‘Boete of tronk vir Myeni’, sê hof

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. (Foto: ANA)

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, is ʼn boete van R120 000 of twee jaar tronkstraf opgelê. Dít nadat sy strafregtelik vervolg is vir die bekendmaking van ʼn beskermende getuie se identiteit tydens haar getuienis voor die kommissie na staatskaping. Die helfte van die vonnis is egter opgeskort.

Myeni het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van regsverydeling.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan eNCA gesê dat Myeni skuld beken het op aanklagte van regsverydeling, waarna sy ʼn pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het.

“Albei partye het voorgestel dat ʼn boete van R120 000 opgelê word. Die helfte hiervan is opgeskort wat beteken dat sy net R60 000 aan die staat moet betaal. Sy het reeds reëlings getref om dié bedrag in twee paaiemente te betaal,” sê Mjonondwane.

Die eerste paaiement van R30 000 is vandag verskuldig, terwyl die tweede en laaste paaiement op of voor 29 Augustus betaal moet word.

“Die ander R60 000 sal opgeskort bly op voorwaarde dat Myeni nie weer skuldig bevind word aan regsverydeling binne die volgende vyf jaar nie.”

Mjonondwane het bygevoeg dat die NVG Myeni se vonnis verwelkom.

“Ons glo dat die vonnis regverdig is. Dit is nie skokkend nie, maar tog is dit nie te toegeeflik nie. Dit ondersteun eintlik die beginsel van gelykheid voor die hof.”

Myeni is strafregtelik vervolg nadat sy in November 2020 virtueel voor die kommissie getuig het. Sy is hiertydens in kennis gestel dat die betrokke getuie slegs as “Mnr. X” bekend sou staan en dat dié se naam nie bekendgemaak mag word nie. Sy het egter die getuie se naam by vier agtereenvolgende geleenthede genoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Maritza ·

En as die fluitjieblaser nou sy lewe verloor het agv haar nalatigheid??

Cherokee ·

Vier keer gedoen (laaste sin) klink meer na moedswilligheid as nalatigheid.

SjN ·

Skokkend, en die belaglike boete word boonop met geplunderde geld betaal.

Swerwer ·

Daar moes al lankal van haan ontslae geraak het…………dan word haar vonnis nog halveer maar onskuldige mense word toegesluit! vermoor! en die skelms loop op straat!

Herman L ·

Dit lyk maar na ‘n ligte tikkie op die vingers. Sy het ‘n reuse salaris gekry. Wat is R30 000 vir haar?

Suzette ·

Hierdie kaders kom skokkend lig af vir hulle regsverydeling, korrupsie, wangedrag, miskenning van menseregte – so gaan die lys aan. Glo dit sou ‘n heel ander prentjie gewees het as die minderheid daarvoor verantwoordelik was.

H.A. ·

Alweer net n rapsie oor die vingers. Die anc kaders kom wragtig met alles weg. As jy n kader is, word jy voor gesorg. Jou lewe is n groot pretpark.

Perdeby ·

Ek hoop net die hof stuur haar uitslag en vingers in sodat sy ‘n krimmenele rekord het, maar dit sal seker nie gebeur nie.

Johann ·

En hier kom dit. As ons gedink het die wat actualy gevang word en gestraf word is bang vir dit….toe nou nie. Laaaaankal die geldkies gekry by die wat gebaat het by haar onbevoegdheid. KLUG

Kokerboom ·

Wat het geword van haar straf skandalige voorsitter van destydse SAL..bedrog,skades, diefstal en vele meer?????

Thelsa ·

Belaglike opgeskorte vonnis . . . As sy nie dieselfde oortreding binne 5 jr pleeg nie. Die moontlikheid is skraal dat sy dit weer kan pleeg

Kokerboom ·

Die regime in regstelsel sorg vir “our people”..skandalig maar hul voel ‘n veer

Wondermaarnet ·

Ek wens al die witmense kon ook ‘n keuse kry as dit by straf kom.

Mariana ·

Belaglike straf maar ons het niks meer verwag nie. Wat ‘n klug is dit nie?

Johan ·

Kom hierdie kaders nie met moord weg nie?
Dis ‘n flippen skande!

Hendrik ·

Gelde wat deur onregmatigheid en korrupsie bekom is is niks anders as diefstal en misdaad nie. Daarom behoort die staat n saak teen haar te maak en is tronkstraf nie uitgesluit nie.

Papsak ·

Ja ek wens ook ons wit mense kan so baie keuse kry en so min in tronk gestop word soos our people kyk hoe loop hulle nog almal vrylik rond

annie ·

Niks het nog regtig begin gebeur tov misdrywe deur die Zuma- kaders nie. Hierdie was maar ‘n soort van ‘n ‘verkeersboete’ omdat sy die hofreëls oortree het. Wat sy werklik alles aangevang het is nog onaangetas maar kyk watter show sit sy op in die hof asof ‘n onskuldige sterwende in haar laaste uur deur wreedaards geteister word soos in die donker Middeleeue. Snik!

AH ·

En sy lag al die pad in haar mou……..die R30 000 word sommer uit haar gatsak betaal van die voorheen geplunderde geld. Dit is dus nie ‘n straf van enige aard nie! Die enigste straf sou ten minste 2 jaar in die tronk wees…..maar helaas is sal so-iets heeltemal teen haar menseregte indruis en sy sou seker na 2 weke weer uit wees!

Albertus Christiaan ·

Destyds toe sy in hof moes verskyn, het sy nie geld gehad vir vervoer Gauteng toe nie. Nou kom die 2x R30000 baie vinnig te voorskyn???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.