Ramptoestand ‘dalk opgehef’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die nasionale Covid-19-bevelsraad oorweeg dit om die nasionale ramptoestand te beëindig namate die koers van Covid-19-infeksies daal.

Dit is Woensdag deur pres. Cyril Ramaphosa bekendgemaak toe hy op medianavrae reageer het tydens die bekendstelling van die nuwe NantSA-aanleg – ʼn entstofvervaardigingsaanleg wat deur die miljardêr Patrick Soon-Shiong gestig is.

Volgens Times Live het Ramaphosa gesê die heroorweging van die ramptoestand volg ná ʼn aantal mense en organisasies die afgelope twee jaar die instelling van die rampwetgewing betwis het.

“Ek dink sedert die Covid-19-pandemie ons land getref het, het ons dit goed deur middel van die ramptoestand bestuur. Daar is nou wel ʼn sterk saak daarvoor dat ander ‘metodes’ gebruik moet word om die pandemie te beveg,” het Ramaphosa gesê.

Die bevelsraad sal die kabinet eersdaags oor hul besluit inlig.

Maroela Media het vroeër berig die ramptoestand is Vrydag tot 15 Februarie verleng. Daar was groot teenkanting teen hierdie besluit.

John Steenhuisen, leier van die DA, het gesê die ramptoestand ondermyn maatskaplike, ekonomiese en demokratiese herstel.

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het ook versoek dat die ramptoestand opgehef word. Hy meen die regering het oorgenoeg tyd gehad om alternatiewe bestuurstelsels, afgesien van ʼn ramptoestand, in werking te stel.

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het reeds in November verlede jaar gesê dat die regering se besluit om die ramptoestand tot 15 Januarie te verleng “skadelik en strydig met feite” is en op magsmisbruik deur die regering neerkom.

Engeland se regering het ook Woensdag gesê die meeste Covid-19-regulasies sal vanaf volgende week opgehef word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Adriaan ·

“Ek dink sedert die Covid-19-pandemie ons land getref het, het ons dit goed deur middel van die ramptoestand bestuur.”

Die wyse waarop die maatreels menseregte vertrap het is n misdaad teen die mensdom.

Andries ·

Die bevelsraad is ‘n volkome kommunistiese en ondemokratiese vergryp. In die vervolg behoort die parlement (alle politieke partye gesamentlik) oor ‘n noodsituasie te besluit.

Samuel ·

Mens kan net hoop die regering kom tot sy sinne. Hierdie ramptoestand is onsinnig en baie mense steur hulle in elkgeval nie aan die regulasies nie. Net die regering baat daarby omdat hy sy sentrale beheer oor die bevolking behou.

Anton ·

Ongelukkig is daar BAIE waaroor hulle tot hulle sinne moet kom

Juffrou ·

Ons is só voos oor dié pandemie. Die enigste ramp in dié land is ons regering self!

Kobus ·

@ Adriaan. Stem saam maar teleurgesteld omdat die ander politieke partye nooit teen dit opgestaan het nie. Almal het saam met ANC gestem.

Johnny ·

Inderdaad. En die DA se administrasie in die Kaap was een van die felste toepassers van daardie belaglike regulasies.

Christine ·

Stem saam. Die DA het waterkanonne gebruik teen onskuldige betogers, ou vrouens wat met honde gaan stap het, mense wat gaan draf het en swemmer op die strande, geterroriseer. Geen respek vir die DA nie, hoop hulle het sederdien tot hul sinne gekom.

Johan ·

Dit is enige politikus se grootste droom…onbeperkte mag oor hulpelose slawe…almal behalwe lyk my die ACDP.

VaalDonkie ·

Die ramptoestand gaan nogsteeds aanhou in ons maatskappye wat ons soos kudde gaan behandel en elke ses maande dip en dous.

Robert ·

Indien dit opgehef word is daar geen rede vir mandate nie.

VaalDonkie ·

Moenie dit vir MY vertel nie, vertel dit vir my maatskappy!

