E-tolhekke is af

(Foto: Outa)

Gauteng se omstrede e-tolstelsel is Donderdag kort voor middernag afgeskakel.

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, het die aftel van die sekondes tydens ʼn seremonie by een van die e-tolstrukture op die N1-suid by die Buccleuch-wisselaar gelei.

“Ons maak geskiedenis. Ons het gesê dat 11 April 2024 die laaste dag sal wees waarop e-tolheffings in Suid-Afrika ingevorder word, en nou doen ons presies dit,” het sy gesê.

Sedert die stelsel in 2013 ingestel is, het die meeste motoriste in die provinsie volstrek geweier om e-tolrekeninge te betaal. Die opskorting daarvan is vandeesweek as ʼn “oorwinning vir die burgery” beskryf.

Chikunga, die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, en enkele ander amptenare van die departement en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Donderdagnag gesing, gedans en gejuig toe die persblou e-tolligte met eens om middernag afgeskakel is.

Dié ligte – en kameras – sal egter nie afgeskakel bly nie, maar voortaan ingespan word as deel van die provinsie se misdaadbekampingsveldtogte, het Lesufi Woensdag tydens ʼn gesamentlike mediakonferensie by Sanral se kantoor in Centurion gesê.

In ʼn land waar die meeste mense en maatskappye op padvervoer staat maak, was die besluit om e-tol in te stel uiters ongewild.

“Die teenkanting van Gautengse motoriste en verskeie ander rolspelers het dit duidelik gemaak dat ons meer moes konsulteer en dinge anders kon doen. Dit is nou water onder die brug. Die kwessie het baie openbare woede ontlok…” het Chikunga oor die stelsel en opskorting gesê.

Daar is egter nog heelwat vrae oor uitstaande skuld.

Volgens die minister bepaal wetgewing dat enige motoris wat ʼn rekening ontvang vir die gebruik van ʼn tolpad, verplig is om dit te betaal.

“Ingevolge die wet is motoriste steeds verplig om te betaal, die wette het nie verander nie. Hoe dit afgedwing gaan word, moet nog bespreek word. As daar uitdagings is, is dit ʼn saak waarna ons sal kyk,” het sy vroeër gesê.

Verskeie organisasies het egter reeds aangedui dat hulle die afdwinging van enige uitstaande skuld op motoriste sal beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

Ja, cANCer dit is wat gebeur as julle boeties nie hoef te betaal nie, maar ons moet betaal. Sekers is vrygestel van die heffing al gebruik hulle meer die paaie as die gewone salaristrekkers. Kry vir julle!

Leona ·

Ag asseblief! Hoe wil jy n wet toepas as daar nie n wet bestaan vir betaling van etol nie. Sleg as n person hulle onkunde so openlik was!

Mundus ·

Dit is belaglik dat ANC amptenare so tekere gaan oor die einde van ‘n skema wat hulle self probeer implemeteer het. Daar is ‘n groot misdaad gepleeg hier en dit lyk of hulle daarmee gaan wegkom. Die Oostenrykse maatskappy, Kapsch Trafficom, sou basies belasting geskep het vanaf Gauteng motoriste in ruil vir betalings aan ANC verwante BEE vennote.

SjN ·

Die oorhoofse strukture kan nou deur vandale afgebreek en geplunder word en as skroot verkoop word.

Pierre ·

Waarom dans en sing, julle het in die eerste plek die gemors geinstaleer en verwag ons moet betaal.

Pietertjie ·

Dis ook net die ANC wat ‘n glansgeleentheid sal maak van hulle mislukkings…

Wakkerslaper ·

Ek is absoluut sprakeloos… hierdie veragtelike lot dink dit is ‘n prestasie en hou ‘n seremonie om die stop van ‘n totaal mislukte projek wat die land HONDERDE BILJOENE Rande kos te vier. In Europa sou ‘n mislukte projek soos hierdie ‘n GROOT SKANDE gewees het, en sou die verantwoordelikes afgedank gewees het, of selfs vervolg word. In Afrika hou hulle partytjie… Maar nou ja, wat kan ‘n mens verwag as die gemiddelde IK van Sub-Sahara Afrika net 66 is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.