Ramaphosa hoor later oor vervolging

President Cyril Ramaphosa tydens die ANS se 55ste verkiesingskonferensie by Nasrec. (Foto: LUCA SOLA / AFP)

Die hof sal eers later sê of pres. Cyril Ramaphosa se aansoek om sy privaat vervolging deur oudpres. Jacob Zuma stop te sit, suksesvol was. Die president het ʼn aansoek om ʼn dringende interdik teen die vervolging gebring.

ʼn Volbank regters het die saak Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor en uitspraak is tot Maandag voorbehou.

Pres. Ramaphosa se regspan het Donderdag weereens aangevoer dat die nolle prosequi-sertifikaat wat die Nasionale Vervolgingsgesag destyds ten opsigte van adv. Billy Downer en die joernalis Carryn Maughn uitgereik het, nie Ramaphosa se naam bevat nie. Dit kan dus nie op hom van toepassing gemaak word nie.

Sy regspan het ook aangevoer dat Zuma duidelik bybedoelings het om Ramaphosa te wil vervolg.

Adv. Dali Mpofu, voormalige voorsitter van die EFF, het egter namens Zuma aangevoer dat die sertifikaat van toepassing is op “enigiemand wat in die dossier genoem word” en dat die president se naam inderdaad verskeie kere daarin verskyn.

Indien Ramaphosa se aansoek nié slaag nie, moet hy Dinsdag weer in die hof verskyn, op aanklag dat hy medepligtig was aan die bekendmaking van Zuma se privaat hofdokumente. Indien dít gebeur, sal hy moontlik in oorleg met die ANC se opsystaanreël tydelik uit sy amp moet tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GWS ·

Zuma sal alles probeer, selfs om belaglik te wees om uit die tronk te bly!

Johann ·

As die mags mal korrupte wolwe mekaar net kon verskeur sonder om.die land saam ondertoe te trek.

T ·

Rof rowwer, rofste.
Weereens n gejaag na wind, en ons gewone mense moet betaal vir al die interne regskostes sodat die jakkalse verder Kan baklei onder mekkaar…
Min weet hulle die gekose wit hasie het lankal alles verloor wat in sy sakke was langs die pad.

Wit Leeu ·

Wat ‘n klomp nonsens ! Gejaag na wind en mors van geld !

Pietertjie ·

Faksie-gevegte. Presies soos wat dit jare gelede al voorspel is.

Pieter ·

daarsy hond eet hond. Is jammer dit vat so lank, maar so gaan elkeen op mekaar begin split as die geld opraak. Ek hoop van harte dat dinge vinniger in 2023 sal gebeur

annie ·

Die ANC mors darem lekker geld. Nou weer spesiaal ‘n groot geel sarkofaag om vanaf te preek. En die baie modes en klere vir geleenthede… Dan kla hulle oor fondse. Nou is dit weer hofsake tussen boesem-buddies waarvan die ANC seker beide se koste dra, want Zuma en Cyril weet te veel van mekaar se geheime kussingslope af. Ons het g’n meer krag vir die spul nie. Niks!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.