Johan ·

Jammer om te hoor maat, byt nog bietjie vas, dit sal oorwaai. By ons het 80% vrywillige gaan dose sonder dat bestuur iets gesê het, hulle wou nog beleid skryf maar toe hul uit die opname sien hoeveel klaar hul gif gevat het is daar toe net besluit om niks verder te sê nie. Hoekom nou 20% dwing en hulle teen jou kry. Dis wat ek ook nie verstaan van Discovery nie 97% het gegif, hoekom nou die laaste 3% dwing? Wys jou wat se siek bestuurders daar is.

Robert ·

Daar moet in totaliteit gekyk word na die ramp/noodtoestand wetgewing, in my opinie strook dit nie met ons grondwet nie. Die hele parlament moet in die toekoms so iets goedkeur, nie ‘n klein elite van die regerende party nie.

Johan ·

Net so Robert, dit moet totaal geskrap word. Wanneer is dit nodig vir n diktatorskap, NOOIT.

Robert ·

” ʼn entstofvervaardigingsaanleg wat deur die miljardêr Patrick Soon-Shiong gestig is.” daar het jy dit, die eintlike mag agter die pandemie. China!

Marianna ·

Ja kom ons volg the Britte. Geen maskers, geen afstandbeheer, geen verpligte intentings. Toe Ramaphosa, volg die Britte.

Johnny ·

Interessante ding dat jy maar net mooi nêrens lees van die ophef van al die maatreëls deur die Britse regering nie.
As iemand steeds gewonder het oor die media se motiewe . . .

Anel ·

Ons kinders is op die oomblik daar en die opheffings is wel waar.

Anel ·

Hef dit nou op, want dit dien al lankal nie meer sy doel nie. Dit is net vir ou kopdoek om te wys sy is in beheer soos die een in Australië. As Engeland dit kan doen, wst in die middel van hulle WINTER is hoekom kan ons, wst in die middel van SOMER is dit nie doen nie. Of mowt ou Rama eers by kopdoek toestemming kry?

Johan ·

Hy moet eers by die WGO toestemming kry. “Rule Africa with Africans”.

Martin ·

Enigiemand maak foute niemand is perfek nie maar ek het in my lewe gesien hoe dom onnosel en breindood ons Covid-19 bevelsraad is dit gaan my verstand te bowe. Jy word verbied en gedreig met arrestasie deur die polisie om op ‘n groot oop strand te gaan stap (met jou masker aan) net om bietjie mensdom en vryheid te geniet, maar jy mag 3km daarvandaan in ‘n oorvol inkopie sentrum met duisende mense vry rondloop want dit is “veilig in die mall”. Wat mis ek of verstaan ek nie?

ᛄᚪᚾ ·

Die beste was die sluit van winkels wat “nie noodsaaklike goedere” verkoop. En die bevelsraad wat toe besluit welke klere te koop mag wees met die draai van die seisoen in 2020, baie mense, ek inkluis, het gesukkel om kinder klere te kry vir die koeler weer.

Gerhard ·

Ja, ek het daardie vraag ook gevra die vorige Desember toe die sogenaamde bevelsraad ons toegemaak het. Daar sit ek, kon nie eers bietjie op die strand gaan stap waar ek veilig is nie, maar toe ek vinnig mall toe ry om paar goedjies te gaan kry, toe skuur die mense by die duisende in die mall skouer, soveel so dat ek eintlik benoud geraak het van al die mense. 80% van daardie mense sou op die strande gele en in die see geswem het, waar dit veilig in die buitelug is, maar nou ja, kopdoek en haar sidekicks het mossssss die besluit gemaak. Die ramptoestand beteken niks nie. Verder, wonder hoeveel het China vir Rama aangebied vir die kliniek……..iemand maak beslis geld, sonder twyfel.

Dirk Mostert ·

Die S.A. medici wat nie papegaaie is nie kan op een hand se vingers getel word.

