Kategorie 1- staatsbegrafnis vir Buthelezi

Mangosuthu Buthelezi. (Foto: GCIS)

ʼn Kategorie 1- staatsbegrafnis sal Vrydag vir wyle prins Mangosuthu Buthelezi gehou word.

Buthelezi, voormalige leier van die IVP en tradisionele eerste minister van die Zoeloe-nasie, is Saterdag in die vroeë oggendure dood. Hy was 95 jaar oud.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag aangekondig Buthelezi sal vereer word met die hoogste kategorie staatsbegrafnis wanneer hy in Ulundi in KwaZulu-Natal ter ruste gelê word.

Die president kan ʼn staatsbegrafnis aankondig vir mense aan wie die land die hoogste eer wil betoon. ʼn Spesiale kategorie 1-staatsbegrafnis is byvoorbeeld in 2021 ook vir emeritus‑aartsbiskop Desmond Tutu gehou.

Volgens die presidensie sal Buthelezi se begrafnis elemente van militêre eerbetoon bevat. Daar is ook opdrag gegee dat vlae landwyd halfmas tot op die aand ná Buthelezi se begrafnis hang.

Terwyl die voorbereidings vir die begrafnis voortduur, het Ramaphosa opnuut sy medelye met die koninklike huishouding, asook Buthelezi se vriende en nasionale en internasionale kollegas betuig.

Buthelezi was die stigter en voormalige leier van die IVP. Van 1994 tot 2004 het hy as die minister van binnelandse sake in die kabinette van onderskeidelik oudpres. Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien.

Hy is twee weke ná sy 95ste verjaardag dood. Sy laaste verjaardag is in die hospitaal gevier nadat hy komplikasies weens ʼn rugoperasie opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Euodia ·

Wat ‘n statige man! Was altyd interresant om na hom te luister (al kon jy nie altyd alles uit kon maak nie????) het meer van sy kaliber in regering nodig. Vrede vir sy familie.

Barney ·

Simpatie aan die familie. Persoonlik kon ek nog nooit die punt daarin sien om so ‘n do van ‘n begrafnis te maak nie. As ek eendag sterf, wil ek geen begrafnis of roudiens hê nie. My geliefdes kan eerder ‘n heerlike naweek in die bos of berge gaan geniet in my nagedagtenis – as hulle sou wou. Maar nou ja, elkeen het seker maar sy eie idees

Bolandse Nooi ·

Sê ek ook. As jy nie dít wat jy na my dood vir my tydens my dood kon of wou sê nie, wil of kan ek nie hoor op my begrafnis nie. Ek wil ook nie ‘n begrafnis hê nie aangesien ek niemand het wat oor my sal rou nie (eerder: daar is baie wat sal juig as ek oor 6 weke die lepel in die dak steek!). Draai my lyk in ‘n lap toe en gooi dit in die vuur – vergeet dat ek ooit bestaan het.

Bolandse Nooi ·

Gaan iemand eendag ‘n kategorie 1 staatsbegrafnis vir my hou? NEE!!! Dis sommer nonsens hierdie, die staatsbegrafnisse vir mense wat eens ons land se welsyn en vooruitgang gesaboteer het. Hoewel ek respek het vir Prins Zwelethini vir wat hy (later) in sy leeftyd gedoen het (ná hy van die ANC geskei het en die IVP gevorm het), dink ek mense maak – soos met Mandela – ‘n groot ophef oor niks. Die man is dood, laat sy familie hom begrawe!

JohanR ·

Weet iemand miskien waar die Chief die Checkers en PnP plastiek sakke vol geld gebere het?

Anel ·

Hy was ‘n statige man. Hy het net bietjie vinnig gepraat vir my. Jammer daar is nog nog “afrikaleiers” soos hy nie. Sterkte ook aan sy familie.

SwartBees ·

HOE word hulle so oud? Ons eerlike mense peg hier by 70/80 rond as jy gelukkig is.

Vanessa ·

Dit is baie hartseer om van sy dood te verneem. Hy het so ‘n goeie voorbeeld vir alle leiers gestel. Mag hy in vrede rus. Hy verdien verseker ‘n goeie begrafnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.