Boer in hof ná tiener se skietdood

(Argieffoto: StatsSA)

Garth Millen Simpson (68) het Woensdag in die Glencoe-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn ná ʼn tienerseun verlede week op sy plaas doodgeskiet is.

Herman de Wet, voorsitter van TLU SA in KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê daar was ʼn groot polisieteenwoordigheid buite die hof. Oproeriges het ná Simpson se eerste hofverskyning verlede week ’n skuur op die plaas aan die brand gesteek.

“Ons wil graag die polisie komplimenteer oor hul reëlings en beheer,” het De Wet gesê. Daar was slegs ʼn klein onderonsie toe ʼn familielid van die slagoffer die hof tydelik verlaat het een later weer wou terugkeer. “Niemand het opgemerk dat sy die gebou verlaat het nie en die polisie wou haar eers nie toelaat om weer die hof binne te gaan nie,” het De Wet gesê.

Volgens De Wet word die omgewing deur onder andere die buurtwag gepatrolleer ná plasings op sosiale media en plaaswerkers, wat in informele nedersettings bly, gesê het daar is groepe wat dreig om die boere se plase aan die brand te steek en die boere dood te maak.

“Ons wil nie die polisie se werk oorvat nie. Ons is slegs hulle oë en ore op die grond. Enige inligting wat ons het sal ons aan hulle oorgee,” het hy gesê.

Natasha Ramkisson-Kara, provinsiale woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het bevestig Simpson se saak is tot 14 Oktober uitgestel waar die aansoek om borgtog sal voortduur.

Maroela Media het vroeër berig ’n skoot het verlede Dinsdag tydens ’n struweling tussen Simpson en die 17-jarige Qiniso Dlamini afgegaan. Dlamini is doodgeskiet en Simpson is in hegtenis geneem.

Die staat beskuldig Simpson van moord met voorbedagte rade. Die verdediging hou egter vol dat die skoot afgevuur is toe die oorledene Simpson se vuurwapen by hom wou afneem en dat die tiener sy eie dood veroorsaak het.

Die verdediging is in die besit van ’n selfoonvideo wat volgens hom sy weergawe steun, hoewel die staatsaanklaer glo weier om die video as bewysstuk te aanvaar.

Daar kan in die betrokke video, wat Maroela Media onder oë gehad het, gesien word hoe Simpson oënskynlik eers ’n waarskuwingskoot afvuur voor Dlamini en twee ander mans hom takel. Die seun probeer dan die vuurwapen by Simpson afneem en ’n skoot klap. Dlamini stort daarna ineen.

Simpson sukkel al ’n geruime tyd met beeste wat vanuit die nabygeleë informele nedersetting onregmatig op sy plaas wei. Op die dag van die skietery het hy weer ’n trop beeste op sy plaas aangetref en die beeste in die kraal toegemaak om te probeer vasstel aan wie die diere behoort. Simpson se buurman het aangedui dat nege van sy beeste gesteel is en die beeste wat gevind is, stem ooreen met ʼn beskrywing van die gesteelde diere.

’n Groep jong mans het na bewering op die plaas aangekom en volgehou dat die beeste aan hulle behoort.

“Die mans was baie aggressief en wou die slot [van die kraal] oopbreek.”

Volgens De Wet het Simpson sy haelgeweer gaan haal om hom teen die groep mans te beskerm. Simpson wou hulle afskrik en het ʼn waarskuwingskoot in die lug afgevuur. Die mans het hom egter oorrompel.

Dlamini gee Simpson oënskynlik ’n skop teen die bors en ’n hou deur die gesig voor hy glo die vuurwapen probeer afneem en die skoot afgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Wonder hoeveel Boere sal saam gaan en stads Jappies, om die boer se plek te beskerm en as dit moet die Nedersetting onder druk te sit, want die boer was reg en in die wet. (Ongeag sy kleur). EK is moeg vir die rassiste van S.A en hulle dubbel standarde.

Tiptol ·

Jy’s reg Pieter, daai nedersetting moet deurloop. Die probleem is net, dan sit meer blankes in die tronk.