Johan ·

Probeer nou vir klein kindertjies verduidelik hul mag op die padjie loop maar nie in die sand speel nie, dis vreeslik. Het selfs n waarskuwing gekry van n Poot omdat my 5jarige deur die heing oorgeleun het om aan die sand te vat. Staan op die loop paatjie tussen 10e mense maar mag nie op n oop strant nie. Waar was die DA toe?

Mariana ·

Ramapoza kan hierdie sogenaamde ramptoestand sommer nou dadelik eindig, hoekom wag hy, vir wat wag hy. Die bevelsraad het hul doel gedien. Die miljardêr het sy geld gegee, so daar is nou niks meer wat nodig is om als op te hef nie. Waarvoor wag hy?

Porseleintjie ·

Die “ramptoestand” sal eers opgehef kan word as Ramaphosa besef hy is die eintlike president en nie kopdoek nie.

Esme ·

Ek het verskeie vrae en ek hoop dat ‘n forum hierdie vrae sal kan aanspreek en beantwoord:
Waarom word ‘n Entstofvervaardiger op die been gebring? Is dit ‘n verdere vorm van verryking deur individue van die Covid 19 Bevelsraad?
Gaan lede van die Covid 19 Bevelsraad krimineel vervolg word vir Misdade teen die Mensdom en hier verwys ek spesifiek na Mnr Covid homself en Dr Nkosazana Dhlamini Zuma?
Gaan lede van die Bevelsraad hul finansiele gewin terugploeg in die land, wat hulle vernietig het?
Die WGO, Dr Fauci, Mnr Bill Gates – hoe gaan hulle inwoners vergoed wat so baie verloor het, of is die verwagting dat dit uit die agtersak van die President gaan kom?
Individue en pasiente wat onetiese behandeling ontvang het, binne hospitale – gaan hulle mediese fondse vergoed word.
Na behandeling in ‘n Life Hospitaal het ek meer nagevolge agv verkeerde Mediese Protol. Hoe gaan ek finansieel vergoed word?
Dr Angelique Coetzee – skandalig

Vlooitjie ·

Niemand gaan en wil die vraag beantwoord nie.
Die oorgrote meerderheid mense wat pro vax is voel ‘n veer vir die mense wat newe effekte opgedoen het van die inspuiting of die wat versigtig is daarvoor en juis daarom nie wil vax nie. Dit word nog steeds gedryf dat NET die un-vaxxed die mense is wat ander siek maak en ook dat dit NET un-vaxxed mense is wat in hospitale is. Die lande waar meeste van mense “ten volle” inge-ent is se Covid probleme word nie minder nie, inteendeel.. En as jy nou nog dink aanvullings dosis op aanvullings dosis, op booster shot, op booster shot is veilig en gesond vir jou dan moet jy dalk weer dink. Ek twyfel sterk of “fully vaccinated” ooit gaan ophou, so besluit maar self. Eventually bly dit ‘n keuse met nagevolge beide kante toe.

Johan ·

Veral daai laaste “Dr” wat jy noem. Sy behoort nooit weer toegelaat te word om as professionele persoon op te tree nie. Sy is absoluut boos.

Hendrik ·

Die wet wat bepaal dis krimineel om nie masker te dra nie, val dit onder die rampbestuur wet of gaan dit wet bly? As die ramptoestand opgehef word, wat val alles weg? Hulle het so gechop en change dat niemand kan byhou nie.

Oros Soros ·

Dit is in die rampbestuur regulasies. Die Minister kan regulasies maak, maar wette kan net deur die parliament aanvaar word. Ek dra nie kennis van enige Covid bepaling of regulasie wat voor die parliament geplaas is vir ratifikasie nie.

