Ramaphosa: ‘Ekonomie is waar dit is’ weens apartheid  

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

“Ons ekonomie is vir ʼn aantal jare doelbewus vermink en ʼn hou toegedien deur die uitsluiting van die meerderheid van ons mense en dit is hoekom ons ekonomie is waar dit vandag is.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag tydens eerste werknemer-aandeel-en-eienaarskap-konferensie in die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg gesê.

“Baie mense besin nie altyd oor hoe ons ekonomie vermink is deur dit nie in staat te stel om op alle silinders te werk nie.”

Daar is egter sedert 1994 gesamentlike pogings aangewend om aandag te gee aan die rasse- en ekonomiese ongeregtighede van die verlede, het Ramaphosa gesê.

“Ons het mededingingswette ingestel wat deure vir klein en mediumgroot ondernemings oopgemaak het om te floreer. Dit is vanjaar 20 jaar sedert die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging gepromulgeer is as een van die mees transformerende stukke wetgewing wat uit demokratiese Suid-Afrika gekom het.”

Volgens Ramaphosa is die mate waarin eienaarskap en beheer van die ekonomie verbreed word, veral onder swart en vroue-Suid-Afrikaners, ʼn belangrike maatstaf van ekonomiese bemagtiging.

“Werknemersaandeel-eienaarskapprogramme is waardevolle instrumente om eienaarskap te verbreed en mettertyd groter beheer oor die ekonomie moontlik te maak. Dit moet swart ekonomiese bemagtiging oorskry. Dit moet ʼn meganisme vir wyer ekonomiese insluiting wees.

“Ons moet die reikwydte en impak van werknemersaandeel-eienaarskapprogramme uitbrei, wetgewende en regulatoriese raamwerke versterk en groter samewerking met belanghebbendes bevorder.”

Uitsprake oor werknemeraandeleskemas verwelkom

Werkeraandeleskemas (esops) behoort álle werknemers te bevoordeel en daar is dus geen gronde om wit werknemers daarvan uit te sluit nie, meen Solidariteit.

“Pres. Ramaphosa het wél sy siening dat swart werknemers en vroue steeds slagoffers van werkplekongelykheid is beklemtoon, maar terselfdertyd ook die ANC se Vryheidshandves as verwysing gebruik om te sê dat esops inklusiwiteit móét bevorder sodat álle werknemers, soos in die geval van die mynbousektor, deur esops bemagtig kan word,” sê Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het op sy beurt by die president aangesluit en gesê esops moet ʼn tweeledige doel dien: eerstens om swart werknemers te bemagtig en tweedens om samehorigheid tussen werkers te bevorder en dat wit werknemers dus by esops ingesluit móét wees.

“Solidariteit verwelkom hierdie uitsprake en dit is ʼn bevestiging dat die geskil in 2018 tussen Sasol en Solidariteit eintlik vermy kon gewees het.

“Dit sou die geval gewees het indien Sasol nie destyds wit werknemers van sy Sasol Khanyisa-esop uitgesluit het nie – iets wat nou strydig met Ramaphosa en Patel se sienings blyk te wees.

“Daarom loof Solidariteit ʼn maatskappy soos Coca-Cola wat hulle esop as ʼn ‘kleurblinde’ skema beskryf.”

Solidariteit word ook bemoedig deur die talle oproepe by die konferensie wat vra dat esops se befondsingsmodelle hersien moet word sodat esop-koste nie van werknemers se dividende verhaal word nie en dat belastingverligting aan deelnemende werkgewers ondersoek moet word.

Du Plessis sê werkgewers word ook wyd versoek om esops, waar dit prakties moontlik is, by hulle werkplekke te implementeer in ooreenstemming met die goeie praktykskode oor esops wat hopelik binnekort bekendgestel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

David ·

Jy en jou party het nie die vermoeë om ‘n partytjie in ‘n brouery te hou nie! Pateties verby.

Pieter ·

Jinne, die karakter rook iets. As apartheid nog was, sou dit so sterk gewees het soos toe cANCer dit oorgevat het. Die Ekonomie lyk so oor kadders en Ramaphosa en ANC. Niks minder en niks meer nie. Trek die skoen aan Ramaphosa want die een pas jou en glad nie vir apartheid nie.

