Ramaphosa kanselleer Davos-besoek midde kragkrisis

President Cyril Ramaphosa (Foto: LUCA SOLA / AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het sy voorgenome besoek aan die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se beraad in Davos, Switserland, gekanselleer weens die kragkrisis in Suid-Afrika.

Volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het Ramaphosa intussen met leiers van politieke partye, die nasionale energiekrisiskomitee en die direksie van Eskom vergader.

Suid-Afrikaners gaan sedert verlede week onder deurlopende fase 6-beurtkrag gebuk en verbruikersopstand en regsgedinge oor die kragkrisis is aan die broei.

“Verbruikers kan nie aanhou om meer en meer te betaal vir minder en minder diens nie. Verskillende vorme van verbruikersopstand moet ondersoek word,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Solidariteit beplan litigasie om bottelnekke oop te maak om private kragopwekking moontlik te maak.

Die eerste fase in sy regsproses gaan ʼn aansoek om die openbaarmaking van inligting teen Nersa wees om te bepaal hoeveel aansoeke vir private opwekking ontvang is; hoeveel goedgekeur is; en hoekom daar so min goedgekeur is. Solidariteit gaan ook litigeer om Eskom vry van swart bemagtiging te kry.

Die DA is besig om ʼn groot protesoptog te reël na die ANC se hoofkantoor by Luthuli-huis in Johannesburg op 25 Januarie. Die party wil betoog teen fase 6-beurtkrag en onlangse verhogings in elektrisiteitstariewe.

Magwenya het verlede week gesê Ramaphosa betreur die huidige energiesituasie wat die land in fase 6-beurtkrag gedompel het en dat hy steeds daarmee getaak is om ʼn volhoubare oplossing vir die kragkrisis te vind.

“Die president besef die frustrasie van huishoudings, ouers en leerders wat die nuwe skooljaar met kragtekorte begin het. Die verwoestende uitwerking op klein sakeondernemings en die nadelige impak op die ekonomie bly ʼn ernstige kwessie vir die herstel van Suid-Afrika se ekonomie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Duitser ·

Nee wat CR jy en jou span is heeltemal te lig bevind. Dis maklik om altyd fout met die verlede te vind maar wanneer dit kom by doen skiet jy ver te kort.

Trotse Boervrou ·

Die beste ding wat nou met SA kan gebeur is dat CR op daardie vliegtuig moet klim en aanhou vlieg!

Ditsim ·

Die land is nou by n kruispad. Mense kan nie meer n lewe maak nie. Ek dink ons almal weet hoe dit gaan eindig.

Danie ·

Wat gaan nou eintlik aan by eskom ?Behalwe vir die volwaardie eskom sout pilare wat kamoefleerdrag dra blyk dit dat die hele bestuur in nutraal sit en wag vir beter dae.Mnr cirel en travante ook in limbo.Die koppies tee en koffie staan die kantore vol.Ons wag in spanning.

Papsak ·

Nee Ramaphosa erken maar julle hole lot is te swak om krag krisis op te los hou op om altyd die verlede voor te gooi of apartheid julle het alles ordentlik gekry in 1994 julle het alles ten gronde laat gaan die krag probleem het niks te doen met verlede of apartheid nie jou regering en jy het alles op gemors erken dit net

Gerhard ·

Die groot probleem is, nie een van hulle weet hoe om dit op te los nie…..punt.
Hulle is te trots (dom) om mense in te kry wat werklik weet wat om te doen, want dan gaan dit bewys dat hulle nie kan nie en hoegenaamd nie bevoeg is nie. Ag, ek weet nie, dit maak mens op.

Andre ·

Miskien moet hy en sy ekstras maar gaan . As hul nie hier is nie , sal krag verbruik minder wees

JohanEtz ·

Terwyl hy en sy onbekwame kabinet geen beurtkrag ervaar, ten koste VAN
belastingbetalers….

