Ekurhuleni-burgemeester uitgestem

Tania Campbell. (Foto: City of Ekurhuleni/Facebook)

Tania Campbell, die DA-burgemeester van die Ekurhuleni-metro, is haar pos kwyt nadat ʼn mosie van wantroue teen haar geslaag het.

Altesame 100 raadslede het Woensdag tydens ʼn gewone raadsvergadering vir die mosie gestem, terwyl 93 daarteen was.

Die metro het in ʼn kort kennisgewing gesê dat ʼn spesiale raadsvergadering eersdaags belê sal word om ʼn nuwe burgemeester aan te wys.

Die geslaagde mosie het egter nou daartoe gelei dat die veelparty-koalisieregering in die metro tot niet is.

“Ons deel in die teleurstelling van die inwoners van Ekurhuleni, aangesien die koalisie se pogings eindelik vrugte begin werp het,” sê Bongani Baloyi, Gautengse voorsitter van ActionSA.

“Hierdie uitstemming sal dienslewering en die stryd teen korrupsie beïnvloed.”

Die mosie is vroeër vandeesmaand teen Campbell ingedien. Die ANC het Campbell onder meer daarvan beskuldig dat sy versuim om billike en volhoubare dienslewering te verseker en dat sy township‑gebiede verwaarloos.

Die koalisieregering het egter aangevoer dat die mosie niks anders is nie as ʼn slenter om beheer oor die inwoners van Ekurhuleni se geld te herwin.

“ActionSA wil sy waardering uitspreek teenoor die burgemeester en die veelparty-koalisieregering bestaande uit die DA, ActionSA, die IFP, die VF Plus en die ACDP in Ekurhuleni wat so goed saam gewerk het vir die afgelope 11 maande.

“ActionSA sal voortgaan om die nuwe regering tot verantwoording te roep namens die inwoners van die metro.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Snowball ·

Sekerlik sal sy vervang word met ‘n swarte. Agteraf seker reeds so gereël deur die rassiste. Politieke skaakmat is jou voorland as jy blank is. Die Tembisa ‘uprising’ was nie oor dienslewering nie, maar opstand omdat hulle nie elektrisiteit verniet kry soos Vosloorus nie en sy is blameer. Opposisie party gebruik opsweping, chaos en verwoesting van infrastruktuur om mense uit hulle stoele te lig. Hierdie koalisie-sirkusse is allesbehalwe funksioneel.

Anna-marie ·

Inderdaad skaakmat. Stadigaan sal die mense begin sien NIKS werk vir ons nie. Ons sal moet ander planne maak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Anna-marie, en so sal dit aangaan vir die res van die eeu, en lank daarna. Nuwe planne MOET gemaak word. Maar Afrikaners en hul organisasies het die geloof dat dinge sal regkom.

Jack ·

Hierdie is ‘n perfekte voorbeeld van hoekom koalisie regerings nie werk nie.In afrika gaan dit oor geld en posisies en nie oor dienslewering nie.Daarom het ek geen hoop vir die 2024 vierkiesing nie (as ooit daar gaan uitkom ) Dit is te maklik om iemand om te koop en vinning verander ‘n werkbare bestuur na idiote.As jou party nie alleen bestuur nie kan jy sulke chaos te wagte wees.

Owlie ·

Is dit nou die nuwe politiese speletjie?
DA staan op en vat terug….
Bewys n slag wat die ANC oor 28 jaar vir townships gedoen het en hoe die ANC volhoubare dienslewering gelewer het – nee magtig julle is nie deel van n kindergarden nie, word groot.
As dit so msklik is om n mosie van wantroue in te bring en n persoon uit te stem hoekom is daar nog so baie korrupte leunaars aan die stuur?

Aikie ·

Hulle kan die BS speletjie beter speel as die ander wat ernstig wil werk on hulle medemens op te help.

Aikie ·

Die ANC het amper dertig jaar gehad om die swart gebiede aan hulle nekbande op te tel en het niks gedoen nie. Die DA is skaars ‘n jaar aan bewind, maar hulle word beskuldig dat hulle die “agtergeblewenes” nie help verbeter nie. Ons almal ken die spreekwoord van perdevye.

Maritza ·

Die ANC voel vere vir hulle mense nie. Kyk net na hulle eie sak. Leef in weelde maar die mense wat hulle in daardie posisie gesit het, kripeer van ellende

AndrewL ·

Die DA se bestuur is direk hiervoor verantwoordelik. Volgende is Tshwane.

Jy kan nie in ‘n koalisie ingaan en niks deel met jou vennote nie.

Ons weet almal politiek gaan oor mag.

Politici dink so. As jy nie die poeding met my deel nie, gooi ek dit op die vloer vir die honde om op te vreet.

piet ·

Hoe bedoel jy, jy lees dan dat die koalisie-venote baie gelukkig is hoe hulle saamgewerk het. Punt is, ‘n koalisieregering wat eintlik bestaan uit ‘n groep minderheidspartye gaan maar altyd op wankelrige bene wees. Kyk nou, EFF (wat nie ‘n koalisievennoot is nie) het nie eers hier gestem nie en die ANC alleen kry steeds meer stemme as al die koalisievennote saam.

Piet parys ·

Wat het jy gedoen . ? Blykbaar verstaan jy nie wat vir 30jr opgeneuk is kan jy nie in 11mnde reg stel nie. Nee ek is nie Da nie maar VF

Pieter ·

Ons verstaan dat jy nie 30 jaar se gemors net kan regmaak nie, maar basiese dienste soos vulls verwyderding moes hulle net voort gesit het. Kempton Park het net agteruit gegaan,

Tersia ·

Ek stem saam met jou Pieter. Dienslewering was nog nooit so vrot soos nou nie. Vullisverwydering (deesdae 1 keer elke 3 weke), slaggate, elektrisiteit, water, sypaadjies wat nie skoon gehou word nie, stormwaterdreins wat nie skoongemaak word nie, ens. ens. Die DA Raadslede op die huidige Raad, dien al baie lank in hulle poste, nie net die afgelope 11 maande nie.

piet ·

Tersia – hoekom het julle nie die ander koalisievennote op die Raad (soos die VF+) waarvoor julle gestem het tot verantwoording geroep nie? Hoekom het hulle toegelaat dat dinge so agteruitgaan?