Hannes ·

Apartheid sal die skuld kry vir die ANC onvemoë, lank na die bestaan van blankes in Suid Afrika.

Hennie ·

Verkeerd Cyril, die ekonomie is in die asblik weens die ANC se sosialistiese beleide.

hpven ·

Die waarheid. Ramaphosa, sy kaders en die ANC het die ekonomie asook infrastruktuur totaal vernietig! Die R/USD wisselkoers verswakking van 1994 tot en met nou is ‘n duidelike bewys daarvan!

Andries ·

Sjoe ek wonder of hy Regtig verstaan wat hy gesê het? SBE’s (en tesourie) bankrot – apartheid…
Zondo kom. bevindinge, aanbevelings – apartheid…
Grootste staatsdiens ter wereld – apartheid…
Behaal net 30% op skool en Slaag – apartheid…
Beurtkrag – n skepping van apartheid…
Dink ek moet liewer nou stop – netnou moet ek nog n bloeddruk pil sluk…

Republikein in die Wes Kaap ·

Almal wil eienaars word, maar niemand wil werk nie. Die nuwe eienaars sal wel uitvind dat hul firmas se gloriedae verby is. Die industrië waarin hulle betrokke is se dae is getel. Opgeleide entrepeneurs is huiwerig om nuwe firmas hier te begin om later te deel. Hulle sal eerder emigreer.

Jo-Anne ·

Alewig apartheid se skuld vir hierdie regering se onvermoë.

Kokerboom ·

Hy kort ‘n sielkundige om hom attend te maak en te laat erken dat hy dit net NIE in hom het Uitsprake van ‘n man wat land op groot skaal gefaal het! Pateties!Hy is ‘n geweldige verleentheid vir land!

GWS ·

Na 30jr ‘sonder’ apartheid kon die ANC net regkry om ons land in die grond in te bestuur met hul kaderontplooiing! Ek is siek en sat vir daardie woord en soos ek voorheen al gesê het daardie perd is al lankal dood!

Jaco ·

BWAHAHAHA!!! Ek het nou so lekker gelag, ek het sommer die artikel 2x gelees.

Pieter ·

Hy is reg. Ons het so goed presteer dat geen mens kan by bly blykbaar. Ook, agv van al ons prestasie, was daar baie om vet te word op en niemand het nodig gehad om te dink. Nou dat hulle moet dink, nou kry ander weer die skuld! Niemand bestuur hierdie kar wat SA genoem word, behalwe die CancER. Ons kan nie dit ook nog doen nie, want julle wil mos SELF! Nou wat nou?

Julle is nou waaragtig ‘n klomp bigots wat net nie kan aanvaar dat daar skuld by julle is. Tot julle nie aan julle self werk, sal niks vorentoe beweeg. JULLE HOU ONS TERUG, KOM BY!

Nicky ·

Ek moet jou toegee ou Cyril jy weet hoe om jou naam met n plank te slaan beste grap ooit

Pieter ·

Arme mense met hulle VERKRAMPTE aanslae. Hulle is tog sooooo in pyn…

Christo ·

Ongelukkig vir ons weet hy dat hy menigte miljoene het wat sy stelling glo. Onopgevoedes veroorsaak deur sy Kaders se stelselmatige vernietiging van die opvoeding stelsel

Kokkies ·

Als is vir die ANC gegee en hulle kyk net na hulle eie behoeftes en niks anders nie. Kan nie n land regeer nie.

Kloekie ·

Mnr President, het jy korrupsie, inkompetensie, misdaad ook oorweeg as redes?

Anel ·

Waar val hy uit? In die tyd wat daar sanksies teen ons was, het ons floreer. Ons het alles self gedoen. Tot 1994 was daar omtrent nie werkloosheid nie. Daar was nie nodig om miljoene aan sassa te spandeer die. Daar was minimale plakkers. Alles het gewerk. Toe word alles oorhandig. En dit gaan te lekker. Daar is mos nou baie geld! En ons wil net alles hê. Ons wil nie werk nie. Alles val mos sommer uit die lug! Ramaposa, ek hoop jy gaan spring in ‘n dam en vat al jou slim volgelinge saam!

etienne ·

wanner die cANCer in Mei ontsetel gaan word, gaan dit ook apartheid se skuld wees.