Phillip ·

As DA besluit om n optog te hou is ek daar een dag verlof is die moeite werd en ek gaan dan maar my kruisie trek by DA Net voor die tyd reël dat burgers van SA Kan reël vir verlof

hpven ·

Phillip, ek sluit my besigheid en gee al my werkers af vir daardie of enige protes optog teen die ANC en Ramaphosa! RED SUID AFRIKA!

Vonkprop ·

Ja Cyril, jy besef alles maar doen niks. Dit is belangriker om jou maatjies te help as om op te tree. Jy is ‘n muis en nie ‘n man nie. Selfs ‘n muis het meer moed.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die tyd het aangebreek dat die hele ANC-leierskap onverwyld permanent na hul boesemvriend Putin in Rusland verhuis en by die Wagner Groep aansluit.

Rocco ·

Te laat, Ramaphosa. Die pôpo het reeds die fên getref. Elkeen vir homself nou. Ons moet onself voorberei vir oproer – dit gaan nie gelate aanvaar word nie

JohanR ·

Ek wonder as Squirrel en Gwede Mantashe hulle arms waai soos windmeule of hulle 1000kw sal kan opwek? Weet iemand miskien AS Squirrel nou Davos toe gegaan het, hoeveel ry saam met hom wat die belastingbetalers voor moet betaal….50, 80, 160?

Kortbroek en plakkies ·

Ja wat Cyril, goeie verskoning om nie oorsee te gaan en jou naam met ‘n plank te slaan voor die wereld vehoog nie. Kruip eerder weg hier as om verantwoording te doen vir die gemors waarvoor jy en jou regering ons ingedwing het. Uiters swak leierskap van ons regering. Genoeg is genoeg!

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie spul ministers glo hulle is die slimstes in die land. Die res van ons is idiote wat niks weet nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

George Orwell het in sy werke “Animal Farm” en “1984” die sondige aard van die mens en werking van kommunisme (“sosialisme”) mooi raakgevat: Daar is die gierige plaasvarke (regerende elite) wat die plaas en staatskas alleen wil beheer en alleen by die trog wil vreet terwyl hulle die skape in onkunde en oningeligdheid gehou word van die wieg tot die graf. Ons as vrydenkende en ingeligte burgers moet opstaan en binne die regsorde weerstand bied teen hierdie varke se verslawing van die skape onder ‘n kommunistiese slawejuk. Ons moet die verslaafde skape betrek anders sal hulle vir ewig vir die varke-party stem.

Hilda ·

moet ons nou dankie sê Ramaphosa? Soweto(3) het net 2 ure beurtkrag per dag…lekker ne. hoekom ?

Mien ·

Wil ek ook graag weet??? Ons het elke dag tussen 7.5 en 10 ure nie krag!!!!!

Piet 6 ·

Dit is Soweto in KwazuluNatal, nie Soweto in Gauteng nie. Daar is ń hele paar streke om Durban wat so is. Kyk op die skedule wat Soweto(3) wys wat is die munisipaliteit.

Die rede daarvoor is die skade van die vloede verlede jaar.

Ek verstaan Stilhontein by Klerksdorp het ook nie beurtkrag nir.

annie ·

Vertel ons asb meer oor die rol en mag van die sg regstellende-aksie-maatskappye soos Seriti wat die grootste aantal steenkoolvelde in die land beheer, se bydrae tot Eskom se ondergang? Word goeie kwaliteit steenkool nou teen groot wins uitgevoer terwyl ons skarrel om te oorleef, terwyl ander groepe weer beplan om teen groot gewin morsige gas-skepe by ons hawens in te pak vir gastoevoer? Cyril is deesdae ‘n groot sakdoekgebruiker. Interessant… Biden sweet ook deesdae in die kou.

hpven ·

Blikkies, hy gaan die land toespreek, lieg soos altyd en dan niks doen.

