Johannesburgse burgemeester bedank oor Zille

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg (Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA))

Herman Mashaba, Johannesburgse burgemeester, het Maandag sy bedanking ingedien. Mashaba is ontevrede omdat Helen Zille die afgelope naweek as voorsitter van die Demokratiese Alliansie (DA) se federale raad aangewys is.

“Ek is baie bekommerd dat die DA waaraan ek my destyds verbind het, nie dieselfde DA is wat die naweek uit die federale raad gestap het nie. Dit is nie meer ʼn party wat die ANC kan ontsetel en Een Suid-Afrika vir Almal kan lewer nie,” het Mashaba Maandagoggend tydens ʼn nuuskonferensie gesê.

Hy het gesê die verkiesing van Helen Zille as voorsitter van die federale raad is ʼn oorwinning vir diegene binne die party wie se waardes en oortuigings in direkte teenstelling met sy eie is. “Ek kan my nie vereenselwig met ʼn groep mense wat glo ras is irrelevant in die gesprek oor ongelykheid en armoede in Suid-Afrika nie. Hierdie mense kan ook nie sien dat groter ongelykheid in Suid-Afrika heers as in 1994 nie.” Hy is ook ontevrede omdat mense binne die DA hom glo kritiseer oor die koalisieregering in Johannesburg.

Helen Zille. (Foto: DA)

Mashaba sê dit was vir hom ʼn moeilike besluit, aangesien hy nie gewoonlik handdoek ingooi nie. “Maar ek kan nie toekyk hoe ʼn politieke party sy eie behoeftes bo dié van 5 miljoen inwoners van Johannesburg plaas nie. Ek sal altyd my land eerste kies.”

Die DA het kennis geneem van sy bedanking. Die DA se federale raad sal eersdaags vergader om te bepaal wat die impak van vandag se besluit op die inwoners van Johannesburg het en wat die beste manier is om die saak te hanteer. “Ons respekteer Mashaba se besluit en wens hom alles van die beste toe,” het Solly Malatsi, die DA se nasionale woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die ANC in Johannesburg sê in ʼn verklaring hy is nie geskok oor Mashaba se bedanking nie. Die ANC voer aan die bedanking het niks te doen met Helen Zille se verkiesing nie, maar eerder met die finansiële verknorsing waarin die stad van Johannesburg gedompel is. “Mashaba het nog altyd gesê hy is burgemeester omdat die mense hom verkies het, maar nou bedank hy weens partypolitieke redes. Hy is ʼn seer verloorder eerder as ʼn demokraat,” lui die verklaring.

Mashaba het egter in sy toespraak daarna verwys dat Johannesburg aan die einde van die 2018’-19-boekjaar R5,3 miljoen in kontantreserwes gehad het, amper dubbel soveel as die vorige finansiële jaar.

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het ook sy bedanking verwelkom. “Sedert Mashaba in 2016 die die pos as burgemeester beklee het, het die stad miljoene rande daaraan bestee om vakbonde hof toe te sleep en telkemale in die hof verloor. Hy het ook geen agting vir die regte van werkers nie,” sê Samwu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Hennie ·

Herman niemand gaan jou mis nie jy het nie veel uio gerig ad burgermeester nie. DA op hulle laaste trappie voor die afgrond.

Maljan ·

Hennie en Erika da
K is julle onbekend met wat hy al uitgerig het. Hy het winkel tot winkel geloop om agterstallige betalings te in. Erika ek twyfel of hy oor haar ras of geslag bedank het. Dalk was hy ook op die kortlys vir die pos wat die DA se mistyk gekry het. Gee kans, eerlank is die munisipaliteit van jozi weer kniediep in die knyp.

Maljan ·

Hennie en Erika dalk is julle onbekend met wat hy al uitgerig het. Hy het winkel tot winkel geloop om agterstallige betalings te in. Erika ek twyfel of hy oor haar ras of geslag bedank het. Dalk was hy ook op die kortlys vir die pos wat die DA se mistyk gekry het. Gee kans, eerlank is die munisipaliteit van jozi weer kniediep in die knyp. Nou kan die da kiesers weer terug op die nie-betalers kultuurraad gaan.

Stephen ·

Mashaba se bedanking het niks te doen met enige van die bykomstige redes wat aangevoer word vir sy bedanking nie. Dis alles rook en spieels.
Die EFF vry al lank na hom en ek sal nie verbaas wees as hy by die rooi party uitdop nie!

Casper Labuschagne ·

Effektief die einde van die DA. Al die swart kritici wat gesê het die swartes wat die DA steun is “Uncle Toms” is nou reg bereik. Die toekoms van die DA sal voortaan ‘n kwynende wit liberale party wees sonder swart steun—weer al die pad terug na die Progressiewe party van die 1970’s en 80’s.

Gert van Wierdapark ·

Die gewese burgemeester kon darem seker, as gesoute politikus, ‘n beter verskoning en “spin” vir die media gekry het! Hy tree op soos’ n swak verloorder wat nie meer lus was vir die uitdagende pos van Eerste Burger van Johannesburg nie! Sy bedanking uit die DA = miskien n “beter pos elders”?

