Bela-wet ‘dalk begin van totale staatsbeheer oor skole’

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Solidariteit/x)

Die onafhanklikheid van Suid-Afrikaanse openbare skole is op die spel en ouers moet alles in hul vermoë doen om daardie onafhanklikheid te beskerm.

Die belang van ouerdeelname aan die komende beheerliggaamverkiesings was een van die vernaamste onderwerpe van bespreking by gisteraand se Bela-beraad van die Solidariteit Onderwysernetwerk.

Die beraad is in samewerking met Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS), AfriForum en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) aangebied en onderwerpe rondom die beplande wetswysigings – soos die taal- en toelatingsbeleid van skole – is bespreek.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die Bela-wetsontwerp is nóg ʼn poging van die regering om staatsentralisering te bevorder net soos wat met nasionale gesondheidsversekering, onteiening sonder vergoeding en die dreigende nasionalisering van die Reserwebank beoog word.

“Die staat se betrokkenheid by die bestuur van ʼn skool moet juis tot die minimum van wetlike aanspreeklikheid beperk word. Met die Bela-wetsontwerp word ʼn belangrike grondwetlike beginsel oortree, en eien die staat homself bevoegdhede en funksies toe wat nié ingevolge die Grondwet aan hom opgedra is nie.”

Volgens Hermann het ouers en gemeenskappe ʼn verantwoordelikheid om hulle stemme dik te maak teen die beplande wetswysigings.

“Dit gaan oor ons kinders, en daarom het elkeen van ons ʼn plig om die Bela-wetsontwerp te beveg en op te staan vir ons kinders se onderwys en vorming.

“Solidariteit kan dus formeel aankondig dat ons die wetgewing ter wille van ons kinders in die hof sal beveg,” het Hermann gesê.

Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas. (Foto: Facebook)

Dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, het genoem dat die Bela-wetsontwerp nie net ʼn saak van taal- en kultuurbeleid is nie, maar dalk eerder die begin van totale staatsbeheer oor skole in Suid-Afrika is.

“Ons keer terug na ʼn staatsmodel waar skole maar net die begin van totale beheer is. Daar sal dalk ʼn tyd kom waar die staat sal besluit waar ons bly, met wie ʼn mens mag trou, waar jy mag werk en as jy dit nie doen nie, sal die staat jou verbied om jou eie besluit uit te oefen,” het Deacon gesê.

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, het die Bela-wysigingswet as kulturele aggressie teenoor Afrikaners beskryf.

“Afrikaanse moedertaalonderrig en die instellings wat dit aanbied is ook verantwoordelik vir baie van die wonderlike mylpale wat die land oor die jare behaal het. Helaas het ons weer gesien ideologie weeg swaarder as feite in Suid-Afrika, veral wanneer ons te make het met politici soos Panyaza Lesufi en ander wat al telkemale hulle afkeer van enkelmedium Afrikaanse skole verwoord het,” het  Bailey beklemtoon.

Nog ʼn spreker op die beraad, adv. Albert Lamey, het gesê die Bela-wetsontwerp word as ʼn instrument gebruik om spesifiek in die taalbeleid van Afrikaanse enkelmediumskole in te meng.

“Dit sou naïef wees om dit te ontken. Die wysiging deur die Bela-wetsontwerp versteur die vennootskapbeginsel waarop die Skolewet berus. Die Bela-wetsontwerp leen hom tot meer dominering en oorheersing deur die provinsiale staat in weerwil van die Konstitusionele Hof se vroeëre waarskuwing daarteen,” sê Lamey.

Solidariteit het onderwysers en ouers verder aangemoedig om die veldtog teen die Bela-wetswysigings te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anel ·

Hoekom word dit nie oopenlik gesê nie. Totale komunistiese oorheersing. Dit is die a en c se idiologie en strewe. Hulle sal nie rus voor die land heeltemal in sy kanon afgebreek en daar niks oor is nie. Van die skole tot die gesonheidsorg. Daar gaan niks van die ekonomie oorbly nie.

Andre ·

Indien die Staat dan ten volle beheer oor skole gaan neem moet hulle dan net ook al die finansiële laste dra. So maklik soos dit!

