Skenking aan Kuba vir eers gestuit

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) is Dinsdag vir eers verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het ʼn interdik aan die burgerregteorganisasie AfriForum toegestaan om die regering se planne om dié reuseskenking te doen, tydelik te stop, sodat die saak behoorlik ondersoek kan word.

Die regter het in sy uitspraak gesê dat dié interdik net tydelik is totdat die saak op volledige meriete beoordeel kan word.

Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê die organisasie is nietemin verheug dat die hof te midde van ʼn ernstige ekonomiese krisis in sy guns beslis het.

“Ons is baie bly dat ons dit reggekry het om hierdie onwettige en skandalige skenking te keer,” sê Duvenage.

Die hof het boonop beveel dat Dirco ook die koste van die aansoek moet betaal.

Volgens die regter verteenwoordig AfriForum die publiek se breër belange en is daar geen rede waarom die organisasie hand is sy eie sak moet steek nie.

Dirco het vroeër onderneem om miljoene aan Kuba te skenk in ʼn poging om die voedseltekort in die land te help verlig. Dié aankondiging is egter wyd gekritiseer gegewe die stygende werkloosheidsyfer en armoede in Suid-Afrika.

AfriForum het kort ná die aankondiging hom tot die hof gewend om die skenking te verhoed, aangesien hy dit as “irrasioneel en onwettig” beskou.

Luidens hofstukke het Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge, in Julie verlede jaar in ʼn brief aan die destydse minister van finansies, Tito Mboweni, gevra dat R50 miljoen uit die African Renaissance Fund gebruik word om Kuba finansieel by te staan. Dié fonds, het Pandor aangevoer, het spesifiek ten doel om internasionale steun te verleen.

In die brief het Pandor aangevoer dat die Covid-19-pandemie en die VSA se ekonomiese sanksies teen Kuba daartoe gelei dat dié land die “ergste ekonomiese krisis in 30 jaar” beleef.

“Dít het tot chroniese tekorte aan elektrisiteit en voedsel gelei, wat ongekende protesoptrede regoor Kuba aangevuur het. Openbare ontevredenheid is verder gedryf deur lang toue om kos te kry, kragonderbrekings en ʼn hewige tekort aan medikasie,” het sy geskryf.

Pandor skryf haar departement het verlede jaar ʼn brief van die Kubaanse ambassadeur ontvang, waarin hy Suid-Afrika se hulp versoek om met dié tekorte te help.

Mboweni het dié versoek goedgekeur en ook voorgestel dat Suid-Afrika moet kyk hoe hy Kuba verder, moontlik in die volgende paar jaar, kan bystaan, met inagneming van Suid-Afrika se eie benarde finansiële posisie.

AfriForum het egter in die hof aangevoer dat Mboweni se eie erkenning van Suid-Afrika se benarde posisie juis die rede is waarom die interdik toegestaan moet word.

Volgens dié organisasie kan daar nie miljoene aan Kuba geskenk word terwyl Suid-Afrika reeds reusebedrae skuld het nie. Boonop word die ekonomie deur die verwoestende gevolge van die Covid-19-pandemie lamgelê en misluk die regering om sy konstitusionele imperatief van behuising, skoolopleiding, munisipale dienste en dienslewering ten volle na te kom.

“Die geld wat die regering aan Kuba wil skenk, kan dus beter aangewend word tot voordeel van gewone Suid-Afrikaners.”

AfriForum beplan nou om op ʼn latere datum ʼn hersieningsaansoek in te dien om die regering se aanvanklike besluit om die geld te skenk, om te keer.

“Ons is nou baie optimisties dat ons hersieningsaansoek ʼn suksesvolle einde aan die saak sal maak,” sê Duvenage.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

katerinadiekat ·

Dis goed. Ander lande moet na hulleself omsien. Ons staatshospitale val uitmekaar, paaie is vol gate, daar is duisende dinge en miljoene burgers in HIERDIE land wat hulp of instandhouding nodig het. Charity to others is a good thing in general, but NOT while your own house is falling apart and your own children are starving!

Anel ·

Net wat ek ook wou sê. Soos hulle sê, charity begins at home, of so iets.

Jack ·

Charity begins at home, nê? Maar by die ANC begin charity by hulle mede kommuniste.

