Oorsese ambassade waarsku teen Numbi-hek

Numbi-hek (Foto: TripAdviser.com)

Die Amerikaanse ambassade het vandeesweek ʼn waarskuwing aan sy burgers uitgereik oor die onlangse vlaag van misdaad by die berugte Numbi-hek van die Krugerwildtuin in Mpumalanga.

Die ambassade raai in sy kennisgewing burgers aan om liefs van ander hekke na die wildtuin gebruik te maak, gegewe die onlangse moord op die Duitse toeris Jörg Schnarr.

“Weens ʼn toename in misdaad beveel die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika aan dat Amerikaanse burgers die Numbi-hek by die Krugerwildtuin vermy en eerder die Paul Kruger- of die Phabeni-hek gebruik wanneer hulle die wildtuin binnegaan en verlaat,” lui die kennisgewing.

“Onthou om ten alle tye bewus te wees van wat om jou aangaan wanneer jy reis en stop slegs by aangewese plekke, soos vulstasies.”

Die ambassade het ook gemaan dat sy burgers bedag daarop moet wees dat betogings en padsluitings ook gereeld in die gebied voorkom.

“Kontak die bestuur van jou gekose verblyf voordat jy na die gebied reis om die huidige pad- en reistoestande te verstaan.”

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, het kort ná Schnarr se moord te kenne gegee dat Suid-Afrika ʼn “baie veilige plek” is met “slegs drie” internasionale toeriste wat sedert 1994 in die land dood is.

Tog was die aanslag op die toeris nie die eerste aanval naby dié hek nie.

Die veiligheid by die hek is sedertdien opgeskerp, maar die departement van toerisme oorweeg steeds om die hek heeltemal te sluit.

Selfs SANParke het toeriste aangeraai om liefs van ander hekke na die Krugerwildtuin te gebruik eerder as die Numbi-hek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Waarnemer ·

Ek het n beter voorstel….dluit alke grens piste vir oorsese besoekers totdat die a en c kaders verwyder is.

Maritza ·

Dan sal niemand meer kom nie want dit sal nooit gebeur nie

Hannelize ·

Dit sal ‘n ramp wees om die grens poste vir alle oorsese besoekers te sluit. Weet jy hoeveel mense (alle kleure & rasse – my boetie & skoonsussie is in die toerisme bedryf) gaan sonder werk sit. Die lodges, vakansie oorde ens ens gaan dan almal moet toe maak. Het jy enige idee hoe al daai mense gesukkel het met lockdown?

Kobus ·

Nie ‘n baie goeie voorstel nie hoor.Net beter beskerming vir die mense.Laat die polisie bietjie doen waarvoor hulle betaal word

Terence ·

Suid Afrika was 28 jaar laas veilig gewees. Die regering is skelms en leuenaars. Hulle hoort almal in die tronk.

Flip ·

Daarshy lindiwe, lekker slim……
Verduidelik gou vir ons hoeveel internasionale toeriste voor 1994 oppad na die Numbi hek vermoor is en ook of enige hekke gesluit moes word vir mense se veiligheid.
Verduidelik dan sommer ook wat die moordsyfer voor en na 1994 is en terwyl jy besig is, gaan kyk sommer ook wat die rand wisselkoers was teenoor die vernaamste geldeenhede.
Ai tog!

Snowball ·

Hoekom sal sy wakker skrik as sy in die African dream leef? – verniet behuising, sekuriteit, water en elektrisiteit, reistoelae, motors en ‘designer outfits’ in ruil vir…..’ZERO EFFORT AND NO CONTRIBUTION WHATSOEVER’

Herpiet ·

Dis nou tonnel visie.
Dis nie die Numbi hek nie dis in die hele SA . Maak julle ogies oop

duiweboer ·

Lindiwe. Jy weet nie wat Jy praat nie. Kyk hoeveel word daagliks vermoor in Suid Afrika. En Jy Se dit is n veilige plek. Word wakker. As ek n buitenlander is Sal ek sowaar NIE Suid Afrika besoek nie

Vinny ·

Vir hulle in die regering is dit ‘n veilige plek, want hulle geniet persoonlike lyfwagte, 24 uur sekuriteit, geen load shedding en alles wat mooi is….

Karel Kobus Kruger ·

Die 5 gevaarlikste stede in die wêreld is almal in Meksiko (volgends Wikipedia, ander bronne sê 4). Tog het ek n fantastiese vakansie daar gehad, en sal beslis weer soontoe gaan. Nie alle toeriste is te veel gepla oor n land se misdaad nie.

Kobus ·

Nuwe gonswoord is nou ” mense van belang” gearresteer. Beteken dit dat dit ANC kaders is of mense wat baie invloedryk is. Die wat wel gearresteer is is weer vrygelaat maar die SAPD weet blykbaar nou wie om te soek. Tussen Cele, Mabula en Sisulu is die wedywering groot oor wie die meeste geraas maak sonder dat daar positiewe uitkomste is en dan is daar natuurlik RAMPPOSA….

Danie ·

Dit is hoogtyd dat die buiteland gewaarsku word en ingelig is oor die vrot toestand van misdaad in die land.In sommige is oe is die donker klomp engeltjies.Wel die wiel draai en die knoop word al stywer vir ons goeie polisie.

B-Man ·

Die probleem is nie die hek nie. Die probleem is die misdaad. Los dit op dan kan die hek oopbly. Maar hierdie regering maak goed reg met kennisgewingborde “Vermy hek”, “Potholes Next 5 km”, “High Jacking Hot-spot”. Maar niks word aan die oorsaak van die probleme gedoen nie!

Leon ·

SLUIT ASB DIE NUMBIE HEK VANDAG !!!!!!! MORE IS TE LAAT , EK KEN DAAI WERELD , DIT IS DUIDELIK N LEWENS GEVAARLIKE PAD , Julle kan nie staatmaak op Lindewe Sisulu nie want sy kan net lieg en niks anders nie , sy was nognooitby dieNumbi hek nie asb sluit die hek en nog ander soos bv Krugerhek , die land is in n gemors besef dit ons sit op n kruitvat ??????????????
ASB MAAK TOE NOG N LEWE 8S KLAAR TE VEEL EN DIE FEES SEISOEN LE VOOR.

Danie ·

En dan n toe hek.Wat gaan die kriminele doen net aanpas en aangaan.Misdaad moet vasgevat word.Daar is geld vir nonsense maar cuba word ingestop waarom ?Studente in rusland seker ook net sekeres wie betaal dit?

Leon ·

Alle ambesades wereld weid moet hullemense waarsku teen SA nie net n hek in die land nie , se vir hulle 70 mense word elkedag vermoor dat hulle self besluit of hulle hier wil wees , maar hulle moet gewaarsku wees waarheen hulle kom.
Daar is haaie in die see , maar daar moet op strande nBORD WEES WAT MENSE WAARSKU DAT HULLE OP EIE RISIKO DIE SEE INGAAN WANT DAAR IS HAAIE , IN ELK GEVALVEILIGER TUSSEN HAAIE INDIE SEE AS OP PAAIE IN SA , DAAR IS BAIE MEER ” HAAIE “

Swerwer ·

Die waarskuwing moet uitgereik word om glas nie Suid Afrika te besoek nie! Laat hierdie ANC Kader met die skynheilige gesigte ten gronde gaan en klaar kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.