Emfuleni ‘verleë’ ná voertuie gevat is

Amptenare van die balju se kantoor het Donderdag die voertuie op die Emfuleni-munisipaliteit se perseel gaan haal (Foto: Eskom/Twitter)

Die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit in Gauteng sê hy is erg in die verleentheid gestel ná Eskom se besluit om op sy voertuie beslag te lê.

Die munisipaliteit het nou ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om Eskom se optrede te stop.

Makhosonke Sangweni, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die munisipaliteit is stom gelaat nadat die balju Donderdag gestuur is om die munisipaliteit se voertuie te vat om sy uitstaande skuld aan die kragvoorsiener te verhaal. Die munisipaliteit skuld nagenoeg R1,3 miljard aan Eskom.

“Dit is wyd bekend dat die munisipaliteit hier en daar uitdagings ervaar met sy uitstaande Eskom-rekening, maar ons betaal gereeld aan die huidige rekening ondanks die kragvoorsiener se versuim om ʼn lewensvatbare betalingsooreenkoms aan te gaan,” sê Sangweni.

Die kragvoorsiener het reeds verlede maand ʼn hofbevel bekom om op van die munisipaliteit se bates beslag te lê.

Volgens Sangweni het die munisipaliteit destyds na Eskom uitgereik hieroor en voorgestel dat hulle vergader oor die munisipaliteit se betalinggeskiedenis en toekomstige betalings.

Hy voer egter aan dat die munisipaliteit op 17 November laas amptelike kommunikasie met Eskom gehad het voor die beslaglegging “wat ten doel was om die munisipaliteit in die verleentheid te stel”.

“Om vandag se bevooroordeelde optrede deur Eskom te versag het ons prokureurs aan Eskom en die Krugersdorp-balju geskryf en hulle gewaarsku oor hul versuim om die regte prosesse te volg, aangesien die saak nog onder bespreking by die hoogste hof van appèl is.”

Die munisipaliteit het Eskom en die balju net vandag gegee om op sy prokureur se skrywe te reageer en al die voertuie terug te besorg. Daar is ook ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om Eskom te keer om op enige verdere bates van die munisipaliteit beslag te lê.

“Dit is jammer dat die kragvoorsiener gekies het om ons versoeke vir ʼn betalingsplan geïgnoreer het.”

Die munisipaliteit het onderneem om steeds sy maandelikse betalings aan Eskom te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Genis ·

Die ANC sy kaders en musipaliteite is n verleentheid vir ons…

SjN ·

Minisipaliteit kom nie ooreenkoms na nie en wil nog demand, kastig verlee, patetiese spul kaders.

Furds ·

Wonder waar gaan die geld wat ons elke maand betaal an munipaliteit betaal heen?

Colette ·

‘n Munisipaliteit wat soveel skuld het moet tegnies insolvent wees. Hoe op deesaarde dink hulle gaan hulle die skuld terugbetaal?

Jo-Anne ·

Daai munisipaliteit het in elk geval geen voertuie nodig nie, hulle lewer dan geen diens nie. Eens n spogdorp, maar nou n vervalle dorp.

Nicky ·

Nou maak eers die volle betaling, dan praat ons van maandeliks betaling want as jy eers agter is, is dit moeilik om by te hou

Windhond ·

Verlee se jy my?,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,shame, dis wat gebeur as jy meer uitgee as wat jy insit – dis die wet van Transvaal

marius ·

Nou word die balju die vark in die verhaal. Hoop hy dagvaar hulle vir miljoene .

Dewald ·

Kan maar kyk en oudits op bestuur doen.Hulle trek groot salarise en ry duur karre met lywagte en bly in Santon .Belasting vereenings behoort die bestuur van die dorp oor te neem .

Wendy ·

Wat ht vd geld vd belastingbetaler gewrd ? Of was dit maar altyd n sukkelende owerheid?

Bertie ·

Die mislikepaliteit blameer nou wraggies vir Eskom wat nou kwansuis weier om ‘n lewensvatbare ooreenkoms aan te gaan. Dis nou weer die hele wêreld se skuld dat hulle so onbevoeg en korrup is. Hulle kan nie eers uit hulle “foute” leer nie.

Nico ·

Umfoleni betaal jou agterstalige gelde aan Eskom, dan jou vragmotors terug gegee word, Emfuleni julle het daarvoor gesoek, kry vir julle.

Lillian ·

Ag hierdie sal nie eerste of die laaste keer wees nie.
Die staats instansies het hope Verstek Vonnisse teen hul naam, maar wie gee om? Wanbetaling is mos aan die orde van die dag.

Antoinette ·

Verlee?? nie hulle nie.
Waterlekke – helder skoon water spoel dae selfs tot week of 2 uit gebarste pyp. En dan is die munisipale bestuur baie arogant.
Riool – dagliks moet karre deur daardie gemors ry.
ELM werkers hou 2-3 ure teetyd en le lekker onder die bome en verkeer rustig – op die naat van hul rug.
Bome – wat deur die wind afgeruk word le in die strate of word net op die sypaadjie geplaas.

Martin ·

Ek betaal jou ni dn vra jy di hof om my goed te vat vr di skuld dan gaan ek en vra di een hof om te bepaal dt jy ñ fout maak en en my goed moet terug gee ha ha

Moedeloos ·

As ek nie my skuld betaal nie word my goed ook opgeskryf en deur Balju kom haal. So dis hoe dit werk my ou. Betaal jul skuld dan sal jul nie verleë wees oor die Balju sy werk doen nie.

Papsak ·

LEWER JULLE WERKE WANT MUNISIPALETEITE IS N SKANDE REGTIG MOENIE NOU VERLEE LYK OF VOEL NIE VAT PAKSLAE JULLE EIE SKULD

Andrè ·

Darem maar snaaks hoe vinnig balju’s munisipaliteite se goed vat maar vrekbang is om sy pligte by Nkandla uir te voer

Cherokee ·

Emfuleni verleë na voertuie gevat word? Emfuleni behoort eerder verleë te wees oor geld wat van verbruikers gevat is vir gebruik van elektrisiteit, sonder om dit aan Eskom te betaal. Dit is diefstal.

FCR ·

Wel betaal julle agterstallige rekening PLUS rente en julle kan jul goed terug kry. Die lewe is nie verniet nie, nie eens die lug wat jy inasem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.