Ou landsvlag: AfriForum gaan nie verder appelleer

Die appèlhof in Bloemfontein. (Argieffoto: ANA)

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan nie verder appelleer teen die hofuitspraak wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse landsvlag in die meeste omstandighede tot haatspraak verklaar nie. 

Dít volg nadat die appèlhof in Bloemfontein AfriForum se appèlaansoek teen ’n vroeëre uitspraak Vrydag van die hand gewys het.

Die appèlhof het wel die gelykheidshof se aanvanklike bevel dat “enige” vertoning van die ou vlag haatspraak is, gewysig deur nou spesifiek “ongevraagde openbare vertoon” te verbied. In die lig hiervan sê die organisasie dat hy besluit het om nie appèl teen die uitspraak aan te teken nie.

“AfriForum bly steeds gekant teen verbanningsbevele oor simbole. Ná deeglike bespreking het AfriForum besluit om nie verder regshulpbronne aan die ou vlagsaak toe te wys deur dit Konstitusionele Hof toe te neem nie,” het Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, gesê.

“AfriForum sal wel die situasie bly monitor om te verhoed dat die vlagsaak die deure oopmaak vir toenemende verbanningsbevele op ander fronte.”

AfriForum sê hy gaan nou sy regshulpbronne toespits om die gevaarlike dubbele standaarde oor haatspraak in die huidige politieke orde en in die howe te beveg.

“Daar is geen gronde dat ’n simbool wat sonder ’n oproep tot geweld vertoon word tot haatspraak verklaar word, terwyl die Kill the Boer-dreunsang, waardeur die EFF moord op etniese gronde aanhits, deur die howe as aanvaarbaar beskou word nie.

“Die boere van ons land word steeds wreed geteister en geteiken deur die EFF se haatlike Kill the Boer-dreunsang. AfriForum se fokus is om, namens boere en die etniese minderheidsgroepe wat deur hierdie dreunsang in gevaar gestel word, hierdie skadelike dubbele standaarde te verslaan.”

AfriForum wag tans nog vir ’n hofdatum in die appèlhof waar die organisasie sy stryd sal voortsit om hierdie lied tot haatspraak te laat verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johanna ·

En daar wen hul weer. Maar toemaar nie vir lank nie. Wat ek op my erf en un my huis doen het niks met ander te doen nie. Ins mos demokratiese land. Mmmm

piet ·

Wat jy op jou erf doen waar ander mense dit kan sien. het wel met ander te doen. Wat jy IN jou huis doen is ‘n ander storie tensy jy moedswillig die vlag so binne jou huis vertoon dat mense dit van buite af kan sien.

Daisy ·

En wat as hulle die vlag van buite af kan sien?
Dit het niks met moedswillig te doen nie. Dis MY huis en my vlag SAL in my huis wees

piet ·

Daisy – Dan is dit in die openbaar en gee aanstoot aan sekeres. Dan kan jy vervolg word. Dra maar die gevolge…

Nommer 7 ·

Johanna, gaan praat met gevangenisse wat tik in hul huise vervaardig het, en perlemoen in hul huise gedroog het. Dan “post” jy weer.

Papsak ·

Wel dit sal my landsvlag bly so afrifirum vat geld by lede maar gooi vinnig handdoek in baklei bietjie wel hulle gaan my nie maak van ou ladsvlag af sien nie want alles vir hulle n aanstoot SA se vlag is vir my n beledegin so ek aanvaar hom glad nie

Harley Davidson ·

Afriforum moet die rasisme teen wit minderhede hof toe vat en die geldigheid van seb na 30 jaar van onderdrukking deur die ANC regering in die hoogste hof toets.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat is volgende? Die Stem, Oom Paul en die FAK?

Nettie ·

Ek dink dit is ‘n goeie besluit, Afriforum. Dankie vir wat julle gedoen het.

Dit is duidelik dat hulle ons vrees. Ons is sterker as wat ons dink. Ons het nie die ou vlag nodig om dit te bewys nie. Onthou, die 4-kleur sal weer wapper!! Dit is aan ons belowe.

Eugene ·

Die pragtige ou landsvlag, is teen die muur in my sitkamer. Niemand maar niemand sal my vertel om daai vlag aftehaal nie. Daai vlag sal met my graf toegaan. My vrou en kinners weet dit.

piet ·

Jy sal moet sorg dat mense dit nie van buite af sien nie want dan het jy probleme.

Republikein in die Wes Kaap ·

Skeur net die Union Jack uit en ek is met jou.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die Union Jack vlag, in die ou landsvlag opgeneem, was die de facto flag van die Verenigde Koningkryk van Engeland. Ek vereenselwig hierdie Union Jack met die Engelse kolonialisme wat die menswaardigheid en toekoms van die Afrikaner en die Afrikaner volk ernstig aangetas het. Die ou SA landsvlag met die Union Jack daarin herinner my aan die hovaardige British-white-supremacy-houding teenoor andere volkere en nasies.

piet ·

Definitief, in hierdie opsig is die huidige vlag meer neutraal.

RudWolf ·

Stem saam, dit is groter as net die vlag. Spreek dit op ‘n groter vlak aan i.e die dubbele standaarde wanneer dit by haatspraak en gelykheid kom.

Danie ·

Afriforum het +/- 200000 lede.
Waar is die res van die rusbankkrygers?
En danksy die rusbankkrygers het baie van die goed waarteen nou geveg moet word op die wetboeke beland.
Met die fondse beskikbaar kan jy ongelukkig net soveel doen.

JvR ·

Ai. Die ou vlaggie met die britse binneste wat almal so aanbid. En moet my nie verkeerd verstaan. Die nuwe een is ook walglik verby

Lillian ·

En so word ons herkoms en geskiedenis weereens vertrap en geminag!

Linda ·

As DIE vlag nie gebruik mag word nie, hoef ons nie die nuwe te erken nie.

De Villiers ·

“Hulle” gaan aanhou wen. “Ons” kan nie en sal ook nie toegelaat word om ooit te wen nie.

gatgogga ·

Ek hoor op SAFM noem Aldrin Sampeer nou die ou landsvlag, die “Apartheid Vlag”. Ek wonder hoe sal hy reageer as ons dan die huidige landsvlag die “Korrupsie Vlag” noem ?

Amelia ·

of wat van die moord bende aan gesien daar elke dag hoeve3el moorde gepleeg word wat nie voor 1994 so was nie maar ons hoef glad nie ons te bekommer nie glo en vetrou want n vlag maak nie saak watter een nie gaan ons nie red nie net so terloops nuwe vlag het mos ook n ander naam sal dit nou net nie hier kan se nie

Henk ·

Dít bly staan…!

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf’nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika.

Het ons dan ontrou geraak?

JohanR ·

Hoekom gaan AfriForum dan nie liewer hof toe oor die SAKP vlag? Daai hamer en sekel het al soe baie hartseer in die wereld veroorsaak. As die oranje-blou-wit moet waai dan moet die hamer en sekel ook waai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.