Ramaphosa: ‘Aansienlike vordering met staatskaping gemaak’

Pres. Cyril Ramaphosa by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Korrupsie is een van die grootste uitdagings wat die land in die gesig staar en staatskaping is een van die ergste vorme van korrupsie wat die land die afgelope tyd ervaar het.

Dit is dié week reeds twee jaar sedert die kommissie van ondersoek na staatskaping sy finale openbare verhoor gehou het. Die kommissie het die getuienis van meer as 300 getuies aangehoor en dokumentêre bewyse van meer as 1,7 miljoen bladsye ingesamel.

Pres. Cyril Ramaphosa het in Oktober verlede jaar die regering se plan met betrekking tot die inwerkingstelling van die kommissie se aanbevelings aan die parlement voorgelê. En volgens Ramaphosa is daar sedertdien aansienlike vordering gemaak om verskeie dele van die plan in werking te stel.

Die staatskapingskommissie het 205 aanbevelings gemaak oor strafregtelike ondersoeke en moontlike vervolging van mense en maatskappye wat by getuienis betrokke was voor die kommissie.

“Om hierdie groot hoeveelheid werk te onderneem, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke ʼn geïntegreerde taakspan op die been gebring om ondersoeke en vervolgings te koördineer. Daar word tans nege sake in die hof opgevolg, waarby 41 beskuldigdes en 12 maatskappye betrokke is.

“Beduidende vordering is ook gemaak om die opbrengs van misdaad terug te kry. Bevriesingsbevele ter waarde van R13 miljard is aan die NVG toegestaan. Altesaam R5,4 miljard is opgespoor en aan die staat terugbesorg. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het onbetaalde belasting ingevorder danksy getuienis voor die staatskapingskommissie.”

Terwyl ʼn noodsaaklike deel van die reaksie op staatskaping behels om diegene wat verantwoordelik is vir hul dade aanspreeklik te hou en gesteelde geld terug te kry, word daar volgens Ramaphosa ook verreikende wetgewende en institusionele veranderinge gemaak om die potensiaal vir korrupsie te verminder.

Die kommissie het ook aanbevelings gemaak oor die stigting van bykomende teenkorrupsie-liggame. “Hierdie voorstelle word oorweeg as deel van ʼn breër hersiening van die land se teenkorrupsie-struktuur.”

Die kommissie het bevind dat die openbare verkrygingstelsel hoofsaaklik vir die diefstal en misbruik van staatshulpbronne verantwoordelik was en dat die meeste korrupsie in staatsbeheerde ondernemings met groot begrotings plaasgevind het.

Volgens Ramaphosa is wetsontwerpe by die parlement ingedien om deursigtigheid in verkrygingsprosesse te verhoog en toesig, deursigtigheid en aanspreeklikheid van staatsinstellings te verbeter.

Die kommissie het bevind dat staatskaping verder moontlik gemaak is deur swak wetstoepassingskapasiteit. “Oor die afgelope vyf jaar het ons baie werk gedoen om die integriteit en doeltreffendheid van hierdie instellings te herstel, waaronder die aanstelling van bekwame en geloofwaardige mense om hulle te lei. Ons het ook duidelike en doeltreffende aanbevelings gemaak oor die beskerming van fluitjieblasers.

“Dit is maar enkele van die stappe wat gedoen is om uitvoering te gee aan die regering se omvattende en verreikende reaksie op die bevindings van die staatskapingskommissie. In die komende maande sal baie van die prosesse wat aan die gang is, voltooi word en baie meer vordering aangeteken word.

“Terwyl tasbare vordering gemaak word, is dit vir my duidelik dat ons slegs staatskaping agter ons sal kan plaas as alle Suid-Afrikaners saamwerk om ons samelewing van korrupsie in al sy vorme te bevry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Truman Burbank ·

Nog ietsie om die gepeupel mee besig te hou terwyl iets anders broei.

WitBlits ·

Maar Mr Ramaphosa, jy het dan net laas week vir die persoon wat by VERRE die grootste aandeel in Staatskaping gehad het ‘n “Get out of jail free” kaart gegee…. Hoe dan nou??

Magda ·

Regtig, enige arrestasies, geld terug gekry, afdankings, tronkstraf, nee so NIKS IS GEDOEN NIE. WAT N GRAP IS DIE LAND NIE.

Suzette ·

Ons wil die bewyse SIEN, nie net van sogenaamde bewyse HOOR nie!!!

Truman Burbank ·

Jy moet hom glo. Hy het die land dan so mooi deur lockdown gelei.

Cherokee ·

Bewyse Suzette, sal jy sien in die uitgeholde armlenings van sy sitkamerstel.

Charles ·

‘Aansienlike vordering met staatskaping gemaak’
Ek sien so!
LOL. Hy’s eerlik!

ES ·

Die woord “in” moes net voor “vordering” geplaas word, want dis eintlik wat gebeur het. Hy het ingevorder. Koop lekker R 3.5 miljoen beeste met die geld waarvan hy ook gebaat het.

melaney ·

Hip-hip hoeraaa!! And your first casualty stood by the door for 90 minutes, then walked out a free man. You think we are stupid?

