SAKP verskerp veldtog oor Walus-parool

Janusz Walus (Foto: Facebook).

Die SAKP, tesame met die vermoorde Chris Hani se familie, het Woensdag hulle pogings verskerp om Janusz Walus weer agter tralies te kry.

Die party het die Konstitusionele Hof genader om die besluit om die Poolse immigrant op parool vry te laat “te heroorweeg en te herroep”.

“Daarbenewens het ons ook dokumente by die Afrika-kommissie vir Menseregte ingedien as deel van die wetlike weë wat tot ons beskikking is om geregtigheid en gelyke toegang tot howe te soek,” sê dr. Alex Mohubetswane Mashilo, woordvoerder van SAKP.

“Ons eis onder meer ook ʼn volledige ondersoek na die sluipmoord op Chris Hani om aanspreeklikheid te soek en geregtigheid te laat geskiet.”

Die departement van justisie en korrektiewe dienste het Walus Woensdagmiddag op parool vrygelaat nadat hy reeds 28 jaar lank agter tralies was vir die moord op Hani. Sy vrylating was egter met ʼn week lank vertraag nadat ʼn medegevangene hom in die tronk met ʼn skerp voorwerp gesteek het en hy eers mediese behandeling moes ontvang het.

Hani se geliefdes het Woensdag hulle teleurstelling uitgespreek oor Walus se vrylating.

Die SAKP het intussen onderneem om saam met sy bondgenote voort te gaan om teen die paroolvrylating te betoog.

“Ons sal nie afgeskrik word nie. Ons gaan voort met ons 135 dae aksieprogram tot 10 April 2023, die 30ste herdenking van Chris Hani se dood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Nettie ·

Betoog omdat geregtigheid geskied het? Julle betoog teen God!
Hy vergewe slegs die wat self ander kan vergewe…

piet ·

Onthou net hierdie gaan beide kante toe. Vergewe julle die plaasmoordenaars?

Waarnemer ·

Gaan die sakp ook vra dat al die plaasmoordenaars wie na 3 maande vrygelaat is ook terug gaan tronk toe vir minstens 30 jaar?

Cherokee ·

Herinner ons aan plaasmoordenaars wat na 3 maande vrygelaat is.

Gert ·

Ek wonder wie sal nou jou aanmerking afskied omdat jy vra vir die toesluit van plaasmoordenaars?

Christo ·

Die man het sy vonnis dubbel en dwars uitgedien, wat verstaan die mense nie. Plaas moordenaars by die honderde loop nog vry rond en hul geliefdes moet maar aanvaar en aangaan met die lewe. Hoe onregverdig? Ek praat nie die daad goed nie maar hel, wat gaan aan in ons land? Kyk die uitsprake van Lesufi, jy mag nie haat nie maar die vet weet, dit raak al hoe moeiliker om nie te haat nie.

M ·

Stem 100% saam. Hy het langer agter tralies deurgebring as Nelson Mandela????????

Cherokee ·

En nooit het ek êrens gelees dat Mandela berou uitgespreek het, nie.

Christine ·

En Mandela met sy bomme het hoeveel onskuldiges gedood en vermink agtergelaat. Die SAKP en ANC dink vergelding moet slegs deur blankes betaal word.

Gerhard ·

Wha ha ha ha ha ………. volledige ondersoek oor die sluitpmoord, 30 jaar na die man se moord. Wat rook die mense…… hulle moet net ‘n brug bou en oor dit kom, die man is vry na langer as wat Nelson Mandela gesit het.

Annelie ·

Ai tog. Mev Hani en Kie. Die verlede is verby. Los die dooies uit en los vir Janusz uit.

Anel ·

Ag, man, kom daar oor. Howveel moordenaars loop nie vry rond nie, verkragters en wat doen julle daaromtrent? Die man het sy vonnis dubbel en dwars uit gedien. Miskien het hy ons ‘n guns gedoen. Pkeks word hy nou op ‘n vliegtuig gesit en Pole toe gestuur. Hier gaan hy dit defnitief nie maak nie. Mens kan maar net vir hom bid!

domheks ·

Rassistiese SA. Laat die man terug gaan Pole toe! Dis waar hy hoort.