Martin ·

Daar is nie pille vir domheid nie. Ek hoop van harte dat ons eendag almal kan terugkeer na “normaal” en weer sonder gesig maskers kan rondloop. Met betrekking tot inenting voel ek dit moet vrye keuse bly en nie verpligtend wees of raak deur instansies nie, die individu wat dalk nie die entstof wil vat nie en siek raak, dit is elkeen se eie keuse of jy dit wil vat of nie vir wat ookal jou rede. Ek stel voor dat mense moet besef dat daar vir duisende jare kieme en siektes op hierdie planeet is en dat daar vir nog duisende jare kieme en siektes sal wees, die goeie Vader het ons mense so geskep dat ons liggame vanself ‘n natuurlike weerstand opbou teen sekere siektes. Êrens sal die wêreld leiers die streep moet trek en die Covid-19 regulasies afskaal en almal aangaan met hulle lewens, dit sluit kopdoek en kie in.

Henry ·

Stem! As mens egter verder lees, sien jy dat “ander metodes gevolg moet word”. Ek vermoed sterk dat die entstof verpligtend gemaak gaan word, en dat jy aanvanklik nie by publieke byeenkomste, insluitent restaurante mag ingaan sonder dit nie, en dat die strop al hou stywer getrek gaan word, tot jy nie meer toegelaat sal word in ‘n winkel om kos te koop, of brandstof te koop, of ‘n huis te besit ens sonder die sogenaamde paspoort nie, en dat jou bank rekening ook uiteindelik gevries gaan word om jou te verplig om die entstof te vat.

Henry ·

Moenie so vinnig bly word omdat die ramp toestand dalk opgehef gaan word nie. Lees verder: “Daar is nou wel ‘n sterk saak daarvoor dat ‘ander metodes’ gevolg moet word. Hy is deel van die nuwe wereldorde wat waarskynlik nou die vaccine passports gaan gebruik (lees misbruik) om jou van jou menseregte te ontneem met die verskoning van ‘n siekte wat minder is 1% van die wereld se bevolking laat sterf het, en die “vaccine” op jou gaan af dwing en jou reg om uiteindelik te werk, kos te koop, ‘n huis te besit ens gaan wegneem. Kyk mooi, die puppet volg in die res van die wereld se voetspore!

Johan ·

Nee wat sy Engelse meesters het ook die paspoort laat vaar.

Louise ·

Dit is die beste nuus ooit, want ek het ‘n “bacterial infection” in my oë as gevolg van masker dra.

Swerwer ·

Ag hierdie sogenaamde ” Covid 19 Ramptoestand” is net ‘n politieke speelbal van die ANC. Die ANC kader het hul in elk geval nie aan die inperkings gesteur nie behalwe om dit tot voordeel van hulself te gebruik

Jaco ·

Ramptoestand is goed bestuur ja, so goed dat:
1. Wit mense aan die begin van inperking nie kospakkies mag gekry het nie
2. Talle besighede (baie in wit besit) moes toemaak/bankrot gespeel het
3. Miljoene van nogal ramaphosa se eie our people werkloos geword het
4. Strande in Des 2020 en Jan 2021 gesluit was en wit toeristebesighede aan die kus hulle beste inkomste van die jaar verloor het

En so kan my lysie met eintlik nog ‘n klomp goed aangaan.

Ockert ·

Britse Eerste Minister het reeds in parlement aangekondig dat ramptoestand opgehef is en dat die dra van maskers van volgende week ook opgehef is. Vaccine sertifikate is ook nie meer verpligtend in die Britanje. Hier sal dit definitief nog ‘n rukkie neem

madels ·

Is dit nou nie interessant dat baie lande nou skielik besluit dat die virus nie so erg is nie.!?? Hierdie hele “virus ramp toestand” was van die begin af n totale klug!!!

Dirk Mostert ·

Hy lei van agter. Noudat Bojo die lig gesien het kom daar soortgelyke geluide van elders in die buiteland. Maar staak ook die dwase voornemens om entings te verplig. Daar is reeds regsaksies om almal wat entstowwe gepropageer het op die beskuldigdebank te plaas.

Marius ·

Hy cover nou net vir Mev Kopdoek want sy moet mos binnekort haar aanhoudende verlengeng van die ramptoestand in die hof gaan verduidelik en die Kopdoek Kamp plaas nou druk op hom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.