

Jan, gaan google wat ek nou vir jou sê. Ek is ñ gesertifiseerde slangvanger en daar is oor die wereld dalk 7% van mense wat deur giftige slange gepik, gebyt of gespoeg word waarvoor hulle “anti venom” gee.
Eerste en beste is om die simptome te behandel. So jou redenasie maak geen sin nie, soos met enige griep virus, behandel die simptome, ons Skepper het jou liggaam pragtig ontwerp sodat jou immuunstelsel saam met die gewone medikasie jou gesond sal maak.
Ons ma’s en ouma’s en talle voor hulle het ons die regte maniere gewys

Luister ·

Wat is gewone medikasie? Hoekom moet ek dit vertrou as dit ook newe effekte het?

007 ·

Lyk my die klomp is maar blind vir wat in die Wêreld aangaan. Daar was al hoeveel pandemies, groot griep, swart griep, pokke , geel koors, skarlaken koors, en wat het ons daardeur gehelp….Inentings. Word wakker mense. Ek het in 1984 al van Covin 19 geleer by Kovsies. Dis nie n nuwe ding nie, net n ander variant.

Maritha ·

Hierdie hele toutrekkery veroorsaak verdeeldheid. Hoekom is julle jabbers tog so bang vir ons. Wat van almal buig die knie en vra die Groot Geneesheer. Nêrens hoor mens dit nie. Nee! Matriek raves gaan voort, maar kerke mag net 100 mense toelaat om afskeid te neem van ń geliefde. Klink vir my soos iets uit Openbaring

Diana ·

Dis jammer oor al die negatiewe kommentaar. Die vaksien mag op die ou einde ons enigste behoud wees.

Maritha ·

Ai Diana, dit is presies wat ek bedoel. Dit word almal se “enigste behoud” Dink jy nie ook dat al hierdie mense wat hul hoop en enigste uitweg in ń spuitstof sien liewer moet vra dat God ons verlos nie?

Stephen ·

Dankie AfriForum dat julle vir ons uit kyk. Cyril het immers op TV gesê niemand sal gedwing word om geënt te word nie. En kyk nou… Hulle sal dit indirek doen… Jou toegang tot winkels, dienste ens… AfriForum, gee hulle hel.

Queline ·

mmmmmm…………….
Ingeentes – kan covid kry
kan nog steeds dood gaan van covid
moet nog steeds n masker dra
kan nog steeds covid versprei

On geentes – kan covid kry
kan nog steeds dood gaan van covid
moet nog steeds n masker dra
kan nog steeds covid versprei

So wat is die verskil tussen die twee groepe, NIKS.
So hoekom moet ek ingeent word teen iets wat kort kort verander. En wat geen bewyse het dat dit werk.

Willie ·

Jy is 100% reg ja. Maar daar is tog ‘n verskil wat jy nie noem nie. Volgens die bewyse is 90% van die mense wat hulle lewens afstaan aan Covid nie ingeent nie. Die doel van die inenting is nie om te keer dat jy enigsins Covid kry nie, dit is om jou kanse drasties te verminder om jou lewe of die van jou geliefdes te verloor as gevolg daarvan. Ons almal weet dat as ons in aanraking kom met ‘n kind wat waterpokkies het, dan mag jy nie naby iemand kom wat nog nie ingeent is teen dit nie, want jy het die virus in jou, jy word netnie siek daarvan nie.

Dirk Mostert ·

C.R. se oggend- en aandpraatjies is nie dieselfde nie. Doe zo voort Solidariteit!

andre ·

Dankie Afriforum dat julle nog nugter kan dink.!
Dink net hoeveel klein besighede gaan nou sluit

piet ·

Wat is die verskil tussen verpligte inentings, verpligte masker dra en verpligte aandklokreel en inperkings? As jy een element wil beveg, moet jy almal beveg anders maak dit nie vir my sin nie want in al die gevalle word jou regte ingeperk. M.a.w. wat maak verpligte inentings dan anders?

Mercia ·

Dankie dat julle die moue oprol Afriforum. Dit is belangrik dat mense weet hulle is nie uitgelewer aan die grille en giere van hierdie inentings

Willie ·

Hoe is dit anders as om Malaria medikasie te verplig as mens reis na sekere plekke ( Mense gaan ook dood van die medikasie ) of om inentings te verplig as jy reis na sekere lande ( Daar is ook mense wat alergiese reaksies kry teen dit). Afriforum hou baie daarvan om radikale idiale toetaal en al mis te kommunikeer…. Niemand het ooit gese dit gaan verpligtend wees vir almal ongeag nie. Dit sal slegs verpligtend wees in sekere omstandighede of in sekere beroepe

Johan ·

Tog interresant dat die ANC-regering nie eers ons drinkwater in SA kan skoon hou nie, maar hulle wil my kom vertel dat hulle my belange voorop stel en my so graag wil veilig hou deur my ‘n verpligte inenting te gee. Ons hele natuur en omgewing word in SA bemors met riool en afval, maar hulle is bekommerd oor my!! Maak my lag dat daar nog mense is wat hierdie bollie glo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.