SANParke na moord op Duitse toeris: ‘Gebruik eerder ander Kruger-hekke’

(Foto: Jim Rhodes/Flickr)

SANParke het ’n beroep op toeriste gedoen om eerder ander toegangshekke na die Krugerwildtuin te gebruik nadat ’n Duitse toeris vroeër die week naby die Numbi-hek vermoor is.

Hapiloe Sello, SANParke se waarnemende uitvoerende hoof, het gesê die organisasie is baie hartseer oor die onlangse vlaag aanvalle op besoekers op pad na die ikoniese nasionale park, veral op die pad wat na die Numbi-hek, suid van die park, lei. “Ons versoek toeriste met aktiewe en toekomstige besprekings om ander toegangshekke na die park te gebruik.”

Die 67-jarige Jörg Schnarr is Maandagmiddag doodgeskiet toe hy en die res van sy toergroep van die Drakensberge na die Mdluli Safari‑lodge in die Krugerwildtuin op pad was toe gewapende aanvallers hulle sowat 800 meter van die Numbi-hek voorgekeer het.

Sello het namens die personeel en raad van SANParke weer haar innige meegevoel met die oorledene se familie en vriende betuig.

“Ons verstaan ten volle dat hierdie voorval baie kommer by baie van ons lojale plaaslike en internasionale besoekers gebring het wat kansellasies vir beplande besoeke aan die park en omliggende gebiede tot gevolg kan hê. Dit is dus vir ons belangrik om ons lojale besoekers daaraan te herinner dat Kruger altesaam 10 hekke het waar toeriste veilig kan ingaan.”

In die suide van die park is daar vyf ander ingange, naamlik die Paul Kruger-, Phabeni- en Orpen-hekke deur die R40 van Witrivier af asook die Malelane- en Krokodilbrug-hekke deur die N4-tolpad na Komatipoort in Mpumalanga. In die noorde van die park kan besoekers deur die Phalaborwa-, Punda Maria- of Pafuri-hekke ingaan en laastens laat die Giriyondo-grenspos toegang direk van Mosambiek toe.

Sy het gesê met die toerismebedryf tans in die middel van ’n post-Covid-19-herstelplan, ondermyn sulke voorvalle die bemarkingspogings van toerisme-belanghebbendes. Sello het ’n beroep op die wetstoepassingsagentskappe gedoen om die skuldiges vas te trek.

Maroela Media het vroeër berig drie mense “van belang” is ná die moord in aanhouding geneem vir ondervraging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Pieter ·

So daar gaa nie aan n oplossing gewerk word om die probleem te stop nie, gebruik maar net n ander hek, sorry vir jou. Dis die mentaliteit van die regering en instansies in SA. Ons kry nie n oplossing nie,ons kry maar net n “work-around” vir probleme.

Suzette ·

Ek wonder wat gaan hulle maak as die probleem uitbrei na die ander hekke.

Nie Verbaas ·

Hulle is nie in staat om oplossings te vind nie. Die intelligensie is nie daar nie. Sluit die hek permanent.

Kosie ·

En die mense wat lodges het moet maar toemaak want die moordenaars regeer die land

Danie ·

Ja Piet, dis mos hoe dit hier werk…. Net soos om “High-jacking hot spot” border orals op te rig… Niks oplossings nie!!!

Jubba ·

Is maar dieselfde oplossing as die land se paaie, i.p.v. die slag gate reg maak en onderhou sit tekens orals wat se pasop vir die gate. Daarsy probleem opgelos en ons kry bonusse.

Antie Sarie ·

Ek neem aan dit is goedkoper om mense aan te raai om weg te bly, as om iets te doen omtrent die veiligheid

Wielspore ·

Vir solank as wat van (nie almal) die plaaslike inwoners baatvind by misdaad is daar geen einde in sig. Die oplossing lê voor die deur van die minister van polisie, dit is sy verantwoordelikheid om wet en orde te handhaaf.

Kokerboom ·

Dis die soveelste aanval naby Numbi hek en oorsake word NIE aangespreek

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Geen oplossing vir misdaad, eerder ñ 30% antwoord daarvoor…..gebruik net ñ ander hek! Voila, probleem opgelos! (En hopelik word julle nie daar ook voorgelê, beroof, verkrag en vermoor nie.)

annie ·

… ‘n beter idee is om eerder na Namibië of Botwana te reis vir ‘n wildlewe-ervaring. SA is beslis nie The Darling of the World nie, al hoop die ANC so. As ‘n plek eers ‘n sleg naam kry is dit moeilik om dit om te keer. SA is gevaarlik, smerig en vervelig. Om te reis is duur. Hoeveel toeriste uit die Weste besoek Zimbabwe deesdae? SA was gewees. Dit is nie meer nie.

Karel Kobus Kruger ·

Volgens Worlddata was dit 639,000 in 2020. Dis nou van alle lande. Victoria Falls is nog steeds baie gewild.

MakersMark ·

Nie lank nie dan is die parkie een groot informele nedersetting. Diere en plante gestroop vir uitvoer en tradisionele medisyne. Res opgeeet.

Casper ·

Dit is kennend van ‘n veiligheidsstruktuur wat klaaglik misluk.Vir soveel jare was daar nooit sulke voorvalle by die hek nie,hoekom nou skielik.Is dit ‘n omdat toeriste maklike teikens is of probeer hulle besoekers afskrik.Om ‘n ander hek te gebruik gaan nie die probleem oplos nie want dan gaan die boewe daar toeslaan tot alle ingange gevaarlik is.

