Ramaphosa kap terug na Zuma oor sakebelange

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Oudpresidente Jacob Zuma en Thabo Mbeki moet eerder opbouend met pres. Cyril Ramaphosa in gesprek tree oor hul kritiek as om dit van die dakke af te skree.

Só het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie by die Uniegebou gesê in reaksie op Zuma se striemende aanval die afgelope naweek en Mbeki se kritiek.

Magwenya het gesê Zuma en Mbeki weet hoe om met Ramaphosa kontak te maak en moet eerder direk met hom oor hul bekommernisse praat.

“Julle president het hoogverraad gepleeg en julle almal bly stil … Julle president is korrup,” het Zuma die naweek tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Zuma het van die geleentheid gebruik gemaak om na Ramaphosa en die sogenaamde Phala Phala-skandaal te kap.

“Geen president behoort privaat sake te doen terwyl hy in sy amp is nie. Dit strook nie met die ampseed wat deur [die] president afgelê is nie … Ons land se probleme is te groot vir ʼn president wat besig is om agterlangs sake te doen.”

Rakende dié bewerings het Magwenya gesê Ramaphosa het in 2014, toe hy adjunkpresident geword het, ʼn proses begin om aan die etiese kode te voldoen ten opsigte van sy finansiële belange.

Die etiese kode vereis dat lede van die uitvoerende gesag van finansiële belange, wat aanleiding kan gee tot ʼn botsing van belange, ontslae moet raak óf die administrasie van sodanige belange onder die beheer van ʼn onafhanklike en professionele persoon moet plaas.

Volgens Magwenya het Ramaphosa besluit om van daardie belange ontslae te raak en hy het hom aan die Shanduka-groep onttrek en ontslae geraak van sy belange in “gereguleerde” sektore soos die mynwese, telekommunikasie en energie aangesien dit aanleiding tot ʼn botsing van belange kon gee.

Hy het sy belange in sommige “nie-gereguleerde” sektore soos eiendom en restaurante behou, het Magwenya gesê. Dié belange is onder die bestuur van onafhanklike en professionele persone geplaas en Ramaphosa het sedertdien daarvan ontslae geraak.

Ramaphosa se boerderybedrywighede was volgens Magwenya nog nooit deel van Shanduka gewees nie en dus kan dit volgens hom nie aanleiding tot ʼn botsing van belange gee nie. Dié belange is aan die parlement en die sekretaris van die kabinet verklaar.

Ramaphosa verdien nie ʼn salaris uit sy boerderybelange nie, aldus Magwenya. Die inkomste wat  verdien word met die verkoop van wild en vee dek salarisse van werkers, instandhouding van die eiendomme, en die res word herbelê in die teel van unieke wild- en veespesies, veeartsenykundige dienste en ander verwante koste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

wendy ·

Ekskuus zuma praat van skelm wees hy kan praat wat het hy en die guptas gedoen met eskom enn vele ander

Republikein in die Wes Kaap ·

Zuma se skelm streke was aan almal bekend, maar Ramaphosa se skelm streke gebeur agter toe deure.

Jakkie ·

Politici kyk net na hulself…..en hul meelopers voel niks vir die gewone persoon…..

Sobymykoolkop ·

Ramaphosa wat tydens die ” verlore” 9 jaar Zuma se adjunk en het geweet waar om zuma in die hande te kry. Hoekom het hy stilgebly? Zuma is reg, die media is maar bra stil oor die miljoene in die bank weggesteek.

Nie Verbaas ·

Presies wat jy sê maar Ramaphosa is n slapgat. Hy het beslis geweet van alles wat aangaan en is net so skuldig soos Zuma.

Jakkie ·

Ben Schoeman was lank minister van arbeid en minister van vervoer en het self baie groot geboer met sitrus en katoen

Blikkies ·

Daai Geskiedenis is al begrawe, as jy dalk vergeet het ‘n nuwe regering het al 30 jaar terug oorgeneem. Hoe kan Ben Schoeman en sy trawante se skandes nou vandag se probleme beter maak? Kom eerder met ‘n lekker voorstel.

Jakkie ·

My probleem is dat die Broederbond al daardie tyd “kaderontplooiing” gedoen het en dat politici steeds net na hulself omsien en vere voel vir die gewone persoon …..voorstel is dat politici nie 2 werke verrig nie……..

B-Man ·

Jakkie, ek dink die verskil is net dat die vorige regime gevat het wat oorgebly het na dienste gelewer is, maar die huidige klomp vat eers en kyk dan wat bly oor om mee dienste te lewer.

Dirk ·

Zuma jy moet stilbly en eerder teruggaan en kyk wat se oneerlikhede jy alles gedoen het..

Danie ·

Politiek is n vuil spel met geen reels.Laat hulle vir hulle kry.

Hercules ·

die segsman kry seker ‘n enorme vet salaris, ‘n bees of twee en deel in Ramaphosa se biljoene!!

Papsak ·

Nie een van die twee kan eindlik praat nie altwee ewe skelm en ongeletterd so as ek hulle was sou ek nie my bek rek oor dit nie

Pieter ·

Hoe se hulle dit vat een skel om n ander skelm te vang. Kry die popcorn, en kyk watse geheime kom hier als uit. Catch a wakeup, julle is almal vir die laaste 28 jaar skelm en korrup, van die kop af reg deur to by die stert

Casper ·

Jakkie,net ‘n teregwysing dit was eintlik Hendrik Schoeman.Mnr.Mangwenya moet asseblief nie my intelligensie onderskat nie,natuurlik steek die president ‘n paar dollar in sy sak.

wiesalweet ·

Dis baie waar Casper. Watter boer verdien nie geld uit sy boerdery nie? Dink hulle ‘n mens is onnosel? Ja, saam met dit is daar skuld en uitgawes en mense wat betaal moet word, maar geen geld – AIKONA!!

Jakkie ·

Casper beide het geboer en beide was minister van vervoer, is net Hendrik Schoeman wat gesê het wil hulle vlieg of will hulle eet toe daar oor die SAL se kos gekla is

Mariana ·

Die hele spul is korrup. Hulle moet mekaar maar uitsorteer, ons is te besig om te probeer oorleef in ‘n SA wat uitmekaar val.

Pietertjie ·

Soos Animal Farm se varke by die trog. Of was dit by die boer se eetkamertafel? Die plaasdiere se lot het niks met hulle uit te waai nie.

whatever ·

Goed so, laat hulle onder mekaar oorlog maak. Ons sal maar op die kant sit en die sirkus dophou

Di ·

Die grootste KORRUPTE SKELM met die grootste mond. Hy ly seker aan geheueverlies of wat want hy het die HELE land verwoes met staatskaping saam met die Guptas saam met sy seun.

Piet parys ·

En die hele lot staan saam agter die deur en verontskuldig hulle self . KORRUPTE REGERING VAN 94 AF .

Althes ·

Zuma sal als in sy vermoë doen om Ramaphosa te topple soday hy en sy tjommies nog ñ paar staatskapingsprojekte kan doen.

JohanR ·

Skelm se vir skelm sleg, en dan se skelm weer vir skelm sleg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.