Nog ’n hofterugslag vir pa wat dogter verkrag

Abrie Raaths. (Foto: Facebook / Justice for Raaths)

ʼn Pa wat destyds aan die verkragting van sy jong dogter skuldig bevind is, het nog ʼn terugslag in sy jare lange regstryd beleef nadat die Konstitusionele Hof Dinsdag sy verlof tot appèl en om verdere bewyse in te dien, van die hand gewys het.

Luidens die hofuitspraak het die hof Abrie Raaths se aansoek om kondonasie toegestaan, maar is sy aansoek om verlof tot appèl geweier omdat dat daar volgens die hof “geen redelike vooruitsigte op sukses” is nie.

“Onder omstandighede is dit nie nodig dat die Konstitusionele Hof die ingrypingsaansoek in hierdie saak oorweeg nie. Die hof het besluit om die verlof om verdere bewyse in te dien, van die hand te wys,” lui die jongste uitspraak.

Raaths is meer as ʼn dekade gelede aan die verkragting van sy dogter, Megan nou (22), skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het al verskeie kere probeer om sy skuldigbevinding en vonnis om te keer, met die ondersteuning van sy dogter.

Maroela Media het vroeër berig dat Megan sedert 2012 aanvoer dat maatskaplike werkers van die CMR-Noord, onder wie Wilna Stander, en haar eie ma haar destyds “gebreinspoel” en “afgerig” het om te sê Abrie het haar verkrag nadat ʼn eksplisiete skets in haar skooltas gekry is.

Dié bewerings het veral oor die afgelope jaar groot skade aan die CMR-Noord sowel as Stander se reputasie en loopbaan aangerig, hoewel geen aansoeke en bewerings in ʼn hof geslaag of gestaan het nie.

Willie Spies, Stander se regsverteenwoordiger, sê die jongste hofuitspraak is ʼn “baie belangrike beslissing deur die Konstitusionele Hof”.

“Mnr. Raaths en sy ondersteuningsgroep het ’n smeerveldtog teen die CMR‑Noord gevoer, ’n gemeenskapsorganisasie van die NG Kerk wat al langer as 85 jaar bestaan ​​en die ruggraat van Suid-Afrika se infrastruktuur van maatskaplike werk vorm. In die proses het ons kliënt Wilna Stander, ’n maatskaplike werker met 30 jaar se ondervinding in die veld, ook skade gely,” het Spies gesê.

“Ons verwelkom die uitspraak van die Konstitusionele Hof, wat ’n einde aan hierdie veldtog behoort te bring.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

melaney ·

Indien die pa inderwaarheid nie sy kind verkrag het nie, sal sy voel asof sy nou ook “in ‘n tronk vasgekeer sit.” Party mense het hel op aarde deur hulle eie toedoen. Dit is so jammer.

Laksman ·

Wonder hoe het dit als die ma-en-dogter verhouding geraak.

Nie Verbaas ·

Daar was n stuk hieroor op televisie. Klink nie of dit goed gaan tussen haar en haar ma nie.

Daisy ·

Ek is ook deur ‘n pynlike proses met CMR Bronkhorstspruit – wat ‘n kind se leuens as waarheid aanvaar het, sonder om die grootmense in die saak te ken.
Die waarheid het uitgekom, maar dit het nie die pyn weggevat nie en jammer sê is soos vloekwoorde op kinders se tonge.

domheks ·

Was die dogter destyds by ‘n dokter om die verkragting te bevestig?

Talitha ·

Elmarie, weet jy wat die uitslae was? Want kan dit nie lig op die hele saak bring nie?

Elmarie ·

Mense wat kommentaar lewer moet versigtig wees wat hul sê. Onthou die hof (verskillende regters) het hom meer as eenkeer skuldig bevind, nie CMRN nie. Hul het slegs saak aanhangig gemaak. Regters besluit wat is waar en wat nie – getuienis in ag genome. Wees versigtig, mens kan nie enigiets op sosiale media sê nie, mens kan gedagvaar word! Ek sê maar net!

Elmarie ·

Daarom liewe Amelia kan mens appelleer. As die hof jou dan wéér skuldig bevind(ander regters) alle getuienis in ag genome dan moet mens dink!

Magrieta Hester Cathrina ·

En indien hy die waarheid praat? Mag God hom help.

Danie ·

Waar n rokie is n vuurtjie.Die regstelsel is al lankal ingedring deur korrupsie.

Perdeby ·

Ek weet ppk van ‘n pa wat so vals beskuldig was, en die dag van die vonnis het die ma erken dat sy die 8 jarige dogter voor gesê het, en sy die vermetelheid gehad het om die pa te vra ” hulle gaan alles erken vandag, SAL HY HULLE TERUG VAT!!!” Hy it toe onskuldig bevind, en 4 maande later dood op 43 agv ‘n beroerte.

Danie ·

Gelukkig het die Vader besluit om hom huis toe neem en verewig te beskerm teen die uiterste bose aanslae.

Amelia ·

welsyn van noord 30 jaar terug ook nie net groot mense se lewens vernietig nie maar ook kinders sin wonder hoe sal sy voel as sy in sommige mense se skoene moes staan soos as die pa werklik onskuldig is

honeybee ·

Ek het ook n stel met maatskaplike werkers gehad. Glo die twak wat kinders hulle vertel. Net om later uit te vind die kind lieg. Maar kwaad was klaar gedoen.

Dandeleen ·

Die kind is ook nie meer ‘n kind nie, hoekom gee die hof haar nie ‘n kans om te verduidelik nie en indien die pa regtig onskuldig is na sy getuig het laat hulle hom nie vry nie?
Ek voel sy moet ‘n kans gee om voor die hof te verduidelik.

Nici ·

Ek het ook nou ‘n paar getuienis gehoor oor Wilna Stander en CMR-Noord. Hoekom wil die hof niks verder hoor nie? Is hul bang hul word verkeerd bewys?

Danie ·

Laat dit vir die dogter ‘n les wees. Dit is jou skuld, en net jou skuld, sou jou Pa onskuldig in die tronk sit. Jy en kie. het julle so goed van julle taak gekwyt dat niemand nou die teendeel wil glo nie. CMR – (Baie tragies) Deesdae besluit hulle vooraf wie hulle gaan help en wie. Meestal (so wil dit voorkom) met die voorwaarde dat wie gaan hulle die meeste en wydste goeie media dekking gee…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.