Delia ·

Moet ons nie ook maar die N4 pad sluit omdat daar so baie misdadigers strikke op die pad geplaas het al vir motoriste nie. Kom ons sluit ook die winkelsentrums wat gereeld beroof word.
BeLaglik….

Louis ·

Ek was Desember 2020 in die Kruger Wildtuin. Hoe graag ek ook al weer wil gaan, sit ek nie my voete weer in die wildtuin vanaf die suide. Dit is ‘n hool van plakkerskampe reg teenaan die pad, feitlik vanaf die wildtuin tot by Witrivier. Die duiwel alleen weet waar hierdie mense werk kry in daardie omgewing en waarvan die miljoene lewe?

My siening ·

Nee Sanpark SAP moet die plek beveilig hulle moet van hul vet alies kom en patroleer want die kriminele wys hulle hier is ons besig so wat se inligting het jul nodig. Brand punte word deur misdadigers uit gewys maar dan besoek Cele die plek en dis die laaste wat jy die slap alies daar sien tot die volgende een!

LeonS ·

In 1885/86 het ek 2 Keer 2 maande kampe daar gedoen ,om pad en busse te beveilig te Hazyview toe was nedersetting klaar n hool,elke dag patrollie gery in n Buffel. Dit was die goeie ou dae!

Atta ·

In 1885 sou jy seker OP ʼn buffel gery het en nie IN een nie?

Faraway ·

Gebruik eerder ander hekke. . . Ag asseblief that’s the easy way out!!!

Pablo ·

My raad is bly weg van Suid Afrika, die land het n kriminele nes geraak onder die ANC.

Raakvatter ·

Ding is, daar is baie informele nedersettings naby Numbi hek en die pad tot by die R538 pad is lank. Ons het self verlede week liewer gekies om by Phabeni uit te gaan as Numb. Dis jammer dat dit so is. Sal selfs help as SAPS voertuig heeldag daai stuk pad patroleer. Selfs die personeel in die wildtuin raai aan dat jy ander hek gebruik.

Jr ·

N ander hek gaan nie werk nie, hierdie goed is altyd op maneuvers maak nie saak wat se hek jy gebruik. Tensy van ordentlike aksie NEE GEBRUIK N ANDER HEK. ONNOSELLE ANTWOORD

Grassie ·

Numbihek is op die oomblik toe maar ek weet nie of dit permanent is nie. Moenie die wildtuinowerhede blameer vir die aanvalle nie, hul jurisdiksie eindig by die hekke. Daar was nog nooit aanvalle binne die wildtuin waarvan ek weet nie behalwe die verdomde blouape bedags en ratels snags wat jou kampplek plunder. Moenie wegbly van die wildtuin af nie – dit is een van die min nalatenskappe van ons voorsate wat vir ons geskep is en wat nog in ‘n redelike toestand is. Malelaan hek is die heel veiligste toegangshek van almal.

Rocco ·

Maak eerder die grensposte en grensheinings reg, laat dit reg funksioneer, en hou die massas uit wat na Suid Afrika stroom. Die pot is net so groot – daar sal altyd ‘n tekort aan werk en geleenthede wees. Kry die bevolkingsaanwas onder beheer, en skep werk. Kiesers moet ontslae raak van die ANC – klomp sleg goed

Janee ·

Nou hoekom is daar dan ‘n hek as dit nie gebruik mag word??????

N ·

Geniet die wildtuin nou, binne n paar jaar is dit nie meer toeganklik nie.

Pietertjie ·

Gebruik eerder ander toeriste-bestemmings. In ander lande waar vir veiliger is.

Ruby ·

Sello, moet ons nie vertel hoeveel hekke daar is, wat gaan jy aan die probleem doen?!

Sean ·

Vermy die hek????? Vermy Suid Afrika eerder !!!!! As jou ministers mickey mouse politician’s en polisiemanne bodyguards het moet jy mos weet die plek is gevaarlik

Patch ·

Op pad na al die hekke van die Kruger Wildtuin is informele nedersettings en jou veiligheid is nie by een van die hekke gewaarborg nie. Selfs om by die Kruger-hek in te gaan ry jy deur nedersettings vir kilometers aaneen wanneer jy Hazyview verlaat. ‘n Ruk gelede het ‘n kaping voor ‘n lodge se hoofingang plaasgevind en dit is skaars 20km van die Kruger-hek af. Om by Orpen-hek of Phalaborwa-hek in te gaan is seker die beste opsies.

Marianna ·

Aan alle toeriste: Julle word belieg oor SA se veiligheid!!!!!!

Moedeloos ·

Hoe gaan buitelandse burgers weet om n ander hek te gebruik. Dan moet Sanparke hul inligting aan besoekers meer update en hul inlig hieroor sodra hul bespreek. En nie net vir buitelandse besoekers nie maar vir alle besoekers

Niklaas ·

Ja, Sello. Wat stel jy voor as dieselfde begin gebeur by die Phabeni pad of by Orpen en Krugerhek, waar die opstokers en protesteerders reeds vir weke periodiek pad versper ? Malelane en Krok brug sal ook binnekort onveilg raak. Wat dan , Sello ? Eisch…..

Cecilia ·

Dis die mentaliteit in die land.

As daar voedsel tekort is, bou hulle die sesde Checkers binne ‘n radius van 3 km van jou huis af. Drie toeriste dood vanaf 1994 (ongeag die 71 moorde per dag).

Dit moet regtig die einde wees van Suid-Afrika want dit gaan elke dag net slegter.

Lyk my dis maar elkeen vir homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.