Ramaphosa wil uitreik na Afrikaanses oor die volkslied

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Suid-Afrikaanse leiers moet uitreik na Afrikaanssprekendes sowel as ander gemeenskappe rakende hulle bekommernis oor die sing van die volkslied, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het die uitlating gemaak nadat joernaliste in Kaapstad vir hom gevra het of hy dink die weiering van sekere prominente Suid-Afrikaners om al die dele van die volkslied te sing, beteken dat die land se doelwit van maatskaplike samehorigheid misluk het.

“Ek glo nie dat maatskaplike samehorigheid in ons land besig is om uitmekaar te val nie,” het Ramaphosa geantwoord. “Ons kom uit ‘n gebreekte verlede…en ons het wonde wat moet voortgaan om genees te word en van die wonde het te doen met die volkslied.”

Ramaphosa het gesê dit is jammer dat daar omstredenheid rondom “Die Stem” is. Dit kom nadat Steve Hofmeyr dit gesing het en die EFF gevra het dat dit die gedeelte van “Die Stem” in die volkslied verwyder moet word.

“Ons moet uitreik na sommiges onder ons, ons landgenote. Ons moet uitreik na hulle ten einde hulle frustrasies te verstaan, sowel as die gevoel van moedeloosheid wat hulle voel wanneer hulle reageer op die manier wat hulle doen,” het hy gesê.

“Dit gaan oor die bou van ‘n nasie en ons moet ‘n hand van vriendskap, ‘n hand van voortgesette versoening uitreik na diegene wat voel dat die volkslied hulle nie meer verteenwoordig nie, en dit kan aan albei kante gebeur.”

Ramaphosa sê oudpresident Nelson Mandela het een keer ANC-lede tydens ‘n geleentheid berispe nadat hulle slegs die Nkosi Sikelel’ iAfrika-gedeelte van die volkslied gesing het. “Hy het gesê dit gaan oor die bou van ‘n nasie en dat ons die hele volkslied moet sing.”

Ramaphosa sê hy sal betrokke raak by die saak. “Ek wil dit ook my verantwoordelikheid maak om uit te reik na die Afrikaanssprekende mense, en ook talle Afrikane, wat dalk voel ons wen nie met ons doelwit vir maatskaplike samehorigheid nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Ek sing geen ander lied, BEHALWE DIE STEM ! Dit is MY Volkslied.

Philip Swanepoel

Sing sal ons “DIE STEM” sing, en elke keer uit volle bors uit!!!!

Paplepel

Dis dalk tyd vir ‘n heeltemal nuwe volkslied. Die Stem gaan altyd verguis word en Nkosi is nie uniek as ‘n volkslied nie. Daar is ten minste nog 3 ander Afrikastate wat ook Nkosi as ‘n volkslied gebruik. Daar mag nog meer wees. Vir ons gaan Nkosi altyd ‘n negatiewe konnotasie hê. Kom ons begin nuut.

Johan

Ek wil amper se: “Too little too late Cyril”. Maar as jy wil probeer is jy welkom. Ek twyfel egter of jy die onderliggende goed sal kan aanspreek soos BBBEE, die feit dat daar teen my kinders gediskrimineer sal word as hulle moet kompeteer vir erkenning in verteenwoordigende sportspanne of as hulle wil aansoek doen vir keuring om te studeer vir sekere beroepe, dat hulle hoer punte moet behaal as die outjies teen wie hulle moet kompeteer vir daardie keuring en dan nog steeds nie gewaarborg is om keuring te kry nie, dat die ongelykhede van die verlede “reggemaak” word… Lees meer »

Peter Says

Mnr Ramaphosa, uitreik na die Afrikaner, dit is musiek in ons ore, kom ons wag en kyk of jy werklik jou woord gestand gaan DOEN ???