Althes ·

Wat maak Chris Hani meer spesiaal as duisende mense wat vermoor word en hul moordenaars nie eens hul vonisse heel uitdien nie? En kinderverkragters?
Sies SAKP, veg eerder vir die geregtigheid van die weerloses.

Henry ·

Shame. Hulle moet nou vergeet en vergewe. Wat van al die ander moorde elke dag.

Koos 100 ·

Our people het geleer dat hulle met geweld hofbeslissings kan verontagsaam en daarmee wegkom. Dink maar aan Zuma se 2 nagte in daai hotel in KZN, en toe sy parool. Die hof het beslis dat hy moet terug tronk toe, maar hy is steeds te “siek” om terug te gaan.

Gert ·

Dis net weer leë blikke wat geraas maak. Ek neem aan hy moet in die tronk bly tot hy sterf volgens hulle?

Cornrit ·

Wat van al die moorde wat gepleeg word, en die moordenaars kry na 5 jaar parool????. Julle moet bietjie selfondersoek doen.

annie ·

Miskien is dit hoogtyd om di SAKP te dwing om as omafhanklike party te staan. Dan sal ons sien wat die ondersteuningsbasis is. Die groep kan nie hulself ‘n party wil noem, maar onder die vlerk van die ANC wegkruip nie. Hulle maak groot geraas en tooi hulle in rooi soos die EFF. Is die EFF eintlik ok maar kommuniste?

Joe Olivier ·

Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel anc lede kommuniste is. Die nuk is almal.

Koos 100 ·

Nie ware komuniste nie. Hulle verryk hulself terwyl die volk honger lei. Komuniste se eerste punt is dat almal gelyk is. (Hier by ons is sommige meer gelyk as ander!)

annie ·

Waarom verduur almal dan die ‘party’ en sy radikale doen en late, wat nie een is nie? Die ANC moet erken dit is kommunisties… ‘n Sluwe geflous?

Andre ·

Daar kan gerus ook ondersoek ingestel word aangaande die tye wat moordverdagtes in die gevangenis bly.

Kenny ·

SAKP Raak groot asseblief Die man het sy straf uitgedien .As hy moet terug tronk toe dan moet al die bomplanters dus die PARLEMENT EN KIE terug tronk toe.
Wat goed is vir een is goed vir die ander

Johan ·

Hulle is pateties…praat van “geregtigheid” terwyl meeste van hulle agter tralies hoort.

Jannie van Niekerk ·

Wanneer begin ons ‘n velddtog om die bomplanters Robert McBride en Hein Groskopf in die tronk te kry vir moord? Dit sal mos net regverdig wees as hulle ook boet vir moord? Groskppf is nog boonop ‘n lafaard want hy kruip in die VSA weg in plaas daarvan om terug te kom na die “demokrasie” waarvoor hy kammakastig “geveg” het.

Kattebol ·

Wat maak chris Hani se lewe meer werd as elke ander moordslagoffer Wie se moordenaars net n paar jaar tronkstraf, indien enige, uitdien?

MrMagic ·

Ek twyfel sterk of hulle wel die 135 dae aksieprogram sal kan volhou. Geen besluite werk gewoontlik so goed hier nie.

Owlie ·

As hy moet terug tronk toe moet alle vry gelates terug tronk toe!

Johan ·

Ons moenie vergeet dat ons hier met die Kommunisme te doen het in al sy brutaliteit nie

Pietertjie ·

Pleks hulle betoog teen die Zuma-parool. En Shabir s’n. En…

Jaco ·

So die SAKP is kwaad vir die ANC-regering se konstitusionele hof. En die SAKP is só verstrengel met die ANC, dat dit basies die ANC is wat kwaad is vir die ANC-regering se konstitusionele hof. Hoe dan nou?