Pietertjie ·

Oor ‘n duisend jaar sal ons dit nog steeds hoor. Maar die rusbank en guptas is klaar vergete.

groenboer ·

Ek vind dit altyd heel amusant wanneer hulle met dié ding vorendag kom. Die huidige ANC het ‘n redelike stabiele land met ‘n groeiende ekonomie en dalende misdaadvlakke geërf van die Mandela-regering. Hoe is dit dat in die tweede helfte van die 1990s, die ekonomie kon groei ten spyte van apartheid, maar daarna skielik begin tuimel a.g.v. apartheid?

capie ·

Dit is presies hoe kommunisme en ‘n eenparty staat werk. Hou jou mense onopgevoed en keer dat hulle vir hulself kan dink, dan sal hulle alles wat jy sê glo en weer vir jou stem.

Hennie ·

Daardie apartheid donkie is al holrug gery. Rampie ly aan n minderwaardigheidskompleks, jammer vir homself. In 30 jaar SA vernietig.

Manie ·

Onderwerp hom aan ‘n leuenverklikker toets, ek wed alles wat ek besit daaarop dat hy dit nie sal slaag nie.

skurweberg ·

Ons sal ‘n grooot hofsaak moet begin om die President se stelling in balans te bring. Hulle het baie om te verduidelik, en te erken wat hulle gedoen het en nie gedoen het in 30 jaar om die Ekonomie te verwaarloos en te dwarsboom. Tyd is verby dat hierdie RETORIEK net kan aangaan en aangaan om slegs die eenkant van die SA – VERHAAL aan te hoor. Halwe waarhede behoort vir die denkende mens die leuen te ontbloot.

Zallie ·

Zallie.
Ons is gewoond dat as die ANC nie ‘n antwoord het vir ‘n probleem van hul eie nie nie word Apartheid beskuldig!

snippie60 ·

Kan iemand my asseblief knyp en wakker skud, want dit blyk of ek soos ou Rip Van Winkel al vir 30 jaar lank myself in ‘n droom (nagmerrie???) bevind waar SA ten gronde gaan, en ek daagliks interses vir die land vir ‘n Godvresende regering. In die 1970s selfs 1980s kon jy $1 koop vir R1, en alhoewel ek nie veel van daai tyd kan onthou nie (ek is GenX), onthou ek dat alhoewel SA ook homself in ‘n resessie beleef het, ook gesukkel het met inflasie, dat als gewerk het, skoon was, en dat daar ‘n lae werkloosheidsyfer was. Alle bevolkingsgroepe was geregtig op kwaliteit skoling, diensverskaffing, die treine het geloop, die hospitale was skoon en netjies vir ALLE bevolkingsgroepe, en alles het gewerk. Suid-Afrika het selfs die petrolskaarste in die 1970s oorleef en was ons land sterk en gesond. Wat mis ek? Of is ek letterlik ‘n dom blondine wat al weer uit my beurt praat?!

SjN ·

Shame ou Cyril, daar is baie meer redes as apartheid, erken eerder na 30 jaar dat jy en jou kader gespuis nie opgewasse om n land te regeer nie, finish en klaar.

kragaap ·

Ha ha die mense kan net teer op die rykdom wat ander geskep het, dan blameer hul daai selfde sisteem wat hul biljoenêrs gemaak het vir die chaos wat hul agterlaat. Makeer die intellektuele vermoë, waarde sisteem en strategiese visie om waarde toe te vroeg. Slagoffer mentaliteit – maar hy bêre 2 m US $ in sy rusbank….wat ‘n grap.

annie ·

Aggenee wat mense! Hou op! Die vraag moet eerder gevra word, waarom hou ons ook die leuen in stand in plaas van om die waarheid uit te spel. Die ware geskiedenis sedert 1652 word verdoesel omdat sekere groepe hul eie aard, tekortkominge en foute nie wil aanvaar nie, maar ons moet en dit liefies verdraai om hul gelukkig op die verkeerde pad te hou en sodoende ons eie ellende bewerk. Alle mense is nie dieselfde geskep nie. Lees Genesis in die Bybel. Daar word dit uiteengesit en die redes vir die Skepper se besluit gegee. Hy is die Baas, nie ons mense nie. Vir Afrikaners om net om nice te wees ‘n onwaarheid pleeg, is ook ‘n sonde. Dit gaan ons ook inhaal.

