Klerksdorp-man sterf ná aanranding

Hilton Pretorius (Foto: Back A Buddy-veldtog)

Hilton Pretorius (32), die man wat sedert die begin van die maand om sy lewe geveg het nadat hy ernstige beserings in ʼn aanrandingsvoorval in Klerksdorp, Noordwes, opgedoen het, is Woensdagoggend dood.

Maroela Media het vroeër oor die voorval berig waarin Pretorius en PW Roos (44) ernstige beserings opgedoen het. Die voorval het in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Doringkruin plaasgevind. ʼn Video van die voorval is op sosialemediaplatforms versprei en het ʼn herrie veroorsaak.

Albei slagoffers is ná die voorval na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Roos het ʼn skouerbesering en harsingskudding opgedoen en is betreklik vinnig uit die hospitaal ontslaan.

Pretorius het egter ernstige breinskade opgedoen.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, is Pretorius Woensdag omstreeks 08:05 in die hospitaal dood. Dit was net meer as twee weke nadat hy die beserings opgedoen het.

“Die klag van poging tot moord teen die beskuldigde, Wernich Botha (33), sal nou na ʼn klag van moord omgeskakel word,” sê sy.

Botha is ná sy eerste verskyning in die Klerksdorp-landdroshof op borgtog van R2 000 vrygelaat en die saak is tot 19 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Marcello ·

Hoe op dees aarde word iemand op borgtog vrygelaat wat aangekla is van poging (nou moord), moet daar nou eers weer ‘n voorval plaasvind voor die regstelsel se oë oopgaan. Die regstelsel vaal weereens die naasbestaandes van die voorval. VIva SA !!!!!!!!

Jaco ·

Almal is geregtig op borg omrede die regsbeginsel onskuldig tot skuldig bevind geld.

piet ·

Nie almal nie. Vir enstige misdade is daar nou ‘n formele afsonderlike proses (amper soos ‘n afsonderlike mini-verhoor) en moet die verdagte grondige redes gee hoekom hy op borgtog vrygelaat moet word. Ook – as jy glad nie borg kan betaal nie, sit jy, maak nie saak hoe gering die oortreding was nie.

pestilensie ·

Wat het van onskuldig tot anders bewys geword , pasop waarvoor jy vra

bolletjie blom ·

Agnee. Botha se nonsens is nou geboek. Was dit nou die moeite werd? In ‘n geval van ‘n liefdes driekhoek draai maar eerder om en stap weg al is dit hoe moeilik.

Karel Kobus Kruger ·

5 jaar is lank as ou Buba speletjies met jou gaan speel.

Karoo ·

Botha, jou kort lont het Pretorius nou sy lewe gekos, ‘n Vrou en Ma van jong kinders geroof van hulle Pa. Mag daar geregtigheid geskied, sterkte aan die Pretorius famielie en vriende.

Delia ·

Eintlik voel ek daar geskied nooit geregtigheid, want niks bring daai persoon terug. Maar in die volksmond sê ons maar geregtigheid het geskied as die moordenaar n ordentlike vonnis opgelê word.

Karoo ·

Jy is reg Delia, maar iewers moet daar iets van kom, anders kan almal net maak wat hulle wil sonder enige verantwording.

Delia ·

Verseker is jy reg Karoo. Dis hoekom ek praat van die geregtigheid in volksmond

Christo ·

Die beskuldigde moes nooit borg gekry het nie. Hopelik sal hy nou vinnig aan die pen ry en boet vir sy dade. Sterkte aan die familie van Hilton. Rus in vrede.

Skappie ·

Sterkte aan sy familie en almal wat hom geken het. Mag onse Liewe Heer julle almal deur hierdie moeilike tyd dra. En die een wat dit gedoen het, moes nie borgtog gekry het nie.

JohanR ·

Ek wil iets vra? As jy na die video kyk dan het die vrou oorgeloop na die man wat in die motor/bakkie sit. Sy se of vra iets, en dan dadelik klim die man uit, loop oor en neuk die ander man. Is die vrou nie net soe skuldig nie want sy het iets begin wat nou in moord uitgeloop het……’n man het sy lewe verloor en vir wat??????

Laksman ·

JohanR……afgesien van wat jy beskryf en ek stem saam met jou, is sy juis die kern van hierdie hele onnodige situasie (as sy die een was waaroor die manne meegeding het) en wat ek ook in die video gesien het was dat daar heelwat drank ook betrokke was.

Roek ·

Dioe ware kleure van ‘n Jesebel! Hul moes haar aangekla het vir aanhits !

John ·

Stem. Daar is nog baie vrae wat gevra moet word, en dade wat in ag geneem moet word.

domheks ·

Ek sal ook se sy moeet haar skuld betaal! Aan alle mans – geen vrou is dit werd nie!

Laksman ·

So tragies en onregverdig wat dit mag klink, voorspel of vermoed ek dat die saak vinnig afgehandel gaan wees met n pleit ooreenkoms van aanranding ETB. Opset om te moor gaan nie so maklik bewys word nie…..net my leke opinie…….en ek kom vir niemand op of keur die gedrag of gebeure hoegenaamd nie goed nie.

Laksman ·

Volgens my dolosse wil dit voorkom of als in geheel opgeskort gaan word vir 5 jaar.

melaney ·

Botha sal nou genoeg tyd op sy bas spandeer om na te dink, en besef … geen vrou is dit werd nie. Albei mans se lewe kon so anders gewees het.

