Polisie op soek na 2 oor brande by St. Francisbaai

Brande in St. Francisbaai (22 Augustus 2019). (Foto: Vincent Lyons via Disaster Volunteer Group)

Die Oos-Kaapse polisie is op die spoor van twee mans wat na bewering verantwoordelik is vir die wegholbrand wat Donderdag talle huise in St. Francisbaai vernietig het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek nou ’n saak van brandstigting nadat ’n vrou intussen na vore gekom en beweer het dat sy dié dag omstreeks 13:00 twee mans met ’n byekorf in ’n oop stuk veld agter Lymeweg-Noord opgemerk het.

Die mans word daarvan verdink dat hulle bye uitgerook en in die proses die veld aan die brand gesteek het.

Brande in St. Francisbaai (22 Augustus 2019). (Foto: Kouga Munisipaliteit)

Die ooggetuie beweer sy het die mans daarna sien weghardloop toe die veld aan die brand slaan.

Maroela Media het vroeër berig twee helikopters, 85 brandbestryders en ander noodpersoneel is later na Lymeweg-Noord ontplooi om ’n wegholbrand te blus.

Volgens Nkohli het altesaam 13 huise egter in die slag gebly.

Hoewel inligting rakende die mans skraps is, weet die polisie dat een van die mans ’n blou oorpak aangehad het en dat die ander ’n fiets gestoot het.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om AO Lwazi Solombela by 071 475 1831 te bel. Inligting kan ook vertroulik by Stop Misdaad, 08600 10111, aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jacques die Goodwoodianer ·

Ironies. Ek het gister met my vrou gepraat oor die bedreiging vir – en voortbestaan van – bye. Vanoggend by die apteek het ek gekyk na ñ groot bottel heuning van amper R150 en weer gedink daaraan.

Hier lees ek nou ñ baie kommerwekkende berig oor einste saak.

Ons bye, diere, wild en mense word uitgeroei.

Glo, Bid en Vertrou. Wees paraat, help mekaar en beskerm dit wat nou bedreig word vir die nageslag!

Jannie van Niekerk ·

Ja Jacques jy is heeltemal reg. Dis skrikwekkend hoe onkundig mense is en nie weet hoe belangrik heuningbye en alle diere vir ons voortbestaan is nie. Die feit dat mense uitgeroei word is nie so erg nie, want die mens is die grootste euwel in die heelal. Hulle is die enigste lewende wese wat alles om hulle vernietig.

Stef ·

Ek verstaan net nie waarom hulle nie voorbrande maak nie. Dis kort kort n probleem daar?

Natalene Visser ·

Ek sien die berig nou en reageer op sarkasme waarmee ek myself nie mee vereenselwig nie. In my kommentaar het ek genoem, dat dit nie noodwendig brandstigting hoef te wees nie en ek hou daarby. Soos ek die berig verstaan, was dit 2 persone wat heuning uitgehaal het. Enige persoon wat weet hoe heuning uitgehaal word, sal weet dat jy nodig het om n stukkie goiingsak of iets soortgelyk nodig het wat dan aan die brand gesteek word om die nodige rook af te gee om die bye van jou af weg te hou. Rook + vonkie + sterk wind (Let wel, daar was n sterk wind) + bosryke gebied, was die rede vir die weghol brand. Oos-Kaap sit met erge droogte op die oomblik, so die vuur kon vinnig versprei. Ek sê weer, ek ken die gebied soos die palm van my hand. As die twee persone weggehardloop het, soos berig word, was dit moontlik omdat hulle gesien het hier kom moeilikheid en nie omdat hulle met opset brand gestig het nie. Dit kan n ongeluk ook wees. Die Gereg sal maar daaroor moet besluit. Ek wil ook my medelye met diegene wie groot skade gely het, betuig en vertrou dat die eiendomme verseker was. Royal Wharf het n paar jaar gelede ook verskeie van sy eenhede verloor deur n soortgelyke brand waarin daar toe omtrent 70 huise vernietig was. Tot vandag toe lê daar nog op party erwe net die fondasie van n eens pragtige paleis.