Tersia ·

Piet, jy weet nie vir wie ek gestem het nie. Die feit bly staan, alles het drasties agteruit gegaan in die laaste paar maande.

Keelvol ·

Tersia, daar stem ek saam met jou. Ons stem net vir hulle om R50 000 n maand te verdien.

piet ·

Pieter, dan behoort jy nou gelukkig te wees dat die ANC die storie gaan regruk.

Keelvol ·

Piet, die DA en ANC is dieselfde. Een doen minder as die ander een. Die DA raadslede beteken niks. Kan net sowel geen raadslede hê nie.

Keelvol ·

En kyk hoe lyk die paaie in Kempton Park. Die DA raadslede beteken niks. Die squatter camp in glen marais so volgens Ou Jaco Terreblanche verwyder word, maar daar het dadels van gekom.

Keelvol ·

Piet parys, dis logika, maar wat het hulle al gedoen? Niks!!!! Die paaie lyk sleg.

Aai ·

Kempton park hulle het in die laaste maand en ‘n half net 2 keer vullis verwyder en op ‘n Sondag dat hulle dubbel tyd kan eis.Kry maar vir julle DA.Julle het die geleentheid nie gebruik.Nou gaan dit net afdraande wees vir ons wat julle ondersteun het.

Keelvol ·

Die DA het Gauteng in die palm van hulle hande gehad , nou is dit daarmee heen.

Nie Verbaas ·

As mosies van wantroue in munisipaliteite van enige egte waarde was sou 99.9% van ANC beheerde munisipaliteite nie meer in hulle beheer gewees het nie. Dit kom voor asof die mosies net die korruptes bevoordeel.

Kokerboom ·

ANC/EFF HAAT dit dat dinge werk!Wonder net HOE lank gaan belastingbetalers toelaat dat die gemors aanhou hul lewens beheer?!

Schalk ·

Dit is omdat townships nie betaal vir niks nie . Nie bydra tot die ekonomie nie. Alle infrastrukture verwoes en geen standpunt kan inneem teen kriminele wat alles verwoes nie. Daar is geen rede hoekom belastinggeld van getroue betalers moet vermors word op townships nie.

George ·

Mense wou my nie glo nie, Mmusi is destyds in DA ingestuur om van binne af te verniel en dan te loop soos hul in een krimmel, die krake wys nou nog. DA het my stem al lankal verloor.

Keelvol ·

EK’t dit vinnig agter gekom met Sy talle uitlatingsteken.

Wakkerslaper ·

Net soos wat tans met ESKOM gebeur kan sabotasie die skuld gegee word vir ontwrigting in dienslewering. So ver as wat daar reg gemaak en skoon gemaak word, word daar geplunder en gesaboteer. Daar was heelwat gerugte dat vragmotors wat vullis moes verwyder opsetlik beskadig was om dit buite werking te stel. Drinkwater infrastuktuur was opsetlik beskadig om dienste te ontwrig. Die s.g. Tembisa opstande was ook ’n goed beplande aanval om die nuwe bestuur in ’n slegte lig te stel.

Dit was maar nog altyd die ANC/SAKP (en hulle maatjies) se taktiek gewees – gebruik terreur om jou ideologie te bevorder, die mag te kry en dit dan te behou. Absurd genoeg is daar vandag nog steeds mense wat dit nie sal erken nie. Hulle is ons werklike vyande…

Nici ·

Sou graag wou verstaan of lede van die koalisie gehelp het om haar uit te stem en wie hul is sodat mense nie weer vir hul stem nie. Verder sal dit help om te weet waar Ekurhuleni is.

piet ·

Die ander koalisievennote was almal gelukkig hoe die vennootskap gewerk het sover ek weet. Mens moet wonder wat hulle dan gedoen het dat dinge blykbaar so agteruitgegaan het. Het hulle nie hulle werk gedoen as deel van die koalisie nie?

Roek ·

Ek het geweet Tania se doppie het geklap die oomblik toe sy dit kon reg kry om “n lewensstyl audit laat deur voer het by die raad , Jammer ou Girl !!

Keelvol ·

As sy haar werk gedoen het, sou dit dalk vermy gewees het.

SomeOne ·

ek kan nie baie goeie wiskunde doen nie , maar verduidelik vir my die paragraaf asb:
“Altesame 100 raadslede het Woensdag tydens ʼn gewone raadsvergadering vir die mosie gestem, terwyl 93 daarteen was.”

Tersia ·

Die mosie van wantroue is gesteun deur 100 raadslede en 93 was teen die mosie van wantroue.

Keelvol ·

Die DA is n bittere teleurstelling vir ons in Ekurhuleni. Ons paaie is in a choatiese toestand. Ons krag is meer af as aan. Die cbd’s lyk soos n hool.

Koalisies werk nooit nie. Hulle bly met die eff een vorm na soveel haatsprake deur Hulle.

Danie ·

Sy is n ystervrou moet nie dat dit jou breek nie net sterker maak.Dit gaan nie lank vat dan praat ons weer.Die smag van beheer en mag gaan nog hulle ondergang wees.

Keelvol ·

Ystervrou? Dienslewering in Kempton bestaan glad nie meer onder haar bewind nie. Die paaie is net slaggate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.