Harley Davidson ·

Daar moet ‘n les geleer werd en toegepas word om onderduims te wees en soos ‘n skelm in die nag te werk sodat geen vinger na jou toe gewys kan word nie presies soos hulle maak.

Di ·

Stem 100 % saam – moet net so skelm raak soos die kriminele, daar is geen ander manier nie. ANC Kaders dwing ons blankes om ander alternatiewe te oorweeg

Surfer ·

En ons bewapen sodat ons gereed is vir hulle, anders kom jy en jou familie 2de. Dis miskien goed om “aksie” te neem in die nag, maar die problem is, onskuldiges kan ook seer kry.

Piet parys ·

So die krimenele dreig die boere en wat doen die polisie . Daai oorgrens bevolking dink hulle is onaantasbaar en kan doen net wat hulle wil . In die weermag op Fouriesburg in ongeveer 1986 op n 2mnde kamp het ons beeste geskut en die polisie v an Fouriesburg het daai tyd al vir ons gese om die beeste te los want as die beeste iets oorkom is daar probleme en kan hulle die polisie hof toe vat .SO DIT IS NOU N OORLOGSONE..

Werner ·

Verkiessings gaan ons nie meer help in hierdie gemors nie.Ons sal ons maar moet voorbery op die ergste.Die DA en VF en al die ander politieke partye skitter in hul afwesigheid.Seker bang hul verloor stemme as hul betrokke raak.Die feit dat die kriminele oor neem wys dat SA maar net nog n mislukte Afrika staat is.In Afrika regeer die geweldadigste bende.

Harley Davidson ·

Die bewoording van die opskrif is nie reg ek verstaan julle moet maksimum sensasie kry maar die bewoording gee nie die ware feite nie.

Miskruier ·

By my loop n trop bokke,vreet my beeste se voer en drink water hier in my kraal, probeer nounet die eienaar verantwoordelik opspoor.

ES ·

Tot jy hulle in ‘n kraal toemaak, dan teleporteer die eienaars tot in jou sitkamer… maak mens siek.

Gert ·

Laai en laat skut die bokke man sal gou kla as hy skutgeld moet betaal

Werner ·

O ja en lyk my die TLU het ook maar n klomp kruipers geword.Wat het hulle te se gehaad toe die boer se buitegeboue afgebrand was tydens die eerste hof sitting.Wil tog te graag saam met die polisie werk en komplimente uitdeel maar in tussen word hulle lede se grondwetlikke regte deur die einste polisie en regsisteem in die grond getrap.

Di ·

Wonder net waar is al die “wonderlike instansies” wat altyd so spog oor als wat hulle in die hof regkry? Geen hulp vir hierdie onskuldige boer van hierdie instansies af nie, maak my bloed kook!

ES ·

Die groot probleem is, die wet op vuurwapenbeheer maak nie voorsiening vir waarskuwingskote nie. Die staatsaanklaer kan sy argument bou op die feit dat die skoot die katalis was wat die hele situasie vererger het.

Ek hoop die verdediging kan die selfoonvideo as bewys lewer. Hierdie gaan ‘n naelskraap saak wees.

Harley Davidson ·

Ek stem nie saam nie die wet sê tog duidelik as jou lewe in onmidelike gevaar is so na die waarskuwing skoot het die aanval toegeneem en die verdediging sal sê dit was nie in ‘n beboude gebied nie en die waarskuwing skoot was juis om die aanval af te weer sonder om die dief te dood.

Danie ·

Heeltyd lees ek dreigemente van aan die brand steek.
Hulle is te onnosel om te weet dat brandsteek van twee kante af kan kom.

Harley Davidson ·

Hoekom sien die slagoffers dit nie ook so nie,ek stem 100%

Swerwer ·

Sterkte aan die Boer. Mag geregtigheid ten gunste van hom geskied. Almal weet dat die ander alles in hul vermoë doen om hom leed aan te doen. Hoekom is daar die opgetree teenoor die klomp wat die skuur aan die brand gesteek het nie. Hul hoort agter tralies.

Jack ·

Daar is net een kleur wat tel en almal weet wat dit is. Geregtigheid word gemeet aan die bundu geregtigheid en dit is te wreed vir opgevoede mense om te verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.