Gauteng skuld munisipaliteite miljoene

David Makhura, voorsitter van die ANC in Gauteng, sy adjunk Panyaza Lesufi en sekretaris Jacob Khawe (middel) tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

Die Gautengse provinsiale regering skuld sy munisipaliteite meer as R89 miljoen vir dienste aan die regering gelewer.

Dit volgens Lebogang Maile, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake. Hy het Maandag geantwoord op die DA se vrae in die provinsiale wetgewer.

Volgens Maile skuld die Gautengse regering R89 503 016 aan Emfuleni-munisipaliteit (Vereeniging en Vanderbijlpark), Lesedi-munisipaliteit (Springs), Mogale City-munisipaliteit (Magaliesburg) en Merafong-munisipaliteit (Carletonville en Fochville). Hierdie geld is reeds 120 dae agterstallig.

Die Gautengse departement van gesondheid skuld R18 miljoen en die departement van onderwys R11 miljoen nét aan Emfuleni.

Die regering skuld Merafong-munisipaliteit R14 miljoen, Mogale City R12,9 miljoen en Lesedi-munisipaliteit R12,6 miljoen.

“Die meeste van hierdie munisipaliteite het geen geld om dienste aan hul inwoners te lewer nie en Emfuleni sukkel om sy rekeninge by Eskom en Rand Water te vereffen. Hierdie geld kan help om die finansiële druk waaronder munisipaliteite verkeer, te verlig,” sê Kingsol Chabalala, die DA se lid van die provinsiale wetgewer.

Hy sê die Gautengse regering moet ʼn voorbeeld stel aan inwoners deur hul skuld aan munisipaliteite te vereffen. “Die DA vra dat Maile sal ingryp om te verseker dat die onderskeie departemente wat geld aan munisipaliteite skuld, die betalings so gou moontlik doen,” sê Chabalala.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Magda ·

Dit kom daarvan in 1994 was gese – alles gratis – so alle blame op die ANC, STOP OM PERSOONLIKE BELASTING TERUG TE BETAAL.

Swannie ·

@ Magda,
Feitlik al jou kommentaar stel jy voor dat mense moet stop om persoonlike belasting te betaal, maar ten spyte van verskeie versoeke aan jou oor hoe dit gedoen kan word omdat werkgewers die belasting aftrek VOORDAT jy jou salaris ontvang, kan jy nogsteeds nie antwoord nie.

Staak asb jou onsinnige kommentaar.

Lee ·

Wraggies swak. Maar dit verbaas my nie… Die Regering spend net en party net sonder om skuld te vereffen. Dis ‘n skande!!

Jerry ·

So sad, so very sad that the ANC under the CR-administration continues to lead by revolutionary examples of how to manage its business to exactly the opposite of how business should be managed. There is absolutely no light at the end of the ANC revolutionary tunnel as this is meant to be the way to do business, the ANC revolutionary way! The truth is that the ANC revolutionary way is a total disgrace to the human race, thats way the ANC is known and referred to as a “failed state”. However, being a failed state is actually regarded by the ANC as a revolutionary success of transformation!

Peet ·

Dit lyk vir my na maatskapye se “funny money”. Maar dis alles behalwe snaaks.
En nog geen persoon verantwoordelik gehou.

Alida ·

Wel dit het nou gebeur. Die ANC moet nou maar betaal en die munisipaliteite moet die geld reg aan te wend en die nodige dienste lewer. Stel net betroubare nense aan met kort vingertjies.

Anoniem ·

Ek wens die Gautengse provinsiale regering kon die gelde sommer namens die munispaliteite oorbetaal aan Eskom en Rand Water. Dan kan mens seker wees die agterstallige skuld word (gedeeltelik) betaal.

Foxi ·

Wel, die X Grootbaas het vir hom en sy lede rykdom geoes, self verryk ensv. Nou hoekom kan die ander dit nie doen nie? Dis mos n goeie voorbeeld of hoe sê ek dan nou. Nee wat, skryf maar die skuld af!

Johanna Botha ·

Alles val uitmekaar met die anc …niks werk …geldtjie is op !

Schalk ·

Wat Nelson Mandela belowe het en wat gebeur is twee werelde.Almal wat hom geglo en wou glo se oë word tans oopgemaak.n Klein hondjie se oë gaan op 8 dae oop.Sy fatcats waarborg het verval soos sy ander beloftes.

Tinus Coetzee ·

Waarom moet skuld betaal word? Is skuld betaal nie ‘n Westerse begrip nie? Ek is seker dat Jan van Riebeeck se skuld. Ai hy was nou maar eenmaal ‘n slegmens!

khat ·

Sny hulle water en ligte sit dit af want anc like nie om te betaal nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.