Posbank se ‘uitdagings’ met Sassa opgeklaar, maar…

Argieffoto (Foto: ANA)

Die “tegniese uitdagings” wat duisende Sassa-begunstigdes verhoed het om hul maatskaplike toelaes te onttrek, is volgens die agentskap opgeklaar.

Nie alle begunstigdes gaan egter dadelik toegang tot die toelaag hê nie.

Posbank het Woensdag gesê dat begunstigdes wat gebruik maak van Sassa- goue kaarte “dadelik toegang” tot die geld sal hê. Die geld kan egter slegs by kitsbanke en poskantore onttrek word.

“Posbank se tegniese span werk daaraan om Sassa-transaksies by kleinhandelaars weer moontlik te maak,” sê dr. Bongani Diako, woordvoerder van Posbank.

“Daar is steeds af en toe uitdagings met transaksies wat deur kleinhandelaars gedoen word.”

Diegene wat hul toelaes probeer onttrek het, maar dit nie kon doen nie omdat die stelsel aangedui het dat dit reeds onttrek is, gaan nog ʼn dag vir die toelaag moet wag.

“Die proses om die transaksies om te keer op rekeninge wat gister [Dinsdag] weens ʼn stelselfout gedebiteer is, is tans aan die gang,” sê Diako.

“Begunstigdes wat sedert gister onttrekkings probeer doen het, word versoek om hierdie proses ʼn rukkie kans te gee voordat hulle enige verdere transaksies probeer doen. Daar word verwag dat die geld binne die volgende 24 uur weer in alle begunstigdes se rekeninge sal verskyn.”

Volgens Posbank is die tegniese uitdagings wat die afgelope paar dae ondervind is, ʼn “geïsoleerde voorval” en dat dit geensins verband hou met die geldigheid van Sassa- goue kaarte nie.

“Sassa- goue kaarte bly geldig as ʼn manier om toegang tot maatskaplike toelae te kry, ten spyte van die vervaldatum wat op die kaarte verskyn,” sê sy.

“Hierdie kaarte bly geldig totdat Posbank die kaarte kan vervang binne die tydperk wat die Reserwebank toegestaan het.”

‘Verskonings’ nie goed genoeg

Politieke partye het egter uitgevaar teen Posbank oor sy “verskonings” wat niks gehelp het nie toe “kinders honger gaan slaap het omdat hul familielede nie hul geld ontvang het nie”.

Rise Mzansi sê Posbank se halfgebakte verskonings oor die tegniese uitdagings is bloot nie goed genoeg nie.

“Baie mense moes vir klein, honger gesigte kyk omdat hulle nie kos op die tafel kon sit nie,” sê Esther Padi, nasionale koördineerder van Rise Mzanzi.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn inwoner van eMalahleni (Witbank), wat self staatmaak op ʼn skrale staatspensioen wat sy maandeliks deur Sassa ontvang, gesien het hoe mense in poskantore huil oor transaksies wat misluk.

Die DA het intussen begunstigdes aangemoedig om Posbank die rug te keer en eerder bankrekeninge by “betroubare banke te open wat hulle nie gestrand en sonder toegang tot hul geld sal laat nie”.

“Dit is ook tyd dat die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, leierskap toon en Posbank tot verantwoording roep vir sy voortgesette mislukking om Sassa-begunstigdes by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karoo ·

Die minister sit lekker knus in haar huis en ry haar luukse moter. Die areme mense moet more weer sente bymekaar skraap en hulle pondoke agter laat inhoop dat hulle geld beskikbaar gaan wees. Hoe ver verwyderd is ons nie.

Judy ·

Dit is uiters swak dat mense wat wag vir kos en verblyf geld moet so sukkel vir dae om dit wat aan hulle toegestaan is moet sukkel. Almal van hulle het nie eie vervoer en geriewe om so te sukkel nie

Nico ·

Daar is baie wat nie vervoer het nie, as daar Wel vervoer is moet baie omdraai met leehande

Amelia ·

Hoop die ou mense se kaarte word eerste reg gestel In die land is te veel wwat sassa ontvang nou praqt ek nie van ou mense en mense met n werklike gebrek nie want vir hul moet ons ons steme dik maak

Inferno1755 ·

Die probleem is “opgelos” maar Post bank se sisteem is steeds van Lyn af en diegene wat moet trek by Poskantore kan steeds nie hulle geldjies kry nie. Tussen beurtkrag en die “tegniese” probleme van Post bank is dit n ramp!

Emily ·

Ek stem, as jy vat die R350 toelaag, Is dit regtig nodig. En hoeveel raak nie swanger Met die doel om Sassa te eis nie.
Die land van ons is n helse grap, Die Fatcats sit agteroor en voel vere.
Sien hierby aangeheg, Ek weet van heelwat mense van 80 en oor wat nogsteeds dieselfde kry.
Dit is skandelik.en, Fatcats kry mos n helse salaris.
Ek wonder net hoeveel mense wat nou oor 74 is kry nog dieselfde bedrag R2 080 wat hulle gekry het toe hulle 74 was.

The grant will increase to R2 090 from 1 October 2023 (a R10 increase), for people between 60 and 74 years old. The grant will increase to R2 110 from 1 October 2023 (a R10 increase), for people over 75 years old.

The Older Persons Grant (old age pension) will increase to: R2080 on 1 April 2023, for recipients between 60 and 74 years old (an increase of R90). It will then increase to R2090 on 1 October 2023 (an increase of R10). R2100 on 1 April 2023, for recipients between over 75 years old (an increase of R90).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.