Casper ·

Zuma was wel korrup maar was ‘n baie beter president as Ramaphosa wat ook uiters korrup is saam met van sy kaders.Niks onder Ramaphos is ionder beheer nie.Mantashe, Cele en diegene wat nie hulle werk kan doen nie moes al lankal afgedank gewees het.

Sandra ·

Ek dink nie ons liewe president besef watter frustrasie die kragkrisis sy mede land burgers ingedompel is nie. Hy word nie aan die beurtkrag onderwerp nie, hy sit nie aande en dae sonder krag nie, so hy moet maar ander flou verskonings gaan uitdink wat nader aan die waarheid is.

Paul ·

Was ons geagte preident dan nie in beheer van die “war room ” wat onder zuma moes toesig gehou het oor eskom en probleme moes oplos?

Jacobus ·

Die kansellasie van jou besoek is die eerste teken van belangstelling.
Die impak op huishoudings en besighede is astronomies.
Hou op om ons myne te wil sluit, dit is belaglik – dit gaan globaal geen effek op besoedeling hê nie want China skaal geensins af met die bou van kragstasies – trouens hulle smile breed oor die gehalte steenkool wat ons aan hulle lewer.

wiesalweet ·

Soos wat ek verstaan gee Suid-Afrika krag aan die volgende lande: Zimbabwe, Lesotho, Eswatini, Namibia, Botswana, Mozambique en Zambia. Hulle kry GEEN loadshedding nie. Hoekom nie? Moet daar nie eerder gekyk word na die burgers/besighede, ens. van ons eie land nie. Ons president en ministers kan met geen planne vorendag kom nie, want hulle is steeds maar net besig om hulself verder te verryk.

Henri ·

Jou inligting rakende Zambië en Zimbabwe is verkeerd. Hulle gaan onder ‘n erger kragkrisis gebuk as ons. Nie baie nie, maar erger.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Hierdie lande betaal natuurlik baie geld en is dit ñ inkomste vir ANC regering. Seker bang hulle verloor inkomste en aansien as hulle kragtoevoer opskort.

hpven ·

Mosambique lewer al van 70’s af krag aan Suid Afrika. Cahora Bassa skema….

Parmantige samaritaan ·

Na n week, en met meer as 44 000 werkers, kon eksdom steeds nie 11 stukkende opwekkingseenhede herstel nie. PATETIES!!!!! Julle lieg vir die mense van SA. Hier kom opstande wat laas jaar se opstande soos n Sondagskool piekniek sal laat lyk. Hierdie is n doelbewuste poging van die zuma/magashule faksie om die land tot algehele anargie te dryf.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sodra ‘n eenheid herstel is breek twee ander. Daar is waarskynlik sabotasie betrokke, maar Eskom se bates is verouderd. Die skrif was reeds 20 gelede aan die muur.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…..en dan blameer Mantashe vir De Ruiter van sabotasie! Wonder net wie staan nou eintlik agter die deur.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wat ‘n skande om as ‘n Suid-Afrikaanse staatshoof jou gesig by Davos te gaan wys terwyl jy en jou regerende ANC party nie die moed van jul oortuiging het om Rusland, as medelid van BRIGS, aan te spreek oor Rusland Oekraiene binneval en menigde burgerlikes bombardeer en dood. Die ANC moet nie praat van menseregte nie. Die Eskom kragkrises is kinderspeletjies teenoor die moord en doodslag en vernietiging van infrastruktuur en kragvoorsiening aan burgerlikes wat moet oorleef by wintertemperature van minus 10 – 20 grade Celsius. Het die ANC enigsins selfrespek, ‘n gewete en skaamtegevoel? Sies! Ga-ga!

