Odendaalsrus: Egpaar het na plaas omgesien toe aanvallers toeslaan

Mark Regal (Foto: Facebook)

Mark Regal (50) en sy vrou het glo na sy pa, ’n bekende wildboer en taksidermis van Odendaalsrus in die Vrystaat, se plaas omgesien toe twee aanvallers Woensdagaand op die plaas Thelma buite die dorp toegeslaan het.

Mark en een van die aanvallers is gedurende die aanval doodgeskiet.

Rudi Janse van Vuuren, plaaslike veiligheidskoördineerder van Vrystaat Landbou (VL), het aan Maroela Media gesê Mark se pa en broer, Joe en Nathan Regal, bedryf ’n taksidermie op die plaas. Albei het egter Woensdag met vakansie gegaan en Mark en sy vrou, Angela, sou in hul afwesigheid na die plaas omsien.

Die Regal-gesin is van Welkom, sowat 18 km van Odendaalsrus.

Angela het volgens die polisie buite gesit toe twee verdagtes omstreeks 19:45 op die plaas aangekom het.

“Sy het na bewering een van die verdagtes geskiet en terwyl haar 50-jarige man uitgekom het, is hy geskiet en noodlottig gewond,” het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Die verdagte en Mark is op die toneel dood.

Die ander verdagte het gevlug en is in dié stadium steeds soek.

Jan van Niekerk, provinsiale VF Plus-leier, sê die Goudveld is duidelik ’n brandpunt wat plaasmoorde betref. Dít nadat Pieter en Eddie Hills, Andries Loots en Teboho Machakela onlangs op plase in die Vrystaat vermoor is.

“Mark, wat beskryf word as ’n vriend, ʼn pa, eggenoot en gentleman, is die jongste slagoffer van die regering se onvermoë om sy landsburgers, minderheidsgroepe en veral boere te beskerm,” sê Van Niekerk.

VL beplan intussen ’n optog teen plaasmoorde in Hennenman ná die moord op Pieter en Eddie Hills.

Die organisasie doen ’n beroep op sy lede om die Hills-gesin Maandag in Hennenman te ondersteun wanneer die vermeende aanvallers na verwagting aansoek om borgtog gaan doen.

“Howe moet kennis neem van die publiek se woede en frustrasie met moord in die landelike gebiede. Die hof moet ons in ag neem wanneer borgtog oorweeg word aan beskuldigdes wat misdade in landelike gebiede pleeg, spesifiek plaasmoorde,” sê Francois Wilken, president van VL.

“Die misdaad en aanslag op die landbousektor en in ons land duur onophoudelik voort en dit is onaanvaarbaar. Landbouers, maar ook die publiek as ’n geheel, is nie meer bereid om die wetteloosheid toe te laat nie.”

Reëlings rakende Maandag se optog sal binnekort bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Thea ·

Ongelukkig met al die vreemde dinge wat deesdae gebeur, is ek geneig om bietjie te wag vir die ware storie voor ek dit ‘n plaasmoord nowm. Baie sleg dat dit nodig is. Kyk nou net hoe het almal die wrede plaasmoordenaars vervloek na Groblersdal geval?

Rooijan ·

Weet nie wie was almal wat kommentaar gelewer het oor die Groblersdal plaasmoord nie, wat ek gesien het was baie mense wat dadelik gesê het iets is fout. Hierdie een lyk egter wel soos n plaasmoord.

Cherokee ·

Jy moes maar ook ‘n bietjie gewag het met jou ongevoelige kommentaar.

Karel Kobus Kruger ·

Nog n vreedsame optog waartydens die morele hoëgrond gehandhaaf gaan word.

Werner ·

Ja en so al met die morele hoëgrond word ons uitgemoor soos vlie

Werner ·

Ek dink die tyd het gekom dat ons maar vir mekaar se dat optogte nou uitgedien is.Mense hou optog bid en verder gebeur daar niks.Die bybel se duidelik geloof sonder dade beteken niks.As die boere by bloedrivier net aanhou bid het was hulle almal uitgeroei.Daar is baie wat deur ons handjie vol vermag kan word aangesien hulle ook net n handjie vol was.Stem sonder God kan ons nie maar ook nie sonder dade nie.Iets meer drasties as n optogie sal nou gehou moet word of ons word almal uitgeroei

Persheks Adri ·

By die 1ste boer was dit al 1 te veel gewees! Nee mense hierdie is aanvalle teen ons! My hart bloei vir ons boere. Dit kan NIE so aan gaan NIE!

Ja Cele jy wil meer mag hê useless verby regtig! Jou planne werk nie en julle gaan ons beslis nie beskerm nie!

#Boere lives matter!!!

Lorna ·

Ek hoor sy vrou word nou vir moord aangekla
Sapd darem net op vuurwapen beslag gelê maar sy het wapen ook al terug gekry mag God jou styf vashou Amen

Anoniem ·

Standaard prosedure wanneer iemand gedood word, die staatsaanklaer kan egter bevind dat sy uit selfverdediging opgetree het, waarna die klag teen haar teruggetrek sal word.

Stefaan ·

En eff gaan natuurlik teenwoordig wees om die vrede te bewaar en eiendom te beskerm.

Dup ·

Optogte gaan nie veel help nie.Boereverenigings/groepe moet in onderskeie provinsies bymekaarkom en ñ plaasbeveiligingstelsel uitwerk.Kry vrywilligers en geskikte werkloses om kwesbare plase te help oppas en te patrolleer.Die polisie en regering gaan nie help nie want hulle stel nie belang nie.

Anel ·

Kom ons eer weer 16 Desember en ruk in al ons menigtes op. Ons het ‘n Gelofte om na te kom. So kan ons weer om hulp smeek, anders gaan ons nêrens kom nie. Daar is net Een wat ons kan red.

Werner ·

Anel ons ruk nou al die afgelope jare op.Dink dit is nou tyd dat ons ons rue begin styf maak

Maggies ·

Howe moét kennis neem van die mense se woede en teleurstelling oor plaasmoorde.
Ons regering verwag almal moet vir vyf dae swart bande om die arm dra vir eerbetoon en meelewing vir Covid-19 sterftes en geslagsgeweld slagoffers.
Vlagte moet ook halfmas hang.
Maar niks word genoem van dra ‘n swart band vir plaasmoord slagoffers nie.
Nêrens het hy dit gisteraand genoem nie.

Swerkater ·

Net nog ‘n onskuldige slagoffer wat deur die regering gefaal is.
Rus in vrede.

Genis ·

Mense hierdie is dade van uitlokking, oorlog verklarings, en natuurklik volkmoord… Ou Cyril: “Your people man”. Cyril en Cele het bloed ann hulle hande, en Puppit Malema doen hulle vuilwerk, en kom ewe niksvermoedend daarmee weg….

Danie ·

My standaard antwoord aan alle jong mense, moenie eers dink daaraan om kinders te probeer grootmaak in hierdie land nie.

daniel ·

Almal moet wakker word en die militante uitsprake wat deur sekere politieke partye gemaak word ondersoek.
Hulle gebruik uitlanders on hulle vuil werk te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.