ES ·

Hoekom sal enigiemand vir hul werknemers aandeleskemas toeken as daardie selfde werknemers nier eers weet wat ‘n aandeleskema behels nie – en as hulle ongelukkig is oor hul werk, dan saboteer en brand hulle als maar hulle is nogsteeds aandeelhouers? Nee wat…

Marius ·

Moet hy nie sy plakate gaan opsit nie.
Julle is useless en sal enige verskoning uitdink en almal blameer vir julle mislukking behalwe julself , ne cANCer ???

Paul ·

Apartheid is nou al vir 30 jaar onder nuwe bestuur Cyril, ANC bestuur!

skurweberg ·

We will have to start a major court case to bring the President’s statement into balance. They have a lot to explain, and admit what they did and didn’t do in 30 years to neglect and thwart (dubble cross) the Economy. Time has passed that this RHETORIC can go on and on to hear only one side of the SA-STORY. Half-truths should expose the LIE to the thinking person.

Leona ·

Besef almal nog nie dat die Nuwe RSA langer bestaan tans as die apatheidsttd nie. En so tussen deur is daar omgekeerde apartheid wat toegepas word. Wat anders as BBEEE en ons huidige stand van die land en ekonomie. Dit is die oorsaak van die 1994 tot 2024 omgedraaide apartheid. O liewe tog.

Dup ·

Voor 1994 moes jy skooltoe gaan,dan verder studeer of n ambag aanleer.Daarna het jy ñ beroeps keuse gemaak en begin WERK.Na dit kon jy n lening aangaan en n eiendom KOOP.
Na 1994 is sekeres skooltoe en sommiges het dan n matrieksertifikaat en graad op die swartmark gekoop.Daarna het sekeres ñ staatstender bekom en “they all lived happily ever after”.

Mari ·

@annie,
Ek stem saam met jou. En nou wil Eloff en kie weer die voetewasskottel nader sleep om te kyk of dit nie díe keer gaan werk nie.

Ronél ·

Hy weet dis die woord wat die (ongeskoolde) massas wil hoor………………

Sebastiaan ·

“Dit is vanjaar 20 jaar sedert die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging gepromulgeer is as een van die mees transformerende stukke wetgewing wat uit demokratiese Suid-Afrika gekom het.” …..dink meer die fout lê hier. Hy weet definitief nie wat ons weet nie.

skurweberg ·

@Annie met alle respek vir al jou ander kommentare wat van integriteit spreek, ons as inwoners (mense} in SA het nie met ‘n “”Baas” in hierdie moeilike tyd te doen nie, nie eers as ‘n metafoor nie.

kragaap ·

@skurweberg – ek stem saam, maar aan die ander kant het die mense van SA te doen met klaas, wat hom baas hou. Dis hoekom dit gaan soos dit gaan.

domheks ·

cr jy moes vir DM omkoop om genoeg stemme te kry, wat se dit van jouself? is dit ook apartheid se skuld, jou skelm streke?

Dieter ·

Aag asseblief.
Daar klim die oneerbare Plepsident ook op die Aprtheid wa. Die ANC regering is tans dienparty wat apartheid adding, so dalk is hy reg.
Al.die mense met kennis en ervaring is afgedank, verjaag of dood

Kletsou ·

As CR glo wat hy kwytraak verdien hy ‘n Nobel prys want dan het hy en sy party die definisisie van “Ekonomie” globaal verander. Ekonomie is vraag en aanbod wat lei tot goeie geldelike welvaart. CR se definisie is hoeveel rasse en geslagte is betrokke in ‘n maatskappy? Nie produktiwiteit en goeie geldelike beginsels nie – goeie geldelike beginsels is apartheid?