Heinrich ·

Ek staan steeds verbaas dat geen ander politieke partye hulle gewig after die amptelike opposisie ingegooi het met hierdie optog nie. Dit is tog iets wat ons almal raak en nie net die DA se baba nie. Dit sal ‘n baie kragtiger boodskap stuur, ook na die buiteland toe. Imagine ‘n land waar almal kan saamstaan teen die ANC…

LANA is ELANè ·

Leuens, die president en sy swaer Patrice Motsepe staan gereed om met African Rainbow Energy te konkel , sodat hulle van die eerstes privaat mpye is wat krag aan ESKOM gaan voorsien en sommer die hele ESKOM te bestuur. MAW die president en sy familie wil die hele monopolie rondom kragvoorsiening besit, net om steeds hulself ten koste van die belastingbetaler te verryk. Dink hy rerig mense is so oningelig rondom sy doen en late. Almal is nie afhanklik van hoofstroommedia om hul feite te kry nie.

Johan ·

Korrek. Hulle veroorsaak die krisis met opset. Net jammer die media is so vrot om verslag te doen daaroor, dit is terloops nie net met Rainbow nie, daar is ander ook.

Swerwer ·

Belaglik. Ramaphosa kan en het nog nooit iets gedoen wat tot voordeel van die land is nie. Hy smeer heuning om die mond en steun die misdaad wat in hierdie land aangaan omdat hy ook bang is vir sy eie kader wat hy saamgestel het.

domheks ·

Dit sal nie help om hier te bly nie! Jy het al jou besoek aan Charles en Camille kort geknip om die krag krisis uit te sorteer. Wat het daarvan gekom? NIKS! !

Catherina ·

We have had it!! Enough is enough. Look at Soweto,s loadshedding schedule and you will be SHOCKED. Soweto that owes Eskom billions and refuses to pay!! Makes one mad

Wit Leeu ·

AG DIT HELP NOU NET MOOI NIKS ! WAT GAAN HY NOU DOEN, LAAT MY LAG !

Tino ·

Jis maar CR kan lieg! Jy verstaan nie want jy kry nie beurtkrag nie, Nie jy of enige van jou rampokers nie, julle kinders gaan ook nie staatskole toe nie en julle kry ook nie mediese sorg by die staat nie.

Hennie Biebouw ·

A ja Davos…die plek waar biljoenêrs aan miljoenêrs verduidelik wat die middelklas nodig het…

Anna-marie ·

Waar Klaus Swaap aan die inwonwers van die wêreld sê: In die Nuwe Wereld Orde gaan ons almal niks besit nie en tog gelukkig wees…..

Paul ·

Cyril, jy en jou ANC gespuis moet bedank en mense wat weet inkry om julle gemors reg te maak!

Brombeer80 ·

CR Ruk eers jou eie land reg voordat jy enige iets in die buiteland aanpak.

Lorraine ·

Ek sal liewers nie se wat ek “betreur”. Al die betreur help niks. Nog lee beloftes gaan gemaak word soos al vir jare. Mens moet als met paar EETLEPELS sout neem wat daar verkondig word.

TO ·

Jy en jou cronies is die probleem gaan geniet jouself. Wat wil jy nou eintlik doen, die snacks eet want vir 5 jaar doen jy niks. Maar lekker gaan dit wees as eskom vou, want dan is daar ook nie krag om julle generators vol brandstof te hou nie. Miskien sal jy en Jou useless cronies dan uit julle slaap ontwaak

Allop ·

Hoe gouer die ANC verwyder word hoe beter. Geen bevrydingsorganisasie kon nog ooit n land bestuur nie Neem die hele Afrika as voorbeeld.Sulke organisasies kan net afbreek en niks opbou nie

Eugene ·

Wat gaan ramaphosa nou doen aangesien hy die afgelope paar jaar nie vir de Ruyter gehelp het nie?

Nie Verbaas ·

So Ramapokker, hoekom bly jy? Asof jy n verskil gaan maak.

Di ·

Hy kan maar GAAN, doen in elke geval NIKS aan die probleem nie. De Ruyter het hulle al 2 jaar terug gewaarsku dat dit gaan gebeur en tot hede toe NIKS daaraan gedoen nie. USELESS verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.