Jaco ·

Die ANC Lite party voel n veer, maar in alle geval bye. Hy gaan seker by die EFF aansluit

Tante ·

Pieter Groenewald moet nie bekommer wees ons bly by FF+ ons is moeg van beloftes rugstekery en diskriminering DA teen werklike egte demokrate wit swart bruin en almal verder wat die land lief het

Pieterd ·

Ten minste erken Mashaba dat daar groter ongelykheid is as in 1994! Almal het ver agteruit geboer in die tydperk wat Zuma president was. (Behalwe natuurlik Zuma en sy vriende.)
Ek stem saam met die ANC verklaring dat Zille se verkiesing net ‘n rookskerm is vir sy eie onbekwaamheid.

E.K. die eerste ·

Asseblief tog – hy het BAIE gedoen. Julle moet meer lees

Aksie SA ·

Herman Mashaba is ‘n man van uitnemendheid, van onberispelike integriteit, seker die enigste WARE leier in die hele DA… en dalk in die land! Hy het meer selfrespek, as enige ander politikus, soveel so dat hy nie sy beginsels en waardes inboet en gedwee aanvaar, dat die DA hulself verwoes nie…. ‘n ramp het die DA getref, toe Helen Zille verkies is as Voorsitter van die FR…. en ek is nie eers ‘n DA lid- of ondersteuner nie. Ons land is in GROOT moeilikheid!

Cherokee ·

..en as hy by die EFF aansluit sal julle tjoepstil bly… of miskien jul komplimente herhaal.

janee ·

ANC julle het gauteng en hele land in finansiele gemors wat dit tans in is.Niks met hom uit te waai nie.maar julle sal nie verstaan nie.julle verstaan nou nog nie.

SlowJoe ·

Die DA is nou besig om die pad mooi te mis, gelukkig het ek nie my stem gemors op hulle nie.

David Potgieter ·

Mashaba, wat soek jy en die DA leier buitendien in die DA? Julle het nog altyd jul eie agendas.

Linda ·

Herman Mashaba het die regte ding gedoen. Ons gaan jou mis in Roodepoort, al die gate in ons paaie word gereeld oogevul en jy het meeste van die skelm uit die munisipaliteit uit gekry !!! Goeie werk vir ons gedoen, dankie !!!

Linda ·

Zille hoort nie terug nie ! sy is die DA se ‘downfall’ !!!

johan ·

Ek dink die VF+ moet groter stem begin dik maak in die Weskaap, Noordkaap. Veral onder die bruin gemeenskappe met Pieter Marais aan stuur in die Weskaap. Die onmin in die DA en ANC is nou soos ‘n rooi of geel kaart en die VF+ moet met alle bronne in klim. Veral op die 2021 munisipale verkiesing.

johan ·

Staan maar lekker agter hom ek weet nie wat DIT jou gaan help nie. :):)

K P ·

Gaan sny nou maar lekker grassies. Ek gaan jou beslis nie mis. Inteendeel ek’s nogal bly jy het jou ry gekry

Baai ·

Ons sal jou gewis nie mis….
Maar hy gaan seker nog salaris ontvang tot 2025..

Linda ·

Herman Mashaba het baie hard gewerk. Ons mense in Roodepoort gaan hom beslis mis. Mashaba het degnitief die regte besluit gemaak !!!

Hagar ·

johan ek stem. Ek is ook n ondersteuner van die V F+ en sal bitter graag wil he hul moet nou vlam vat. n Indringende ontleding van omstandighede moet nou gemaak word, daarby n deeglike beplanning en dag en nag se harde wewrk.

Realis ·

DA se Verlies! EFF se Wins! Herman en sy trawante is klaar in Julius se sak!! Nou gaan die EFF met spoed vorentoe gaan! Auntie Helen het die bal mooitjies in hulle hande geplaas…….

hercu ·

Herman Mashaba gaan seker nou deur die ANC Kabinet opgeslurp word!

die meeste politikuste in die kabinet kan nie die greep van ‘n g-klem en koue lym hanteer nie, dan hol hul maar weg!!

Eddie ·

As ek tussen die lyne lees ,dit gaan nie oor Helen se verkiesing nie , maar Mashaba daar gaan vir hom ‘n beter toekoms by die EFF wees

Riaan ·

So bewys die da leiers hulleself elke dag as rasisste. Tog probeer hulle (daai anner) ons wit stem bekom as en wanneer dit hulle pas. Hulle dink ons is soos die eff kiesers, d*m.

Ex-Azanian ·

We can only sit and laugh this side while the bunch of ‘proud souff effricans’ thoroughly enjoy their azanian circus….

right said Fred ·

And the rats were the first to abandon the ship when they realised that it was sinking… of hoe? Ons sal die skip op koers hou sonder die rotte.

Bon Voyage Titanic ·

Hahaha @wrong said fred… you’re not on just any ship, you’re on the wonderful Titanic. Some rats might have departed after the ice berg struck, but we all know where the Titanic is going… only one way – down. Luckily we left the Titanic well in advance. Now carry on… remain “positive”, stuff some mieliepap into the gaping holes where the water is gushing in, while holding the broken rudder….

Adrian ·

You sit on this side but as i see it you are a coward can not face the music

Min Gepla ·

Die terugkeer van die dansende outannie gaan die DA baie steun laat verloor, wys jou wat voel hul kiesers vir wit comrades!

Winx ·

Op ‘n heel ander noot… ek het ‘n vraag wat my nou al heeldag pla, want Maroela berig nie oor Baleka Mbete se hoogs intelligente onderhoud met AlJazeera nie… dit was hoë oktaan…. is sy en die I.T tannie van SARS susters?

Pro-Zille ·

Wys hulle, mev. Zille!! Jy kan mos!! Jy is ‘n vrou van faam en formaat!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.