Nettie ·

Ek hoop die aanvaller sit lank.
Ek hoop die vrou wat betrokke was, besef nou wat die gevolge van dade is.

En ek hoop die familie van die arme slagoffer, veral sy kinders, vind vrede en berusting. My innige simpatie aan hulle. Dis so bitterlik hartseer en onregverdig. Sterkte.

pestilensie ·

As ek die ding reg verstaan , het die slagoffer die “ aanvaller “ uitgedaag

Papsak ·

So jammer nog so jonk wanneer wil hulle oe oop gaan wit moor al net so maar ek hoop daai ou wat hom so sleg aangerand het se gewete gaan hom aan kla God slaap nie karma gaan daai kom besoek sterkte aan sy familie

Althes ·

Vuiste maak nie altyd iets reg nie. Ñ Vinnige humeur ook nie. Nou is twee families in rou gedompel – een wat oorlede is en die ander een tronkstraf.

Snuffelgids ·

En die common denominator, die vrou, wat diè mans se pad laat kruis het, gaan net verder aan met haar lewe…hartseer op soveel vlakke

Johann ·

So bitter jammeren onnodig. En NOG ‘ skreiende skande voorbeeld van hoe die howe geweld afmaak as niks met borg en borg bedrae. SKANDE!!!!!!!

Koen ·

Julle mense moet leer om te vergewe. Los die ou. Hy het dit nie met opset gedoen of beplan nie.

Hussin ·

Ooo ok, dan is dit reg so. Die oomblik as jy iemand slaan is daar ‘n kans dat dit hulle dood sal beteken. Punt.

Delia ·

Het jy daai vuishou gesien. Sou enige persoon planke toe stuur. Nee Koen, die lewe gaan meeste van die tyd oor keuses

Anon ·

Dit is debateerbaar. Hy het willens en wetens uit sy bakkie geklim, na die ou gestap en met opset die man trompop met ‘n vuishou geloop. Dit was met opset en beplan. Hoeveel outjies is nou al dood a.g.v vuishoue? M.a.w vuiste is ‘n dodelike wapen. Mnr. Botha moes gedink het dat iemand gaan seerkry. Aanranding is ‘n kriminele daad, tóg het hy nie omgegee nie en voortgegaan met sy besluit. Ja hy verdien ook vergifnis, maar vergifnis verg in hierdie geval dat hy verantwoordelikheid neem.

Dinkself ·

Jis dis erg. Dood van een hou. Maar nou ja, voorsienbaarheid is maar die wagwoord in so situasie.

Hannelie ·

Ja sy vinnige vuiste, het gemaak dat iemand dood is. In almal se oë is hy nou gebrandmerk as ‘n moordenaar. Ek wil net by hom weet of dit op die einde die moeite werd was om iemand se lewe te neem.

Hannelie ·

so hy het basies borgtog van R2000 vir moord gekry….lekker man

Andrew ·

Nou is sy moeiliklheid lank geboek. Sal sy vegkuns verder in die tronk gaan beoefen.

Casper ·

Ja en dit gaan skynbaar oor ‘n vrou wat stille verhoudings gehad het met beide mans.Ek wonder of sy nou trots is op haarself want indirek is dit haar skuld.Die R 2000 borg is vir poging tot moord en dit is nie soos moord nie.Dolus Evetualus moet deur die staat bewys word voor hy aan moord skuldig bevind kan word m a w opset.

Truth2bfree ·

Nee Nooi, die beslis nie jou plek om ‘n dorp te brandmerk nie.
Hoekom spreek jy nie eerder Lewe nie…?

Frances ·

Van die simpelste kommentaar wat ek hier lees is, die aanvaller was uitgedaag, rerig?? so enige iemand wat uitgedaag word kan maar met die vuiste inklim, dink net hoe dit sal gaan as dit die geval is in die land!!

Andries ·

En nou gaan die poppie (waaroor die hele herrie gaan), vir sterkman peunuts deur die tralies voer.

SjN ·

Sterkte aan al die partye betrokke en hul geliefdes, volgens verskeie berigte en video materiaal in omloop was daar vooraf faktore en gebeure betrokke wat gelei het tot die voorval, die waarheid sal wel uitkom en vertrou geregtigheid sal seevier.

Daleen ·

Punt bly SjN jy kan nie iemand net doodslaan nie en hy kan sy sterre dan die ander man wat hy geslaan het het nie ernstige beserings opgedoen nie —want hy was nie by vorige faktore en gebeure betrokke nie —maar tog was hy ook geslaan. Nee geen simpatie met die los-vuis- mannetjie nie tronk toe met jou!

Rethea ·

Teleurstellend hoeveel mense sonder meer die vrou blameer vir wat die man gedoen het. Veral aangesien die feite van die saak nog lank nie bekend is nie. Niks wat sy ookal gedoen het regverdig die aanvalle nie; selfs al het sy gesê “gaan slaan hom”. Nadat hy duidelik die eerste man ernstig beseer het, het die skobbejak nie geskroom om ‘n ander man op dieselfde manier aan te val nie. Dis definiteif iets wat die hof in ag gaan neem – die tweede aanval was lank nie meer “in the heat of the moment” nie.

Pieterbusa ·

Dis maklik om te praat van die kantlyn af. In hierdie geval is daar geen wenners nie. Sterkte aan almal betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.