Cele ‘wys vinger’ terwyl trokke brand

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Fikile Marakalla/GCIS)

Bheki Cele, die minister van polisie, het Maandag die aan die brand steek van ses vragmotors op die N3-hoofweg in KwaZulu-Natal veroordeel. Kritici sê egter dit wil voorkom asof die minister nie verantwoordelikheid vir die aanvalle wou neem nie, maar eerder die skuld op die departement van justisie wou plaas.

“In plaas daarvan om leierskap te verskaf, het minister Cele van die geleentheid gebruik gemaak om vinger na sy kollega, Ronald Lamola, te wys vir die gebrek aan vervolgings in soortgelyke sake,” sê Makashule Gana van Rise Mzanzi.

Dít terwyl daar nog geen inhegtenisnemings gemaak is in verband met die minstens 11 vragmotors wat die afgelope naweek in KwaZulu-Natal én Mpumalanga aan die brand gesteek is nie.

Cele het wel vroeër vandag aan verslaggewers gesê dat die SAPD altesaam 47 verdagtes in soortgelyke aanvalle op vragmotors in hegtenis geneem het.

“Ons stuur hulle hof toe en dan kry hulle borgtog… Maar van ons kant af is 47 mense in hegtenis geneem oor vragmotorkwessies,” het die minister verduidelik.

Gana sê dit is asof politici nie meer omgee nie.

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, het die jongste voorvalle as dade van “ekonomiese sabotasie” bestempel, “maar versuim om haar werk te doen en aandag te gee aan die kwessies van die vragmotorbedryf en die misdadigheid wat ʼn algemene kenmerk geword het in die sektor,” sê Gana.

Hy sê die jongste voorvalle herinner hom aan die onluste van Julie 2021.

“Tot op hede was daar min tot geen aksie in die implementering van die aanbevelings van die verslag van die paneel van deskundiges oor die burgerlike onrus in Julie 2021, wat beteken dat Suid-Afrika en sy mense kwesbaar bly vir die bedreigings wat bygedra het tot die fees van wetteloosheid twee jaar gelede.

“Suid-Afrika is duidelik in die greep van ʼn veiligheid- en sekuriteitskrisis en die mense wat gekies is om die krisis op te los is sonder ʼn plan en gee nie meer om nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sonblom ·

Aag Cele doen JOU werk dan sal trokke nie brand nie! En dan sal SA nie soos die wilde weste wees nie!

Kabous ·

Sonblom, jy se werk?? “Hoed” weet nie wat werk is nie, ek twyfel of hy al OOIT in sy lewe gewerk het, hy weet hoe om te skel en leeg te le!!!!!!

Marius ·

Vang hulle dan kan hulle weer net R1000 betaal en se sorry my kroon en weg loop julle is klomp grap makers

Chris ·

Dit is ook waar. Die 47 wat reeds in hegtenis geneem is en hof toe gestuur is het dadels van gekom. Fout le nie heeltemal net by sap nie

André ·

Hy is te besig om sy BBP manne te beskerm teen vervolging. (Ek hoop so baie ek is verkeerd!)

nieskynheilig ·

Elke minister is gemerk, tree hy verkeerd op, dan is dit sy beurt.

Dawie ·

Ou Cele is hierrdie keer reg.
Misdadigers word gevang maar dan weer in howe vrygespreek

Owlie ·

Net soos met die 2021 onluste waar daar niks van gekom het nie bly die minister van polisie die verantwoordelike persoon so om vinger te wys beteken maar net dat hy 9 ander vingers na homself wys

christo ·

Mooi so! Blameer mekaar. Ek’t gedink Bheki Cele lief nie meer nie.
Ek’t gedink hy het soos gedurende die struggle, ondergronds gegaan.
Dis duidelik dat die ANC regering geen leierskap het nie. Elke minister veg vir oorlewing na die 2024 verkiesing. Intussen is die land besig om in een te stort.

gpsa ·

Dis omdat ons nie meer lands grense het nie. Uitlanders loop hier in, en is bereid om te werk vir onredelike lae vergoeding. Trok eienaars is net so skuldig omdat hulle hierdie mense aanstel ipv om ‘n redelike salaris vir plaaslike mense te betaal.

Marcello ·

Hy wil nou kommentaar lewer, maar toe die blou-lig kaders mense aanrand, is hy doodstil. So gaan dit mos maar in ons land, as dit hulle pas, dan sê hulle iets, maar as dit te na aan die been is, dan bly hulle stil.

Ria ·

Dit lyk vir my CR is te bang om Cele af te dank, want dit sal vir hom ‘n onwelkome nadraai hê. Sò jammer dat die politieke spel net gaan om persone en partye i.p.v. die welstand van SA

Casper ·

Die Cele vent darem,plaasmoordenaarss kry ook borg en ditis ‘n skedule oortreding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.