Danie ·

Net die wat vir hulle self dink en die waarde van logika besef sal saamstem. Die res sal nou in ‘n massakoor die goeie hoedanighede van ‘n stukke gebruikte toilette papier in ‘n massakoor besing. Die stomme mense gaan eers baie later (3+ jare, soos onlangs) besef hulle is bedrieg. En dit nogal deur hulle spieëlbeeld.

Kokerboom ·

‘n Sogenaamde demokrasie soos SA waar jy met hand en tand moet veg vir behoud van basiese regte waar sekere kultuurgroepe van die sogenaamde reenboognasie met ideologies rassisties gedrewe motiew met ALLE mag(insluitend jou belastinggeld) daagliks probeer om jou van die basiese regte te ontneem is GEEN demokrasie.

annie ·

… en skoolfonds sal vir wit gesinne met rasseskrede groei en net hulle sal moet betaal. Ons sit met ‘n vandaalse regering aan die stuur van sake. Die mediese gesondheidsorg is dieselfde storie. En dan sal nog planne aangekondig word. Mens ys om te dink wat gaan Cyril se ‘groot geskenk’ wees om kiesers oor te haal soos Zuma destyds.

Christian J M ·

Hierdie wetgewing moet beveg word op alle vlakke !!!
Afrikaans is die eindelike slagoffer !!!

Republikein in die Wes Kaap ·

In baie stedelike gebiede is Afrikaans sedert 1995 uitgefaseer in voormalige enkelmedium skole wat geleë was in laer inkomste woonbuurte. Nou tref dit ook middelklas en hoër inkomste buurte. Dis maar een van die gevolge van die nuwe bedeling.

Esme ·

Ek het die beraad gemis gisteraand. Kan Ek moontlik n opname iewers kry?

Hendrik ·

Totale staatsbeheer, staatssentralisering. Mense ons sit met n kommunistiese regering. Jou kind sal van kleins af in die hande van hd regering wees. Die Afrikaner sal vernietig word. Sal kommunisties gevorm word met jou as ouer totaal buite beheer. Gaan beslis nie net oor Afrikaanse taal – bedreiging nie. Dit gaan oor totale waarde vernietiging.

Miskruier ·

Ek weet van baie Katigese lokale wat nie gebruik word nie. Christelike, volkseie onderwys vir my kleinkinders.

Jan Jacobs ·

Die konsep om ouers se segeskap weg te neem is n wereld wye konsep. Dis makliker om kinders te beheer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die roete Miskruier! Ook goedkoper strukture op private grond waar kinders klasse kan bywoon en afwissel met aanlyn onderig en selfstudie. Maar daar moet mos sportfasiliteite wees wat geld kos. Met geen sportgronde kan daai geld eerder gebruik word om onderwysers te betaal. Ons moet vernuwend dink.

Skappie ·

Kan mens nog teen die Bela wet stem. En as mens kan, waar, of hoe.

JohanR ·

En dan kan die kommuniste ANC begin om skool kinders te “brainwash” as ouers, PTA’s en skool rade geen meer se het nie.

Sokrates ·

Dis ook n verskuilde meganisme om te kaap waarvoor jy nie gewerk het oor geslagte nie… Dit werk so: Raak eerste ontslae van Afrikaans, Maak daarna die skool vol met busvragte “engelssprekende” leerders. Begin dan dmv woke ideologie alle tradisies en gebruike onder druk plaas. Uiteindelik, na n paar jaar, “behoort” die skool, die koshuise, die sportgeriewe, nou aan die nuwe okkupeerders om na hul begeertes in te rig. . Na 10 jaar lyk die gees en kultuur, die geboue en terrein ongetwyfeld anders…….”Mission accomplished”.

Kirst ·

Die Bela wetgewing en die ander wetgewing wat Ramaphokker voor die verkiesing gaan onderteken is alles deel van die nasionale demokratiese revolusie. As jy dit nie wil glo nie Google gerus NDR IRR om die Instituut vir Rasseverhoudinge se artikel oor die NDR te lees. Dan sal alles wat die afgelope 30 jaar gebeur het en steeds gebeur sin maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.