Brics-uitbreiding dalk nié op beraad besluit; kan verdeel

Die Chinese president Xi Jinping en pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Die leiers van die vyf Brics-lidlande kom binne enkele ure in die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg byeen vir die 15de Brics-beraad waar Suid-Afrika na verwagting oor die volgende drie dae sal voorstel dat die blok sy lidmaatskap uitbrei.

Sommige verwag dat die lidlande teen die derde dag van die beraad reeds ʼn besluit hieroor sou geneem het.

Politieke ontleders is egter skepties oor die moontlike uitbreiding en meen dit gaan veel langer as drie dae neem om oor die moontlike uitbreiding te beraadslag. Die kwessie is verdelend, veral onder sy twee magtigste lede, China en Indië.

China is gretig om die blok vinniger te laat groei en sy invloed uit te brei, maar kenners sê Indië bevraagteken sy plaaslike mededinger se motiewe.

“Na my mening sal moontlike uitbreiding in die loop van vanjaar oorweeg word en nie op die beraad besluit word nie sodat hulle meer tyd gegun word,” sê Jannie Rossouw, professor in globale politieke ekonomie aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Jakkie Cilliers, stigter van die Pretoriase Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), sê Brics werk op konsensus wat ʼn “groot struikelblok” is wat besluitneming betref.

“Op die lang termyn is my siening dat die onvermydelikheid van China-Indië-mededinging waarskynlik die groot uitdaging is waarmee Brics uiteindelik gekonfronteer sal word,” sê Cilliers.

Verskeie Afrikalande het aangedui dat hulle by die blok wil aansluit, waaronder Algerië, Egipte en Ethiopië. Altesaam 69 lande is na die beraad genooi, insluitend alle Afrikalande.

Twee vlieë met een klap vir China

Pres. Cyril Ramaphosa sal voor vanmiddag se beraad die Chinese president Xi Jinping as deel van ʼn amptelike staatsbesoek in Pretoria ontvang voordat die twee staatshoofde na die Sandton-konferensiesentrum vertrek.

Xi het Maandag in Suid-Afrika aangekom en reeds ʼn hartlike ontvangs van Ramaphosa ontvang, berig Chinese media.

Dié staatsbesoek is Xi se tweede vanjaar. Hy het in Maart ook ʼn amptelike reis na Rusland onderneem.

“Xi het gesê hy is baie bly om Suid-Afrika weer te besoek en sien daarna uit om in-diepte meningsuitruilings met Ramaphosa te hê oor die verdieping van China-Suid-Afrika-verhoudinge en kwessies van gemeenskaplike belang,” berig die Xinhua-nuusagentskap.

Die Chinese leier het Suid-Afrika in 2018 ook besoek in ʼn poging om sy land se diplomatieke en ekonomiese bande met die vasteland te versterk.

Die tema van vandeesweek se beraad is “Brics en Afrika”. Die vasteland word egter deesdae as ʼn diplomatieke slagveld beskou met die Verenigde State, Rusland én China wat meeding om ekonomiese en diplomatieke invloed.

Die Brics-lande – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – verteenwoordig 23% van die wêreld se bruto binnelandse produk en 42% van die wêreld se bevolking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dries ·

Motorste sal die volgende paar dae uit die blou ligte se pad moet bly, anders word jou nersderm verwyder.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Republiek van die Kaap van Goeie Hoop sal nie by BRICS aansluit nie.

Watsenaam ·

‘n Baie wyse besluit. Hierdie is nie n gesonde plek om in te wees nie. Ek sienhier niks goeds in nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hier is ons ‘n demokrasie. Dis nie Malema se wêreld nie.

Bolandse Nooi ·

Daar ondersteun ek jou 100% – die probleem is egter net, ons IS deel van BRICS, al wil ons nie wees nie. Elke “tjeeply made in Tjaaina”-produk wat jy koop … daai ka-tjieng! gaan Tjaainaland toe!

WynandM ·

Hy was darem betyds gewees om sy meester te ontmoet – wonder bo wonder het hy nie laat gewees nie

Watsenaam ·

In my gedagtes sien ek hoe die “comrades” en kaders hulle lippe aflek. Hulle sien n nuwe bron van inkomste om hulle koffers mee vul.

Bolandse Nooi ·

Ek wonder hoeveel miljoene/mijarde Yuan gaan dié keer in CR se rusbank plek vind …

Di ·

Ja kyk, hulle almal wil deel van die pie he in hierdie land – Hulle weet hoe maklik die klomp omgekoop kan word waar geld betrokke is

Kokerboom ·

Hier kom ‘n ding! Die China/Indië tweestryd is die kwesbare punt in die samestelling. Afrika kan nie genoeg kruip en bakhand staan!

domheks ·

Almal wil Afrika he! Die mense hier verstaan nie waaroor dit gaan nie. Alle minerale en ondergrondse bates is baie aanloklik. En die regering het lekker diep sakke…

Mnr De Beer ·

Klink na n klomp “Excellencies” wat die BRiCS verteenwoordig. Maar het die “Excellencies” ooit daaraan gedink hoe hemelsbreed die BRiCS lande verskil ideologies, geloof en kultuur gewys? Dit klink dom om te verwag dat hul burgers gaan saamwerk as hulle hemelsbreed verskil van mekaar. Samewerking is al klaar moeilik tessun India en China. Nie n “excellency” idee nie.

Theo ·

BRICS is gedoem om te misluk vir een baie eenvoudige rede: Kyk na die migrasie van mense met ‘n hoë netto waarde (meer as $1M in VSA dollars) wat na ‘n ander land verhuis: hulle trek na plekke soos die VSA; en hulle trek uit plekke soos BRICS. Trouens, nie een BRICS-land kry individue met ‘n hoë netto waarde in nie. Hierdie is die mense wat toekomstige ekonomiese groei sal dryf – nie regerings nie en veral nie regerings soos wat daar tans in Suid-Afrika, Rusland of Brasilië is nie!

Bolandse Nooi ·

Nou daar het jy dit – die BRICS lande verteenwoordig minder as 1/3 van die globale BBP, maar het skuins onder die 50% van al die mense in die wêreld. Dit wys jou – diegene wat eerder NIE kinders moet baar nie, is juis diegene wat die meeste kinders het!

Agie@toeka ·

En so groet 2 Moordenaars van baie mense mekaar! Maar toemaar as hulle hier gedaan is op aarde gaan hulle staan vir die Bloed op hulle hande en dan is hulle vas!

Hendrik ·

Wat is die langtermyn motief? Die realiteit is, al word wat besluit en nie besluit nie, hdie muishondlande is stadig maar seker besig om Afrika, ingesluit SA te oorspoel. Onbevoegde regerings onversadigbare mag en geldhonger dien tot matelose eksploitering. Afrika word weggegooi vir die wolwe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis hoekom ons in die Wes-Kaap moet red wat te redde is.

Ronél ·

China “besit” al laaaaankal die grootste gedeelte van Suid Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.