Net gedink ·

Voor jy deur jou nek praat vergelyk wat ANC oorgeneem het, n land sonder skuld, wat die $ teen die Rand was en waar dit nou is, die werkloosheid syfers, brein drein en die gevolge daarvan op die standaard van hulpbronne in die ekonomie, hoeveel besighede sluit en likwideer, die beurs. DA of ander partye antwoord ASB op hierdie gek verklaring.

Oosieoos ·

Hoe desperaat kan jy wees nuwe laagte punt vir Anc om so laag te daal maar wat gee hulle om geen eer of selfrespek nie

Patch ·

Ag BS man! Dis oor die korupte ANC kaders oor die jare wat nie weet om n land te regeer nie en baie groot gatsakke het.

Stompie ·

Ou beesneus se net sulke goed omdat sy mederheid kiesers ongeskoolde mense is. En cANCer hou van dit so. Nou kan hy weer ons die skuld gee en niemand kan in hulle verstand rerig verstaan waaroor alles eitlik gaan nie en hoe hulle benadeel word elke liewe dag en hoeveel beter hulle kon af wees as die strome geld nie in die kaders se sakke in geloop het nie. Gee apartheid die skuld en belowe hulle WEER lopende water, n huis en gee gou gou n paar t-shirt, n floppie hoed, n sambreel en hulle sal weer vir hom stem.

Anton ·

Heeltemal korrek.
Dit is wanwee apartheid dat die ekonomie vernietig is.
OMGEKEERDE APARTHEID WAAR DAAR TEEN WIT GEDISKRIMINEER WORD

Wakkerslaper ·

Dit is tyd dat opposisie partye en burgerregte organisasies hier clown begin vastrap! Hierdie TWAK wat hy in die openbaar kwytraak begin soos aanhitsing klink.

Aai ·

Anc is slim sy kiesers wil net apartheid hoor dan stem hulle vir korrupte anc.

Samuel ·

Cyril, oor vyftig jaar is alles steeds apartheid se skuld.

Net_My_Opinie ·

Hmmmm. G’n wonder ons ekonomie is in die drein af nie. Al wat die …. kon bou in 30 jaar is der-duisende “shacks”. Heeltemal te verstane, siende dat hulle gelei word en alles volgens hul voorvaders doen. Die outjies kon in 100de jare net daarin slaag om modder “shacks” op te rig en verder onder ‘n boom sit en ander blameer vir hul probleme. Nog niks het verander nie!!!

Jakes ·

Was hierdie vent ooit skool toe? Hy het n maand oor om te regeer. Stuur hom weg, ver weg. N graad 7 leerling sal n beter president as hy wees.

Net-my-opinie ·

Apartheid is dood (al hou die ANC regering dit aan die lewe)
Lank lewe Apartheid!

Di ·

JO, elke keer wat die man sy mond oopmaak word ek naar! Dis JUIS agv BEE wat ons land in sy glorie is!! Apartheid sal VEREWIG die skuld kry want WIE ANDERS kan hulle blameer.

Pigogo ·

Wat nie nog gesê en gedoen gaan word om stemme te werf vir die komende verkiesing nie. Benoude katte… In die tussentyd geniet ek die ‘ geen loadshedding’ .. wel tot na die verkiesing,..

J. J. ·

Siestog, selfs hy is nognie gespeen van apartheid nie, arme man. Kom C. R. Neem bietjie verantwoordelikheid vir jou en jou regering se onvermoë.

TO ·

Dat ‘n mens so blatant kan staan en lieg, nee sy edele dis jy en jou kaders se werk. Ek vererg ek my nou

Frans ·

‘n Swak ambagsman blaneer altyd sy gereedskap vir sy swak werk netso ‘n politikus vir sy mislukkings op ekonomiese gebied

Meinung ·

Uiters teleurstellend om te ervaar hoe Ramaphosa in ‘n “low level”, populistiese, nié-staatsmanagtige politikus ontaard het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.