Nog ’n Russiese skip meer vas in SA

Die Akademik Aleksandr Karpinskiy in die Kaapstadse hawe. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

’n Russiese poolnavorsingsvaartuig het oor die naweek in die Kaapstadse hawe vasgemeer. Dít dae ná die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, se omstrede besoek aan Pretoria en al meer vrae oor Suid-Afrika se verhouding met die Russe.

Russiese media berig die navorsingskip Akademik Aleksandr Karpinskiy is onderweg na Antarktika as deel van ’n wetenskaplike ekspedisie wat einde verlede jaar van stapel gestuur is.

Suid-Afrikaanse omgewingsbewustes vrees egter dat dié vaartuig gebruik gaan word om Rusland by te staan met mineraaleksplorasie in die beskermde Antarktika.

’n Klein groepie betogers het Sondag met plakkate na die hawe in Kaapstad opgeruk. “Niks meer fossielbrandstowwe nie”, “Hou julle hande van Antarktika af!” en “Geen meer oorlog nie!” het hulle gepleit.

“Ons glo dat eksplorasie volgende gaan plaasvind,” sê Jacqui Tooke, woordvoerder van Extinction Rebellion.

Die Akademik Aleksandr Karpinskiy in die Kaapstadse hawe. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Daar is glo gesien hoe die vaartuig die hawe Saterdagoggend binnekom. Die vaartuig word besit deur die Polar Marine Geosurvey Expedition, ’n filiaal van die Russiese staatsbeheerde mineraaleksplorasiemaatskappy RosGeo.

Die ontginning van minerale word in Antarktika verbied, en RosGeo ontken bewerings dat hy besig is met die verkenning van die ysige vasteland se minerale hulpbronne.

“RosGeo se aktiwiteite op die kontinent van Antarktika en die aangrensende oseaan is uitsluitlik wetenskaplik van aard,” het ’n woordvoerder Saterdag aan die Russiese koerant Kommersant gesê.

Die Akademik Aleksandr Karpinskiy is die tweede Russiese skip om binne maande in Suid-Afrika vas te meer.

Die regering is in Desember gekritiseer nadat daar toegelaat is dat ’n Russiese vragskip, wat glo aan sanksies onderhewig is, by Simonstad vasmeer. Die skip het later die hawe stil-stil en sonder begeleiding verlaat.

Westerse nasies het reeds hul irritasie uitgespreek oor Suid-Afrika se noue bande met Rusland te midde van die konflik in Oekraïne. Suid-Afrika hou egter vol hy kies nie kant nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

JohanEtz ·

Simpatie met Oekraïne is erg misplaas….
Ja, onskuldiges sterf….
Daar is dieper feite was nie bekend is nie….

gpsa ·

Stem saam ons hoor altyd westerse propaganda. As weste betrokke is is daar altyd net een kant van die storie..

TruthDealer ·

“Westerse nasies het reeds hul irritasie uitgespreek”…wel Westerse nasies, laat ek dan nou maar My irritasie uitspreek met jul sanksies en inmenging destyds, om die ANC in beheer te kry en die feit dat SA ten gronde gegaan het, totaal vernietig is, daardeur. Julle het ons vir die wolwe gegooi, sonder die geringste gevoel oor wat dit vir julle afstammelinge hier sou beteken op die lange duur. Ons was destyds in dieselfde posisie as Oekraïne, maar ons is nie vlugtelingstatus aagebied deur Julle nie, al was en is ons Julle afstammelinge. Ons is nou deel vd BRICS nasies koalisie, wat ook al die gevolge daarvan gaan wees op die ou end. Bou n brug en kom daaroor.

melaney ·

TruthDealer Ek stem 100% saam met jou. Die buiteland het nooit gedink dinge gaan omdraai nie.

marius ·

Korrek . Die grootste twee gat jakkalse wat daar was . Die wiel draai .

Anel ·

Met die lot is enigiets moontlik as die geld reg is. Maak nie saak of dit reg of verkeerd is nie en of miljoene mense en diere daaronder gaan lei nie. Geld praat!!!!!

Owlie ·

Met SA bedoel julle die ANC regering en spesifiek die president. Die oorgrote meerderhweid van SA staan nie vir oorloë, korrupsie, moord, verwoesting nie

melaney ·

Die oorgrote meerderheid stem dan ANC. Hoe het ons dan anders in hierdie penarie beland?

Stofdonkie ·

En hoeveel het die skip se kaptein en bemanning hulle gesteur an die handjievol betogers met hulle plakkate. Antarktika het net mooi niks met SA uit te waai nie, hou julle neuse uit ander lande se besigheid. Gaan betoog eerder teen die ANC dat hulle dalk eskom regmaak. ‘n Land wat nie eers elektrisiteit het nie wil nou vir hulle maatjies vertel om nie met hulle skippe rond te ry nie?

