Ongrondwetlik om Zimbabwiërs se permitte op te skort, sê hof

(Foto: Zinyange Auntony/AFP)

Die hooggeregshof het Woensdag bevind dat die regering se destydse besluit om ná ʼn sekere datum nie verder die vrystellingspermitte wat aan Zimbabwiërs uitgereik is te hernu nie, ongrondwetlik is.

Sowat 180 000 Zimbabwiërs wat van die politieke en ekonomiese krisis in hul geboorteland gevlug het, het in 2009 werkvisums van vier jaar lank in Suid-Afrika ontvang.

Hoewel die visums herhaaldelik verleng is en dit selfs ʼn maand gelede ook weer tot die einde van die jaar verleng is, het die regering in 2021 aangekondig dat daar geen verdere verlenging ná Desember 2022 sou wees nie.

Die Helen Suzman-stigting het toe besluit om dié stap deur die regering in die hof te betwis.

“Ten spyte van die verlengings duur die regstryd teen die besluit om die vrystellingspermitte te beëindig voort,” het die stigting destyds met nog ʼn verlenging gesê.

Die hof het ná etlike maande bevind dat die regering se besluit “onwettig, ongrondwetlik en ongeldig” is.

Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het kort ná die hofuitspraak gesê hy sal eersdaags aankondig watter “verdere stappe gedoen sal word, insluitend appèlle”.

Die Helen Suzman-stigting het egter die uitspraak as een van “groot betekenis” vir die permithouers bestempel, aangesien hulle “al byna 15 jaar volkome wettig in Suid-Afrika woon”.

Die departement van binnelandse sake het vroeër gesê dat duisende kwytskeldingaansoeke van geraakte Zimbabwiërs goedgekeur is, wat gelei het tot ʼn aansienlike toename in die aantal visum- en kwytskeldingaansoeke.

Boonop ontvang VFS Global – ʼn immigrasievennoot van die departement – daagliks tussen 1 000 en 1 500 visum- en kwytskeldingaansoeke. Meer amptenare is reed ontplooi om te help met die verwerking van die aansoeke.

Die EFF het gesê dit is onvolhoubaar om aan te hou die permitte te verleng, aangesien “die reeds sukkelende departement selfs meer spartel om sy werk gedoen te kry”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Di ·

ALMAL is mos welkom hier! Regering moet dan maar aanhou om vir hierdie spul ook te sorg

57 Chevy ·

Ons belasting betalers ja …..regering kan nie sorg nie . Hulle ken nie eers wat die woord “voor” sorg beteken nie

Wondermaarnet ·

Jaag die hele lot terug, want die regering is ek en jy wat belasting betaal.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime leen R1.3 miljard per dag om die wiele te laat rol. Ons kleinkinders en hul kinders moet die skuld terugbetaal.

Jean ·

Ons werkloosheidsyfer is klaar so hoog, Suid-Afrikaners van alle rasse kan die werk doen wat die buitelanders tans doen.

muffin ·

hulle soek job maar wil nie doen nie want al wat hulle soek net geld vir lekker lewe

Jacobus ·

Wie wil nou werk as die regering jou n huis verniet gee met gratis elektrisieteit en water en nog n toelaag elke maand geborg deur die belastingbetaler.

Harley Davidson ·

Die Helen zusmam stigting het gefouteer hier en dit gaan terug kom om die sa inwoners te byt,wie het vir hulle ‘n mandaad gegee om namens my te praat?

Wondermaarnet ·

Dit is waar. Ons het geen sê nie en word om elke hoek en draai belas en boonop word hordes moorde gepleeg deur die immigrante.

Waarom ·

Ek kan nie verstaan dat werkpermitte uitgereik word aan buitelanders terwyl Suid-Afrika sit met ‘n 35% werkloosheid nie. Enige westerse land reik slegs werkspermitte uit vir “Skills” wat nie in die land is nie of ‘n tekort aan werkers.

Porseleintjie ·

En daar is seker ook 180 000 SA burgers wat sonder werk is. Dit is dus nie ongrondwetlik om die permitte op te skort nie. Kyk eers na jou eie huishouding SA. Jou eie burgers vergaan van ellende.

Witbaard ·

Stel bietjie n paar SA werkloses aan, dan praat ons weer. Dan begin die eise, slow strikes, ens ens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie grawe slote in die strate? Wie werk vir tuindienste? Wie werk vir bakkie bouers? Beslis nie “ons” mense nie.

Witbaard ·

Werkers met permitte is nie die probleem nie. Dis die onwettiges wat die probleem veroorsaak. Net soos wettige wapeneienaars ook nie die probleem met misdaad is nie.

muffin ·

dit wat anc nodig stemme van buiteland wat hier in suid afrika bly sodat anc nogsteeds gaan voort

Sebastiaan ·

Ongelukkig het onse mense nie die vermoë om donkie werk soos hierdie mense te doen nie. Zimbabwiërs werk hard, is betroubaar in hulle werk en amper almal het baie goeie maniere. Meeste is geskoold en hulle behoort nie aan vakbonde nie.

Amelia ·

My gevoel is hul ook vir hul eie president gestem nou is die lewe nie meer leker nie en wil hier n lekker lewe he dink ook stuur terug na eie land

Republikein in die Wes Kaap ·

Verkiesings word oor die die hele streek gekook. Dis ook ons voorland.

Wondermaarnet ·

Die regering kan nie vir almal sorg nie, maar wil ook nie plan maak nie.

Geert ·

Ek bedoel nie om negatief te wees nie maar as Afriners aanhou om te doen wat Afrikaners nou doen kan ons nie n ander uitkoms verwag van wat redelik naby op die horison vir ons lê en wag nie. Afrikaners moet vinnig ons toekoms self begin bepaal deur middel van ons burgerregte organisasies, die ander volke gaan dit nie vir ons doen nie. Ten spyte van die risiko om uitgekryt te word is die enigste manier hoe ons as volk vry kan wees en ons eie besluite ten goede vir ons self kan neem is n Volkstaat. Dit is mos nou heeltemal van die werklik verwyder om te dink
dat so min belastingbetalers vir so baie kan sorg.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime wil ook nie werklik wittes laat gaan nie. Wittes is gedweë, betroubaar en betaal belasting.

annie ·

Hoe lekker swem ons nou die Limpopo; ons miljoene nuwe burgers. Te lekker lê Mogabe se kinders hospitale vol, studeer hier en werk hier. Ons burgers moet maar dieselfde traai. O, gaan daar niks aan nie? Nou toe nou.

Jacobus ·

Ek wonder of Kanada my gaan toelaat in die land as ek vlug van die politieke en ekonomiese krieses in SA en dan nog diskremeneer teen my wit vel ook? Ek het darem nog goeie kwalifikasies ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.