Truman Burbank ·

Yes. He does think so. And he is correct about 90% of the population

Riaan ·

Net sodat jy almal (jou vriende) van hulle gaan vrylaat want hulle was nie geweldadig nie

Mnr De Beer ·

Die toekenning vir die beste speler in die sirkus gaan aan …….

Kobus ·

Maar mnr, al jou kaders wat in die verslag uitgwys is in die parlement sit dan nog daar?

Wielspore ·

Ek kyk die naweek na ‘n video waar ‘n SA regering beampte van handel by ‘n chinese winkel besig is om ‘n audit te doen. Die beampte vra ‘n “safety fee” van R100K dan slaag hy die audit anders gaan daar teen hom opgetree word. Die Chinees bly koel kop en sê hy is reg vir enige audit. CR, jou mede ANC lede is vrot van bedrog.

Andries ·

Fantasties. Baie dankie vir die vordering – die groot vis is mos laas week “vrygespreek”…

Old no7 ·

Hy praat soveel strooi, hy glo homself , o ja en natuurlik die pers…..

Dirk ·

Watse vordering ou Ramaparra? Zuma sit nie met sy korrupte gat in die tronk nie? So vertel ons weer watse verdomde vordering maak julle kamstig?

Pieter ·

Ag asb skrik net wakker jy lewe in droom wereld soos al gese die wiel draai julle tyd Kom nader

Vonkprop ·

Ramaphosa, nadat wat jy met Zuma aangevang het glo ek nie meer een enkele woord wat uit jou mond uit kom oor staatskaping nie. Die een persoon wat aan die voorpunt van staatskaping was word vrygelaat sonder enige gevolge en intussen betaal ons land elke liewe dag vir Zuma se foute, maar hy en jy en die hele ANC leef in weelde en hou julle oë toe vir wat in die land aangaan. ONS boere wat kos op JULLE tafels sit word uitgemoor en die hele land verval in armoede. Is dit nie genoeg rede om op te staan en te sê genoeg is genoeg nie? Nee julle doen nie, want net nou verloor julle julle luukse leefwyses. Die ANC mag dalk die 2024 verkiesing koop met julle belaglike besluite, maar my Vader is groter as julle en as hy die dag sê genoeg is genoeg, hoop ek julle is aan die regte kant. Sterkte.

Isobel ·

Lagwekkend nie almal loop nog vry rond en party was net vir 3 of wat ure agter tralies.

Pietertjie ·

Net jammer dat die “vordering” tot dusver onsigbaar is. Waar is Zuma, om mee te begin?

Papsak ·

Ag asb hy sien iets waar daar niks is nie kom by asb ek sien geen bevordering nie niemand is nog toe gesluit nie hy laat liewers mense vry uit tronke en vir Zuma want verkiesing kom mos hy is niks werd nie asb

Koos 100 ·

And your loved ANC dicided what recomendations to follow. Cadre deployment for one, which Zondo said is adding to coruption, is defended with all you have. Progress? For you and the ANC, not SA.

Mariana ·

Wie kan en sal nog glo wat hierdie man kwytraak? Nee dankie hy het sopas vir Zuma kwyt geskeld vir politieke gewin. Hy is nie president nie maar net ‘n marionet wat se toutjies getrek word. Hy is deel van die staatskaping, hulle almal is. Niks sal verbeter vir hierdie land en sy mense as die kanker wat die ANC is, nie verwyder word nie.

Boatsie ·

As almal saamwerk, ja jy en jou mede kaders inkluis.
Hoeveel gaan daar egter oorbly as al die skelms voor die hof gebring word.

Samuel ·

Meneer Ramaphosa, jy is dan ook betrokke by staatskaping. As jy van jouself ontslae raak, kan ons praat van vordering met uitwissing van staatskaping.

Giel ·

Geagte President, goed gedoen met al die geld wat gevries en teruggekry was en die huidige hofsake… maar gee tog asseblief net darem ook name wat betrokke is dat ons darem kan SIEN of dit deel van die Zondo kommissie se verslag was. Ai ons het so baie geld betaal vir Zondo, darem wil weet of dit die moeite werd was??

Di ·

Maar die grootste kriminele sit nog steeds in die Parlement! Hoe meer korrup, hoe groter pos kry jy

Johann ·

Hy lieg so goed hy glo homself. Gaan sekker NOG 9000 tronk rotte loslaat om voorsiening te maak vir al sy kamerade wat uit die tronk moet bly.

Truman Burbank ·

Om vir R te vra wat het gebeur met “staatskaping” is soos om vir die sekretaresse te vra waarom is daar niks geld oor in die kleinkas rekening.

Jakes ·

Die agbare Ramaphosa kan vir baie mense n rat voor die oge draai maar daar is n paar mense wat wel n brein het. Na volgende Jaar se verkiesing sal die nuwe regering hopelik hierdie korrupte spul jag en after tralies sit. Die president ingesluit.

Peter ·

en steeds beskerm jy die kriminele in jou regering en beloon hulle met top poste waar hulle kan “eet” soos julle se

Johan ·

ha ha sings the clown . . . . . . wat gaan aan ANC het sy Joker kaart gebruik om weer in die sirkus tent te baljaar

Bennie ·

Vir elke saak wat ondersoek word vind daar 250 nuwe misdade plaas. Ek glo in elk geval geen woord wat Ramaphosa sê nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.