Elize ·

Is daar niemand wat hierdie man oor die grens kan kry soos wat die ander wesens insluip nie?

Nie Verbaas ·

SAKP, gaan dans liewer vir krag van Eskom af. Gaan julle vir 135 dae dans want dit is baie langer as wat julle aanmekaar kan werk?

Swerwer ·

Geregtigheid bestaan lankal nie meer in heirdie land nie. Wat van die moordenaars wat landsburgers uitmoor, ons boere uitmoor. Hul loop op straat rond, hul kry parool en moor maar net weer. En geen haan kraai daarna want hul is lede van die Kommuniste. Walus het die reg om as ‘n vryman op straat te stap. Ongelukkig sal hul hom moet derporteer om sy lewe te red. Daar is nog steeds inwoners van hierdie land wat hul doof en blind hou vir die Kommunistiese Regering. Hierdie land het uit en uit ontaard in ‘n Kommunistiese gebaseerde land. Die kommunis is oral en regeer en die Regering spring as hul kander hul vingertjies klap.

agnes ·

Sit Wallus op n vliegtuig direk na Pole, hulle sal hom hier doodmaak as Hy uit die tronk vry gelaat word. Hy het lank genoeg geboet

bolletjie blom ·

Ek hoop Janusz Walus kan so gou as moontlik terug gaan Pole toe. Hierdie bloeddorstige mense gaan jag maak op hom en nie rus voor hulle hom dood gaan maak nie. Malema het klaar belowe hulle gaan hom soek tot hulle hom kry. Chris Hani was die grootste kommunis denkbaar en nou wil hulle ‘n goue halo op sy kop plaas.

Perdeby ·

Sekere reels geld net vir sekere groepe. Dis julle eie kaders wat gereel het vir die huurmoord.

Laksman ·

As die doodstraf gebly het was hulle ontslae van Walus, maar ons ook van n klomp ander drek wat heel moontlik nog “geliefdes” sou insluit.

Jakes ·

Ag kry tog n lewe SAKP en alle Hani aanhangers. Gaan spring in die see, is al moeg om na al julle gekerm te luister.

Andre ·

Ons sal moet besef dat parool vrylating van’n skuldigde nooit almal se goedkeuring sal geniet nie en daarom is dit my mening dat by skuldig bevinding uitsluitsel gegee word tov parool sodat almal weet waar hulle staan

Driaan ·

Waarom word die woord “parool” gebruik as die man dan sy vonnis en meer uitgedien het? Iemand wat sy vonnis uitgedien het is tog seker ‘n vry man? EK het altyd verstaan dat iemand word op parool vrygelaat indien hulle vroeër vrygelaat word. Ek vra maar net, ek verstaan dan ook dat die term lewenslank verwys eintlik na 25 jaar, is dit korrek?

N ·

Ja hy was skuldig, ja hy het tronkstraf verdien, ja hy verdien parool. Maar nee, hy verdien nie die vals hoop van vrylating as gevolg van n ras gedrewe saak nie

Cobus ·

Janusz Walus behoort nou president te word of een of ander hoë posisie in die parlement te kry, soos al die leiers wat RSA na 1994 gehad het, aangesien hulle dieselfde rekords of erger as hy het. Hy is en lyk in elk geval 100% meer intelligent as enige van hulle.

Casper ·

DimitriTsafendas wat Dr.Verword destyds vermoor het het letterlik lewenslank in die tronk gesit,tot die dag van sy dood of is daar ‘n verskil.

Genis ·

Mandela en die ander moordenaars het uitgekom, wat bome geplant het?

Piet parys ·

Nou moet Janusz net by die parlement uitkom dan kan hy die volgende President word en hy is oorgekwalifiseerd daarvoor of is dit n Bee pos.

Sarel ·

Hoeveel verkragters en moordenaars wird op Parool los gelaat net om weer moord te pleeg
Die Regering voer ‘n Vendetta teen die man

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.