Ramaphosa maak beloftes in Jagersfontein

Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan rampgeteisterde Jagersfontein. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag die inwoners van Jagersfontein daarvan verseker dat sy regering ondersoek sal instel nadat ʼn slikdam Sondag vroegoggend gebreek en grootskaalse verwoesting in dié Vrystaatse dorp gesaai het.

“Dit is ʼn ongeluk. Sommige mense dink dit is ʼn mensgemaakte ongeluk. Ons gaan ondersoek instel,” het Ramaphosa Maandag inwoners verseker toe hy en ʼn afvaardiging die rampgeteisterde dorp besoek het.

Minstens een persoon en honderde diere het in die ramp omgekom. Vier mense word in dié stadium nog vermis en 23 is in die hospitaal opgeneem, aldus Lindiwe Mnguni, ʼn provinsiale regeringswoordvoerder.

Minstens 51 huise is in die proses vernietig.

Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan rampgeteisterde Jagersfontein. (Foto: GCIS)

Lede van die gemeenskap was aanvanklik vies omdat Ramaphosa by sy aankoms op die dorp vinnig by die Diamant-hospitaal ingeglip en nie die wagtende skare toegespreek het nie. Hy het toe wel op ʼn later stadium en op ʼn ander plek die inwoners toegespreek.

Ramaphosa het tydens sy besoek regeringshulp aan geraakte inwoners belowe. “Die regering gaan hier wees, saam met jou werk en hierdie reis saam met jou stap,” was die president se woorde aan hulle.

Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan rampgeteisterde Jagersfontein. (Foto: GCIS)

Volgens die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is daar meer as 200 diere wat nié die ramp oorleef het nie.

Reinet Meyer, ʼn senior inspekteur by die DBV, het aan AFP gesê 568 diere is tot dusver gered. Sowat 40% van dié diere moes egter van kant gemaak word nadat hulle te veel modder ingeneem het.

“Ons is nie seker hoeveel diere in totaal gevrek het nie, want baie sit nog vas onder die modder wat redelik diep is,” het Meyer verduidelik.

Die diere wat gered is sluit in honde, katte en reptiele soos slange.

Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan rampgeteisterde Jagersfontein. (Foto: GCIS)

Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan rampgeteisterde Jagersfontein. (Foto: GCIS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Elize ·

Wonderlik dat parrapot aan die mense sê “sy regering” gaan ondersoek instel

Nie Verbaas ·

Enigste ondersoek sal wees om te kyk waar kaders kan skep, net soos in KZN.

Pieter ·

Moenie te veel verwag van die Marikana slagtig aanhitser nie. Hy was toen voorsitter van Lonmin met die ANC hoed. Die regering se hulp na die April vloede is ook swak. En dit is ons belastingbetaler geld.

Snowball ·

Dieselfde standaard bystand en hulp as in KZN, Meneer die President van leë beloftes en lekker lieg?

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek hoop nie sy skoene het te vuil geword nie.

Watsenaam ·

En sy lakei mal-emmer was nie daar om sy skoene te poets nie. eish die lewe is swaar.

Manda ·

Kan nie glo wat ek hier lees nie! Dis nou al sedert April wat die vloed geteisterde inwoners van KZN steeds wag vir hulle beloofde hulp! Lyk my beloftes maak NIE skuld, as dit by ons Presudent kom.

Di ·

Glo nie ‘n woord wat uit sy mond uitkom nie. LEE BELOFTES, keer op keer

Kokerboom ·

Nuttelose leë toesprake en beloftes..soos altyd ..op belastingbetalerskoste

Antie Sarie ·

Die opskrif is verkeerd. Dit moet wees “Ramaphosa maak leë belofted in Jagersfontein”

Jr ·

Antwoord my net een vraag. As die govt, Palestinia en Rusland support dan is dit die “mense van Suid Afrika “. Maar hier in Jagersfontein is dit” die regering ” wat die mense help. Nie die ander organisasies soos Givers, SPCA doctors, ens. Ironies nê?

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou beskuldig die ANC in KZN dat Givers die IFP steun in die provinsie.

Grassie ·

Hy sal sy peoples hemel en aarde beloof, sommer die helfte van sy koninkryk ook, as hulle tog net vir hom sal stem en sommer ook vergeet van sy bankstelsel op sy wildsplaas. Soos gewoonlik sal sy beloftes net ‘n bol wind wees wat verbywaai.

TRP ·

Gaan al die mense van die dorp hulp kry of weer net ‘n sekere deel?

Die opsrif kort een woord “lee”…

Dries ·

Opskrif moes lees. Ramaphosa lieg weer lekker in Jagersfontein

Republikein in die Wes Kaap ·

Of “Ramaphosa jaag aan in Jagersfontein”.

Saartjievandiebosveld ·

Agh…rerig…dink jy. jy word geglo…eish
Kyk hoe lyk KZN….Gaan dit daai tipe help wees….

PieterJ ·

En? Hy maak mos maar altyd belfotes, net beloftes, en niks meer.

Annamarie ·

Ag foeitog!!! Glip by die agterdeur in, met n pak klere?. Duidelik nie reg aan getrek vir die “job”.

Samuel ·

Ag tog Cyril, hou op leë beloftes maak. Jy weet jou regering sal net mooi niks doen om mense se nood te verlig nie. Geniet jou vakansie in Amerika en later in Brittanje.

mynie ·

So as almal nuwe huise gaan kry, kan ons vertrou dat dit dieselfde soort huis gaan wees wat verwoes is, of gaan almal n RDP huisie kry en jy het geen sê waar die “nuwe” huis gaan staan nie..

Vonkprop ·

Hoekom het net een tannie ‘n neon weerkaatsing toppie aan en die res loop asof hulle vanaf ‘n ANC ete kom? Hulle kan mos lelik val en seerkry sonder die nodige beskerming. Ons wil tog nie hê ons briljante en eerlike president moet val nie. Kon seker nie betyds ‘n tender bewillig om beskermde klere en toerusting te bekom nie. Die mense is veel beter af met hulp van ander instansies en mense af. Hulle sal lank wag vir die ANC se hulp.

Andries ·

Soos 25 miljoen van Natal-vloede voete gekry het voor die geld vrygestel was.

Anel ·

Hy gaan hulle help soos hy KZN gehelp het. Nog niks het daar gebeur nie. Hoe gaan dit nou anders wees?

Johann ·

Siek desperaatheid van die bankrot ANC en sy “prez”. Sal die desperaatheid van mense misbruik tot eie gewin en “look good” besoeke.

Christo ·

Een ding wat hulle goed kan doen. Beloftes maak….. en dit dan nie nakom nie.

Peter ·

Nes sy beloftes dat Eskom dringend uitgesorteer sal word, pathetic

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.