Maroela Media se 10 gewildste nuusstories vir 2022

Hierdie nuusstories is in 2022 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. ‘Niemand verdien só ʼn lewe’

Die dag toe Nicoleen Swart (35) besluit het “tot hier toe en nie verder nie” en ʼn saak van aanranding teen haar vervreemde man aanhangig gemaak het, is in haar geheue ingeëts.

Nicoleen Swart (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

  1. Dogter se spekskietery in ‘skoolvideo’ laat pa skater

“Kom ons wees net gou ernstig, dié tel punte…”

Annerie Steyn en haar pa, Schalk, skaterlag in die video oor haar kwansuise tydsbestuur wat volgens hom net ‘n klomp lang stories is. (Skermgreep: Facebook)

  1. Vriend slaan man glo by partytjie dood

Wat ʼn gesellige verjaardagnaweek moes wees, het in tragedie ontaard toe Sean Swart, wat sy 40ste verjaarsdag op ʼn plaas buite Dullstroom sou vier, glo sy vriend in ʼn woedebui doodgeslaan het.

Nardus Blokland (55). (Foto: Verskaf)

  1. Vakansieoord-moord: ‘Man wou familie beskerm’

Die man wat by die ATKV-Buffelspoort buite Rustenburg doodgeskiet is, het glo sy familie van die aanvallers in hul chalet probeer beskerm.

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n chalet by die oord. (Foto: ATKV-Buffelspoort)

  1. Video: Boewe kom tweede toe ‘Rambo’ mes uitpluk

ʼn Video wat wys hoe ʼn man verbete baklei om vyf vermeende boewe van sy motor weg te keer, het talle kommentare op sosiale media uitgelok.

ʼn Video wat wys hoe ʼn man desperaat baklei om vyf vermeende boewe van sy motor weg te keer, het talle kommentare op sosiale media uitgelok (Foto: Skermskoot)

  1. Regskenner, vrou vas oor ‘moordkomplot’

Schalk van der Merwe, ’n menseregteaktivis van Pretoria wat ook regsadvies gee, en sy vrou is in hegtenis geneem en word nou aangekla van sameswering om moord te pleeg.

Schalk en Leoni van der Merwe (Foto: Facebook)

  1. 12-jarige se nagmerrie-ervaring in staatshospitaal

ʼn Laerskoolleerder van Centurion se ouma het haar noodgedwonge uit ʼn staatshospitaal in Pretoria laat ontslaan, omdat sy nie kon toekyk hoe haar kleinkind langer die “haglike toestande” moes deurmaak nie.

Alexis Timmerman wag op ‘n bed in Kalafong-hospitaal. (Foto: Verskaf)

  1. Video: Vloedwater sleur woonwaens mee

Dramatiese video’s van die kitsvloede wys hoe verskeie woonwaens en voertuie by die De Rust-woonwapark deur vloedwater meegesleur word.

Stormwater stroom deur die De Rust-woonwapark in Dinokeng. (Foto: De Rust Caravan Park/Facebook)

  1. Student sak inmekaar op kampus, sterf

“Sy het gesê sy voel verskriklik moeg en het teen ’n muur gaan staan voordat sy inmekaargesak het.”

Carla Steytler (Foto: Verskaf)

  1. Thys die Bosveldklong oor gesondheidstryd: ‘Jy probeer dag vir dag oorleef’

“Jy kan vir jouself dink hoe dit ʼn ou se psige aantas as hy eens op die kruin van ʼn suksesvolle loopbaan was en skielik begin hy wegkwyn weens ʼn mediese toestand.”

“Jy vat dit maar dag vir dag,” sê Thys die Bosveldklong. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.