Samuel ·

Suid-Afrika is een van die oorspronklike ondertekenaars van die Antarktiese verdrag en bedryf ‘n wêreldklas navorsingsbasis in Antarktika. Natuurlik raak dit ons as die Russe of enigiemand anders die Verdrag reëls oortree.

Stofdonkie ·

Dis reg, maak bietjie die klomp “Westerse nasies” kwaad sodat hulle kan sien wie hulle in mag gesit het toe hulle nie te lank terug nie teen apartheid saam die klomp anc’s gestaan het.

annie ·

Ja, die spioene van die VSA, die DA, Zelenskyy-aanhangers, is aan die woord. Die VSA het ons met sanksies ingebreek en toe word ons soos Japan, ná die atoombomme, meek and mild, aanbiddend voor die Pentagon. Steenhuisen glo hy is Zolly geïnkarneer.

Andre ·

Bedank Roelf Meyer vir die gemors waarin die land is. Ramaphosa het bo oor hom geloop. Dit is waarom die uitvaagsels van die wereld nou op die land kan toesak.

marius ·

Hy wat onmiddelik daarna saam met die vyand gedans het , en toe stik hulle van die lag .

George ·

Dis niks nuuts nie mense, dit het gebeur voor die oorloe, en sal altyd gebeur, soos oefeninge saam ander weermagte.

melaney ·

Elke tweede dag arriveer daar ‘n bekende uit hoë kringe van VSA. Hulle stop ‘n klomp geld in ons ANC se geldkas met die hoop dat SA se “sogenaamde” gewetenlose “leiers” vir Rusland die trekpas sal gee. Die VSA het ‘n direkte aandeel daarin gehad (saam met die VK) om die ANC aan bewind te kry. Hulle moet nie nou soebat nie. Hulle moet eerder ‘n vliegrit Londen toe onderneem om hulle goeie vriend Koning Charles te ondersteun.

Raadsman ·

Hulle moet nog ‘n paar matrasse in Ramaphosa se huis gaan oop sny en soek vir die mijoene roebels wat hy weg steek, want duidelik is hy in Putin se sak en sal doen wat Putin vir hom se.

Amelia ·

Hoekom kry ek gevoel hiers probleme baie naby 2 Rusiese skepe in so kort tydperk

TruthDealer ·

It’s not like these 2 ships were aircraft carriers, relax. Een was n private super seiljag en die die ander n navorsingskip. Akademik beteken die skip is vir wetenskaplike navorsing toegewys.

Jaco ·

Behalwe die Russiese skip, is SA ook in 1 week besoek deur wit ministers uit Rusland, die Europese Unie en die VSA. Almal het mooi woorde gepraat, maar die regte hulp (goedkoper petrol en herstel van eskom) ontbreek nog. Ook maar lekker rassisties teenoor die derde wêreld…

DJ ·

Die Oekraīene het gesoek wat hulle gekry het. Ons heil lê in die Ooste, dit is die nuwe wêreld krag wat aan die ontwikkel is. Die Weste met sy misplaaste menseregte is op die afdraand.

Vanessa ·

Ek persoonlik dink die regering is besig met heelwat onderduimse goed waarvan ons nie weet nie.

De Villiers ·

“Die ontginning van minerale word in Antarktika verbied.”

En deur wie nogals?

Pieter ·

Hoe gouer die Dollar val deur Brics, hoe beter. Die Dollar het baie bloed op.

Roebs ·

Wat soek Rusland in SA? Hulle moor mense uit mmm laat jou dink….

TruthDealer ·

Ja definitief, die Amerikaners moet liewer kom. Nie een druppel bloed op Hulle hande nie. Total saints, all of the American government, since America started. The Native Americans will confirm how peaceful and un-genocidal all Americans have always been.

Marthinus W ·

Suid-Afrika is deel van BRICS. Vir die oningeligtes: BRICS is n ekonomiese samewerkingsorganisasie, wat selfs hul eie ontwikkelingsbank het. SA is BRICS se voorsitter vir die jaar 2023, wat beteken dat ons moontlik oorstroom gaan word deur persone, vliegtuie, skepe, van die betrokke lande. Daar is niks sinisters daaraan nie. Lande soos Saudi-Arabie, Argentinie, Egipte, en omtrent 14 ander is in die proses om aansoek te doen om lid te word van BRICS. Dink net aan die ekonomiese voordele daarvan vir ons. (En dit maak die EU en VSA onrustig, want terwyl hulle oorlog maak en sanksies toepas, dink die BRICS lande aan ekonomiese samewerking.)

Net vir die rekord: Zimbabwe het die afgelope jaar soveel graan geproduseer, hulle gaan van dit begin uitvoer. En, omdat hulle baie lithium-neerslae het [wat in elke battery gebruik word] begin hulle nou hul uitvoere streng beheer. Algerie is nou besig om ontsaglik ryk te word weens aardgas wat hulle aan Europa verkoop. So kan ons aangaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.