Man vas vir Gqeberha-fisio se moord

Marolien Schmidt. (Foto: Facebook)

ʼn Man is Woensdag in die vroeë oggendure vasgetrek vir sy beweerde betrokkenheid by die moord op Marolien Schmidt (40), ʼn fisioterapeut van Gqeberha.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn 29-jarige op aanklagte van moord in hegtenis geneem is.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Gqeberha-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Vuyisile Ncata, distrikskommissaris van Nelson Mandelabaai, het die ondersoekbeamptes geloof vir die vinnige inhegtenisneming.

“Ons gaan saam met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) werk om te verseker dat die verdagte se borgtogaansoek van die hand gewys word,” het Ncata gesê.

Schmidt is op Vrouedag deur haar bure in haar huis aangetref nadat ʼn vermeende inbreker haar met ʼn mes gesteek het.

Sy is na ʼn hospitaal geneem, maar het daar aan haar beserings beswyk.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat ʼn verdagte by Schmidt se huis ingebreek het deur ʼn kantvenster te breek. Die polisie vermoed dat die motief roof was.

Die nuus van Schmidt se dood het skokgolwe deur die gemeenskap van Richmond Hill, waar Schmidt gewoon het, gestuur. Dié gemeenskap het dieselfde aand van Schmidt se dood ʼn oomblik van stilte voor haar huis gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Samuel ·

Dit is so hartseer. As hy wou roof, waarom dan moor? Ek hoop hy kry geen borgtog nie en indien hy skuldig is, moet hy swaar gestraf word. RIV en sterkte aan haar naasbestaandes.

Amelia ·

roof is n verskoning en hongerte ook daar is baie organisies wat help nee wat sommiges is maar net moorenaars en wreed

Karoo ·

Mag daar geregtigheid geskied vir hierdie hardwerkende en geliefde Dame wat met haar lewe vir so iets sineloos moes boet.

Delia ·

Nee Karoo. Daar is nooit geregtigheid nie. Want sy en al die ander vermoordes kan nooit weer hulle aardse lewe terugkry nie.

Skappie ·

Sterkte aan haar gesin en almal wat haar geken het. Mag onse Liewe Heer julle almal deur hierdie moielike tyd deur dra.

Delia ·

Hoe de duiwel is die motief roof as sy vermoor is. Wat van bind haar net vas. En ja, ek wonder wat sy vorige oortredings was. Want n gewone rower begin nie met moord. Dit eskaleer van gering na moord.

Jannie van Niekerk ·

Die ANC is so rasbehep, waarom word die KLEUR vab die misdadigers altyd verswyg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.