Brandkraan ·

Die probleem is die groot aantal werkloses in die plakkerskamp wat elke dag groter word. Die rykmansbuurt, waar baie huise leegstaan byna reg deur die jaar, kry nou gereeld met hierdie brande te doen. As jy niks het om te verloor nie, hoekom sal jy omgee vir iemand wat meer as genoeg het en dalk twee of meer luukse huise besit

Hannah ·

Dankie Natalene, In ‘n vorige artikel het ek melding gemaak oor die knellede droogte in die Oos Kaap, die sterk winde van die afgelope week asook die uiterse wisselende temperature, en die kommentaar van kwaadwillige brandstigting. Ek vermeld toe dat spontane ontbranding ‘n moontlikheid kan wees veraal met die vlagie reën waat vroeër die week uitgesak het. (Die ondersoek het toe net verwys na die moontlikheid dat dit in ‘n bebosde gebied kon ontstaan het). ‘n “Jafel” het toe kommentaar gelewer om te vertel daar bestaan nie so iets soos ‘Spontane ontbranding’ ‘Spontaneous Combustion’ nie. Ai! mens kry darem maar “besonderse slim, ingeligte” mense né. Spesiaal vir die “Jafel” Spontane ontbranding of spontane ontsteking is ‘n tipe van verbranding wat deur selfverwarming (toename in temperatuur as gevolg van eksotermiese reaksies) voorkom, gevolg deur ‘n termiese wegholreaksie (selfverwarming wat vinnig versnel tot hoë temperature) en uiteindelik, ontsteking. Wat die rede ook al mag wees. Dit bly ‘n geweldige tragedie vir die eienaars, die dorp en sy inwoners. Baie sterkte.

Laetitia ·

Stef ek stem saam met jou. Ons familie hou gereeld vakansie in St.Francis en dit verstom my dat die Munisipaliteit nie die nodige voorsorgmaatreels tref nie.

smurfie ·

Hoekom het die vrou nie dadelik die brandweer gebel (of iemand gewhatsup om die brandweer te bel) toe die veld aan die brandslaan nie?

Nella ·

Daardie foto is van reg voor ons kantore afgeneem. Dit is elke keer iets afgrysliks om te sien en te beleef hoe StFrancis se huise brand. Vrydag was ek sommer in trane toe ek van die mense sien wat hul huise verloor het.

Santie ·

SMURFIE EK DTEM SAAM MET JOU. Ja sy moes dadelik gebel het. Want sy kon sien wat gebeur en die 2 harloop weg. Binne 5 min kon almal wat nodig was betyds daar gewees het. So sy het seker na 5 ure eers laat weet. TOE IS DIT TE LAAT DAME.

Herman Toerien ·

Ek was in ‘n stadium baie nou by die landbou betrekke. Juis by die Oos-Kaapse landboukongres het een vd sprekers ook na brandpaaie verwys, en gemeld hy kon uit die SAL-vliegtuig sien die wetlik voorgeskrewe brandaaie bestaan nie. ‘n Ander noem weer hoe gemeen is hulle gaaan ‘n veldbrand by ‘n teerpad gestop kry, en die vuur daar ingewag, Toe die vuur teen die pad kom, begin daar skielik klein “vuurtjies” oor die pad hardloop en kort voor lank brand dit lustig aan die oorkant. Dis muise en ander diertjies wat vasgekeer raak en dan aan die brand slaan. In Australië is al gesien hoe bloekombome wat brand vuurtonge uitskiet wat weer bome oorkant riviere wat baie wyd is aan die brand te laat slaan. In SA is die bygeloof dat rookwolke in reënwolke verander veral hierdie tyd vd jaar in sekere gebiede ‘n groot probleem.

JPV ·

Ek’s ‘n kommersiële byeboer en boer al jare met bye. Hierdie voorval is niks nuut. Vandalisme, diefstal en in hierdie geval brandstigting is ‘n alledaagse verskynsel. Korwe word dikwels brand gesteek en word totaal en al vernietig sonder dat die brandstigters ‘n enkele druppel heuning kry en dan raak die vuur buite beheer.
Hierdie is nie ‘n eerste en nog minder ‘n laaste keer ….

Swanna ·

Toe ek ‘n kind was het ek op ‘n kleinhoewe groot geword en ek en my broers het eendag voorbrande gemaak om die plek en daar het ‘n wind op gekom en ons kon nie die vuur keer nie en so het die vuur deur ‘n swartman se mielieland gegaan. Alhowel ons probeer het, was dit nie genoeg nie, Op die ou einde na ‘n hofsaak wat geborg is deur ‘n ander wit man moes my pa betaal vir die miielies as vergoeding. So ek voeldaardie twee moet maar die gelag betaal en aangekla word oor hul misdryf en die feit dat hulle weg gehardloop het mag dit nog erger. Dit is soos enige persoon wat weg vlug van enige misdaad toneel. Dit was dalk nie moedswillig nie maar hulle het die probeer om die vuur te blis nie maar het gepad soos hulle maar altyd doen.!!!

Deon ·

Nou wonder ek,as hulle herbou kan hulle nie maar verby hou met die grasdakke nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.