Interdik oor plantgebaseerde vleis verleng

Plantgebaseerde wors as alternatief vir vleisprodukte. (Foto: Shaun The Vegan/Facebook)

Alle plantgebaseerde proteïene kan nou nog langer op winkelrakke bly nadat ʼn interdik wat die verwydering van dié goedere verbied, verder verleng is.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag die tussentydse interdik ten gunste van die Raad vir Verbruikersgoedere van Suid-Afrika se lede toegestaan.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en sy aangewese entiteit, die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Voedselveiligheid, word dus nog langer verbied om op hierdie soort produkte beslag te lê.

Die interdik sal tot Mei volgende jaar van krag wees, waarna die besluit hersien sal word sou nog ʼn aansoek voor die hof gebring word.

Die organisasie ProVeg South Africa het die besluit verwelkom en meen dit is ʼn broodnodige stap om eindelik regulatoriese sekerheid in die plantgebaseerde sektor te verseker.

“Ons sal voortgaan om met alle relevante belanghebbendes in gesprek te tree om saam te werk om regulasies wat op plantgebaseerde produkte van toepassing is, te formuleer.”

ProVeg is ʼn internasionale voedselbewusmakingsorganisasie wat hom beywer vir die transformasie van die wêreldwye kosstelsel deur konvensionele diereprodukte met plantgebaseerde alternatiewe te vervang.

Drukgroepe soos ProVeg het hul vroeër vanjaar tot die hof gewend nadat pogings van die bedryf om die departement en die agentskap te oortuig om die beslagleggings op te skort en nuwe en gepaste wetgewing vir plantgebaseerde vleisalternatiewe te ontwikkel, op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

Die hof het toe wel bevind dat die produkte op winkelrakke kan bly, minstens tot ʼn hof kan besluit oor die meriete van produsente en kleinhandelaars se betoë dat die regulasies onlogies is en verbruikers skade gaan berokken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

marius ·

Gaan haal die riool uit die water en hou op met karring aan dinge wat nie prioriteit is nie . Soos ‘n klomp brommers wat in ‘n kombuis jou lewe versuur .

Danie ·

Wel as georganiseerde veediefstal so voortgaan gaan ons almal plantmateriaal eet.Wat kla die klomp

Jacob ·

Plantbaseerde proteien bevat sojabone. Soja is uiters ongesond op die langtermyn vir mense en enige ingeligte persoon sal dit vermy te alle koste. Diereproteien is onvervangbaar in die mens se dieet en verder, wie de hel gee enige persoon die reg om hulle wil op my af te wil dwing. Vanaand braai ek 2 tjops meer vir my en mevrou elk.

Nettie ·

Presies Jacob! Ek is reeds so lus vir ‘n lekker stuk steak…

Anel ·

As ons plante moes vreet soos skape en bokke, sou die Here nie vir ons diere gegee het om te eet nie. Orals lees ons van die lieflije geure van die vleis wat geoffer word en van dit wat geeet word. Die wat plante wil vreet doen die. Los ons vleiseters uit. Ons gaan gesond bly, julle gaan op ‘n stadium tekorte hê van allerhande vitamienes en snaakse siektes kry en wonder hoekom. Al julle goed is sojabasis. Dit maak jou steriel. So gaan aan masr los ons ander uit. Wat is nou lekkerder as so ‘n lekker skaaptjoppie met so ‘n lekker stukkie kraakvet! Of ‘n stuk biltong met sy geel vetjie!! Ai,man! So vreet maar julle gras.

Antie Sarie ·

Het jy a die vrees in diere se oe gesien oppad slagpale toe asook by die slagpale? Het jy al die vrees gesien van diere wat gejag word? Hulle wil leef, maar besef wat gaan aan. Het jy al gehoor hoe lawaai slagdiere by die reuk van bloed? En jy dink die opdrag om te slag en vreet kom uit n goeie oord? Dieselfde wat gese het diere moet kos wees, het mense offers toegelaat.

Antie Sarie ·

O ja. Daar is baie snaakse “hartsiektes onder vleis etende mense

Cherokee ·

Het nie eens die hele verslag gelees. As jy aan my koolblare kan verkoop wat soos steak smaak, gee ek nie om wat jy dit noem nie. Jy sal ‘n koper hê.

Nettie ·

Maar dis ander mense se keuse om ingelig te WIL en MAG wees. Dis waaroor dit gaan. Hulle probeer mense mislei. Volgens die Bybel, is dit ‘n vieslike sonde en ons moet daarteen opstaan.

Mariana ·

Dankie maar nee dankie. Elke mens moet maar self besluit of hulle wil vleis of die plant goed wil eet. Ek is te lief vir my vleisie. Ek stem saam met Jacob en Anel. Basta met die in-die-keel-afdruk besigheid. Eet jou soja as jy wil, ons eet onse vleisie, dankie.

Petrus Klipkop ·

Aai toggie. Hier gaat ons al weer. Ek stem 100% saam met die stellings van moenie iets in mens se keel af druk nie. Smake verskil. Verskillende mense hou van verskillende dinge. Soms is daar mediese redes, soos allergieë wat mense verhoed om sekere dinge eet. Net omdat ek byvoorbeeld nie hou die smaak van iets, en iemand anders is weer mal daaroor, maak nie van my reg of verkeerd en die ander verkeerd of reg nie. Vleisvreters, laat die plantvreters tog met rus, en plantvreters, gun die vleisvreters hulle plekkie in die son? Dink net hoe vervelig die ou wêreld sou wees as almal presiese, eksakte klone was, soos ‘n bos waar al die voëls eenders gebek is, of ‘n mark waar net een handelsnaam beskikbaar is. Laat vaar die stiksienigheid en leef en laat leef?

Nettie ·

En dis wat die vleiseters HEELTYD vra. LOS ONS MET RUS. En moenie die name van vleisprodukte gebruik vir plantgebaseerde kos nie, want dis onnodig en misleidend. Laat die planteters presies weet wat hulle koop, en los die vleiseters uit.

Reinald ·

Port nag nie meer Port genoem word nie, Sjampanje moet tot Vonkelwyn herdoop word. Verbied dus asseblief dat Soja, Kanola ens. die naam van vleis en botter kaap! Laat die proponente van daardie plantprodukte hul eie unieke name vir dit wat hulle produseer uitdink!

Louis ·

As jy nie wil vleis eet nie, hoekom maak jy jou kos dat dit soos vleis lyk? Skep eerder n bord met stukkie grasperk op.

Hennie Biebouw ·

Wat is plantgebaseerde vleis ?
Wat is die definisie van “vleis”?

Nettie ·

Julle trek ‘n Zuma.

Ons wil nie julle veggies hê nie. Kry jul eie name, en hou op ons vleiseters s’n “appropriate”.

Antie Sarie ·

Ek verstaan dat iemand n vegetarier wil wees. To each his own. Maar waarom dan iets soek om te eet wat smaak soos vleis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.