Altesaam 13 mense is beseer ná ’n chemiese ontploffing Dinsdag by ’n maatskappy in Pinetown in KwaZulu-Natal.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die nooddienste en brandbestryders is tans op die toneel in Otto Volekweg in New Germany waar ’n groot brand ná die ontploffing uitgebreek het.
Altesaam 13 mense het ligte tot ernstige beserings in die voorval opgedoen en is reeds na hospitale geneem.
Brandbestryders spook in dié stadium nog om die vlamme te blus. Die taak word deur sterk wind bemoeilik.
Otto Volekweg is tans vir verkeer gesluit.
Dié voorval volg kort nadat ’n reuse-ontploffing Vrydagoggend by die Engen-raffinadery in die suide van Durban aangemeld is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ek kan nie help om te dink dat dit die resultaat is van BEE nie. Onbevoegde mense in hoë posisies wat nie instandhouding werk doen en seker maak dat veiligheidsmaatreels gevolg word nie. As jou van deesdae reg is, het jy die werk
Kan hierdie ontploffing verbandhou met die Engen ontploffing? Wonder maar net.
Veiligheidsmaatreëls is seker nie nagekom nie. Mens wonder hoe gereeld doen inspekteurs van die Departement van Arbeid nog hul werk?
Die een ontploffing na die ander een…. dalk tereur aanvalle?
Ons is konsultante in ontploffingsbeskerming, en dis skrikwekkend wat se kaanse baie mense vat. Ons het uitstekende kundigheid en regulasies. Maar niemand wil belê daarin nie. Baie tragies.