Malema, polisiehoof ‘vergader’ om hom te verwyder – Cele

Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole. (Argieffoto: GCIS)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het Maandag tydens die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede beweer die leier van die EFF en die polisiehoof, genl. Khehla Sitole, het saamgesweer om hom van sy amp te onthef.

Die minister beweer Malema en Sitole het op 10 Desember byeengekom, waar die “plan en die sameswering” om hom “te jaag” bedink is.

“As die leier van ʼn opposisieparty het hy die volste reg om die voorstel te maak, maar waarvan ek nie hou nie, is om neerbuigend behandel te word. As jy my nie as ʼn minister wil hê nie, sê so.”

Cele het voorts gesê dit is die president se besluit wie as ministers aangestel word, nie dié van Malema nie.

Malema het teruggekap en gesê Cele moet die stelling buite herhaal, waar hy nie deur parlementêre voorregte beskerm word nie. “As hy die waarheid daaroor praat, laat hy dit buite herhaal,” het Malema gesê.

Cele het kort daarna gesê hy sal die stelling herhaal wanneer hy die misdaadstatistieke bekend maak.

Cele was een van die ministers wat die afgelope ruk skerp deurgeloop het, veral weens die polisie se hantering van verlede jaar se gewelddadige oproer in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Die verslag van ʼn paneel kenners wat aangewys is om die regering se reaksie op die oproer te ondersoek en wat vroeër bekend gemaak is, het bevind dat die reaksie van die land se veiligheidsmagte op die oproer nie tydig, gepas of voldoende was nie. Die kundiges het ook bevind die polisie het versuim om die oproer en plundering te stuit.

DA-leier John Steenhuisen het Maandag in reaksie op die staatsrede ook gevra waarom Cele nog ʼn kabinetsposisie beklee ná die polisie se “verstommende versuim om lewens en eiendom tydens die opstande in Julie verlede jaar te beskerm”.

Meer as 300 mense is in die geweld dood. Steenhuisen sê Ramaphosa moet Cele hiervoor aanspreeklik hou, maar doen dit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anel ·

Hy is as kommissaris weg gejaag. Hoe het hulle gedink kan hy dan ‘n beter minister wees? Hy is net so slegs en onkapabel soos die res van kabinet. Om nie van die een met die kopdoek te vergeet nie!!!

JM ·

Hoog tyd dat Malema se groot mond gesnoer word; sy arrogansie ken geen perke nie en hy dink hy kan sê net wat hy wil, want daar is geen gevolge en optrede teen hom nie; WAAROM NIE?!!

annie ·

Wil iemand nie tog vir Malema, Sitole en Cele op ‘n ruimteskip na die naaste planeet sit nie… Dié driemanskap sal mekaar se geselskap so geniet dat ons nooit weer van hulle sal hoor nie… Watter skade, maar ons sal soos Ma-dr-Z sê, moet leer om daarmee saam te leef.

Hennie J ·

Nie geweet dit gaan ooit gebeur nie en siedaar…………..ek stem saam met Mal Emma oor die verwydering van hoedman…. Wonder wie gaan die komplot smee om van Mal Emma ontslae te raak.

Jubba ·

“As jy my nie as ʼn minister wil hê nie, sê so.” Erm, hoevil keer moet ons dit nog se?

Misky ·

Ai Cele, die hele land soek jou nie en maak geen geheim daarvan nie. Tsek!!!!!

Kokerboom ·

As mens na die porentjie kyk is dit geen wonder SAPS is in so ‘n gemors. Word WAKKER mnr die President!

Swerwer ·

Onderduims en agterbaks. Geen ander woorde vir hierdie gedrag nie. Maar nou ja, dit is mos tipiese ANC gedrag.

Aanhouer ·

Ramaphosa is ň baie swak president. Puppet van die ANC.

Suzette ·

Wat ‘n sirkus. Elke nar wil groter wees as die ander….

Heinrich ·

Wat ‘n klomp narre, hierdie praatjies hoort op die laerskool speelgrond.

Johann ·

Die foto se als! Sprekende uitdrukking van disfunksionele intelegensie.

Jannie van Niekerk ·

Cele is weliswaar nie die regte minister van polisie nie, maar as dit waar is dat die polisiehoof met Malema heel , is ons landsveiligeheid in sy heppie kanon in.

Piet ·

Onderduimse gedrag het tot gevolg dat dit voel of spoke jou jaag. Se maar net…….

Di ·

Cele is nie die engste een wat moet waai nie – Meeste van die klomp in die Parlement is onbevoeg, korrup en useless! Rampie moet van ALMAL ontslae raak as hy hierdie land wil red van totale ondergang. Hy verplaas ook net elke keer die wat nie hulle werk doen nie na ander pos toe, klink soos in die Staatsdiens, selfde gebeur daar!

Johanna ·

Cele het nog die anderdag in Senekal homself geskaar by Malema.
Cele jy moe opjou om saam met kriminals te kuier.
Politieke leiers mag nie kant kies in die publiek nie.
Wette is wette al is jy nou pink of pers of rooi. Wette is daar vir ons almal.
Cele behoort nie langs Malema of enige politieke persoon in die publiek te gaan sit nie. As hy dit doen is fit n teken dat hy kant kies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.