Samesprekings begin om krag van buiteland in te voer

(Argieffoto: pixabay)

Eskom het Woensdag bevestig dat samesprekings tussen hom en die Botswana-kragmaatskappy begin het oor die moontlikheid om oortollige krag vanuit hierdie land in te voer.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër tydens sy aankondiging oor die regering se plan om die land se ligte aan te hou, gesê dat Eskom ander Afrika-lande, waaronder Botswana en Zambië wat meer elektrisiteitskapasiteit het as wat hulle benodig, sal inspan om krag aan Suid-Afrika te verskaf.

Eskom hoop nou om dit moontlik te maak om eersdaags krag vanuit hierdie lande in te voer.

“Die kommersiële prys [vir die krag] is nog onderhewig aan onderhandeling,” het Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder vir Eskom, gesê.

“Enige ooreenkoms sal op kommersiële voorwaardes gegrond wees en onderhewig aan goedkeuring deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika en die departement van minerale hulpbronne en energie.”

Hoewel nog geen ooreenkoms aangegaan is om amptelik krag vanuit Botswana in te voer nie, het pres. Ramaphosa Maandag aangevoer dat Eskom bykomende energie van bestaande private kragopwekkers soos myne, papiermeulens, winkelsentrums en ander private entiteite met oortollige krag sal aankoop.

Eskom sal ook tussentydse kragoplossings, soos mobiele kragopwekkers, gebruik om huidige opwekkingskapasiteit vir ’n beperkte tydperk aan te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie is sommer ‘n klomp bog om die ANC goed te laat lyk.

Erica ·

Askies, verstaan nie mooi. Gedink ons voorsien krag aan Botswana?

Friedrich ·

Ons het nog altyd aan Botswanna en Zimbabwe krag verkoop, nou wil ons aan hulle koop?! Ek tuik n rot. Korrupte rot.

Truthful ·

Dis kommerwekkend…Ciryl se vrou se broer het mos kragstasie in botswana…moet besigheid in fam hou

Pietertjie ·

Ek sien Botswana kry meer as 55% van hulle elektrisiteit van Suid Afrika. Hulle self wek omtrent 1100MW op. Iewers maak iets nie sin nie. Tensy Botswana dit baaie goedkoper van Eskom kry as wat hulle self kan opwek. Wat beteken dat invoere uit Botswana baie duur gaan wees.

Sarel ·

Departement van Minirale Hulpbronne….net daar gaan die Rooilig af…is dit nie Mantashe se Dept nie…??

ES ·

Presies – dat die president moes ingryp wys vir jou hoe onbevoeg Mantashe is. Hierdie kaderontplooiing is wat die land kniehalter.

Martie Smartie ·

Jip. Kragpryse sal styg 30 tot 40% vir volgende 5 jaar. Dis n kwesssie van hou jou mond en betaal OF beurtkrag. Moet se die ANC het hierdie land darem in sy diep dinges opgeduiwel

Wanda ·

Ons voer dan elektrisiteit uit Zimbabwe toe, die wat hulle aan Zimbabwe verkoop het ons self nodig!! Hoekom word dit nie gestop nie ??!!

Henning ·

Voetspore gaan Suid-Afrika ontdek. Het die Voortrekkers dit nie al
gedoen nie? Maak net seker voordat julle ouens vertrek.

annie ·

Botswana wek krag op uit steenkool. Ons dog ons moet/probeer dit nie meer doen nie. Maar nou sal ons ons oë sluit en maar betaal. Eintlik moet die buurlande gratis krag aan Eskom verskaf want buurlanders tap lekker uit ons Sassa, mediese dienste en universiteitsbeurse, selfs gratis krag met onwettige verbindings. Misdade deur hul burgers is vollop. Nou wil hulle ons redders speel? Tja!

koos ·

Afrika genialiteit in werking – SA voer krag na Zim uit, Botswana koop dit by Zim en herverkoop dit weer aan SA, met ‘n stywe wins. Cry the beloved country.

ES ·

Absolute skande dat ons krag by ‘n ander land moet koop… veral ‘n land aan wie ONS krag verskaf. Iemand maak weer LEKKER geld uit hierdie hele spul.

Andre ·

Was dit dan nie ook Botswana wat aangebied het om hul kragstasie saam met SA te bou en goedkoper krag gewaarborg het nie? Toe probeer Eskom liewer self iets doen.

JohanR ·

1994 : geen beurtkrag nie en SA voer krag uit na ander lande. 2022 : beurtkrag vir amper twee weke elke maand, en nou moet ons krag in voer. Asseblief moenie Orania vir die ANC gee nie, of dit sal ook binne twee jaar lyk soos ‘n ashoop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.