Marius ·

Die kubane moet hul slegtigheid laat staan, hande uit die sakke haal en begin werk.

Renier johannes ·

Die klomp kan nie eers hulle werkers betaal nie maar wil geld skenk pateties verby

Pieter9 ·

Beautiful! Mooi AfriForum – Dirco kan maar hul salarisse vir paar maande aan Kuba skenk, niks van ons belasting-geld nie!

Hendrik ·

Met die anc regering bly alles in die duister en is alles in onsekerheid en verdenking gehul. Hul sal poog om wel op n manier steun te bewerk onder voorwensel van iets anders.” Hul is mos lewenslank verskulkdig aan Kubu want die het mos hul land se toekoms op die spel geplaas tydens die grensoorlog.”

Winnie ·

Maar my wat ‘n cheeck. Ons betaal alreeds miljoene aan hulle dokters wat hier is

Jannie van Niekerk ·

Ek het ‘n voorstel: dit is dat ou afduim sy volle jaarlikse inkomste aan Kuba moet skenk.

Karlahari ·

In 2010 kondig Zuma ‘n R210 miljoen kredietlyn aan vir Kuba om “ekonomiese bande te verstewig”.
Terselfdertyd skryf Zuma ook R1.1 miljard se skuld van Kuba af.
Hoeveel van die geld eindig in privaat bankrekenings in Zwitserland op?

domheks ·

net in SA, om gat te kruip by kubaane. As dit nie dokters is wat ten duurste hier aangestel word nie is dit weer iets anders. Laat die kommuniste vir hulself sorg!

Jannie van Niekerk ·

Die afduim is seker ‘n swak opgeleide dokter of ingenieur wat in Kuba studeer het

Pietertjie ·

So, die belastingbetalers hoes alweer vir die kabaal..

Jannie van Niekerk ·

Hoekom tydelik gestop en nie permanent gestop nie? As Kuba geld het om oorlog te maak het hulle mos geld om vir hulle kastige honger mense ook te gee? Die helfte van hulle swak ophgeleide dokters en ingenieurs is in elk geval alreeds hier om ons werklose ingenieurs en dokters se werk te doen.

Johanna ·

Wonderlik!!! Ons eie mense in Suid-Afrika gaan slaap sonder kos. Ons eie mense krap in vullis blikke vir kos.
Ons eie mense gaan sonder medisyne by klinieke.
Ons NOOD IS GROOTTER AS KUBA SE NOOD. MENS LEEN NIE GELD BY DIE WESTE OM VIR ANDER LANDE KOS TE GEE NIE.
HOEKOM HELP DIE WESTE NIE VIR KUBA NIE…. DAAR IS N REDE..
DIE KUBANE LEWE ONDER N REGERING WAT NET DK KORRUP IS

Herman L ·

Uitstekende werk Afriforum! Ons hou duim vas vir julle hersieningsaansoek.

Frank ·

Wonder watter persentasie van daardie geld sou teruggaan na die ANC want hulle sit self sonder geld

Nico ·

Hoekom moet SA die Kubane met soveel geld gehelp word die ANC regering kan nie eers vir SA help wat self in die gemors is. Die ministers wat dit wil doen stel nie belang in hul eie mense nie. AfriForum, moenie die saak daar los nie, gee gas.

ronel ·

Ek probeer regtig, sonder sukses, my kop om die ANC mentaliteit kry, om ons le verwoesting, verwaardelosing en ongekende boewery. Geen infrastruktuur is in die afgelope 25 jaar gebou tot bevordering van SA se eie mense, ons wat ‘n land van oorvloed in grondstowwe en landbou was, voer nou ons koring vir ons daaglikse brood in, maar die sogenaamde leiers is so ver verwyder van realiteit hul voel hulle het die reg om ONS geld te vat en Kubane te voer ? Is asof die regering en die bevolking heeltemal vergeet dat elke vermorste sent iewers uit n SA burger se sak gekom het!!!

Herman ·

Maar hier op tuis front vrek mense van die elende. So nou weet ek nie.

SjN ·

Hul kan nie eens hul huurgeld van geboue betaal nie, dit is mos payback time vir die klomp kaders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.