Ontsnapte leeuwyfie doodgeskiet

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Jonathan Gensicke/Unsplash)

Die leeuwyfie wat vroeër vandeesweek ontsnap het terwyl sy na ʼn wildsplaas in Noordwes onderweg was, is gevind en doodgeskiet.

Die provinsie se departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake het bevestig dat die leeu vroeg Vrydagoggend op ʼn plaas in die Piet Plessis-omgewing aangetref is.

“ʼn Boer het die leeu aangetref en die eienaar van die wyfie onmiddellik ontbied,” sê Siyabonga Mseleku, ʼn dierspesialis verbonde aan die departement.

“Aangesien die leeu in ʼn area om ʼn woongebied rondgeloop het, het die boer besluit om eerder die leeuwyfie van kant te maak.”

Volgens Mseleku is die departement dankbaar dat geen lede van die publiek in die proses beseer is nie.

ʼn Grootskaalse soektog na die leeu het Woensdagoggend begin nadat die eienaar van die wyfie besef het dat sy tussen Stella en Tlakgameng die hasepad gekies het. Die wyfie en nog ʼn leeu sou by ʼn wildsplaas in Tlakgameng hervestig word ten tyde van die ontsnapping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

George ·

Hoekom jy nie gaan help met die vang nie? Die is die regte ding om te doen.

Perdeby ·

Kan ons nie maar die moordenaars ook so maklik dood maak. Hierdie leeu het nog niemand gebyt of aangeval nie, maar die moordenaars word weer op straat vrygelaat om aan te gaan met die moorde

Waarnemer ·

En weereens kon hulle nog n dier nie maar net verdoof het nie.Die maklike uitweg is mos om te dood.PATETIES!!!

George ·

Julle besef om n wilde dier te verdoof is nie 5sekondes nie, soms tot met 20min, en in daai tyd kan hulle baie agresief wees.

Pietertjie ·

Arme dier. Moes nooit so rond-vervoer gewees het nie. Geblikte jag en geld, dis al wat saak maak.

George ·

Dis reg so, nou looi die einaar met n boete van niks minder as R100 000 nie.

Mnr De Beer ·

Welgedaan aan die Boer wat woongebied area beskerm het teen n gevaarlike leeu wat rondloop.

Danie ·

So gese dis mos net n jong leeuwyfie wat verwilderd is.Skaamte

Sandra ·

weereens die arme dier wat moes vrek agv die mense se onvermoë om haar veilig te vervoer. Soos ‘n skrywer op ‘n vorige berig gemeld het, vervolg hom ook – die ou wat die leeu vervoer het.

Tipper ·

Sou n Verdowings pyltjie nie n beter uitweg wees nie, neeeee! skreeu die boer, weet jy hoe duur is dit.

Kattebol ·

Arme dier….alles in hierdie land word met geweld “reggemaak”.

Papsak ·

Ja hulle leer ons mooi hulle maniere aan die arme dier het mos niemand beseer of verskeur nie hoekom dood skiet maklike way sommer sy kon mos verdoof word en na haar plek verwyder hoekom dood maak

Nettie ·

Hoekom? Ek kan verstaan as ‘n wilde dier ‘n mens aangeval het, is daar dalk ‘n rede. Maar omdaty sy in ‘n woongebied rondgeloop het? Dit maak geensins sin nie! Verdoof haar en help haar. Sy’t nie gevra om julle gevangene te wees nie!!

En waarom ontsnap so baie wanneer hulle vervoer moet word? Dis mos menslike foute en nalatigheid! Hoekom moet die dier altyd die prys betaal? Julle maak nie reg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.