Suid-Afrika op gryslys geplaas

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Suid-Afrika is Vrydag op die gevreesde internasionale gryslys geplaas.

Dít nadat hy die afgelope paar jaar toenemend gebruik is vir geldwassery en die finansiering van terreurbedrywighede weens ongebreidelde korrupsie en skuiwergate in die land se strafregstelsel.

Die internasionale waghond oor geldwassery en terreurfinansiering, die Financial Action Task Force (FATF), het sy besluit Vrydagmiddag bekend gemaak.

Suid-Afrika word nou as ʼn hoërisikoland beskou om sake mee te doen en die FATF sal bykomende stappe vereis vir enige beleggers wat sake in die land wil doen.

Suid-Afrika sal nou voortaan ook noukeurig deur FATF dopgehou word.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het kort ná die aankondiging gesê die besluit is geneem nieteenstaande al die pogings wat aangewend is om dit te keer.

“Al die belangegroepe, onder wie die Nasionale Tesourie se leierskap, het alle pogings aangewend om die aankondiging binne die 12 maande lange waarnemingstydperk deur die FATF te vermy.”

Die SARB sê hy, nes die regering, is daartoe verbind om geldwassery en die finansiering van terrorisme te bekamp en sal voortaan sy pogings verskerp om alle vorms van finansiële misdaad hok te slaan.

Hoewel talle kenners die besluit verwag het, is dit nietemin ʼn slag vir die land en sy mense.

Dr. Dion George, die DA se woordvoerder van finansies, sê die aankondiging is ʼn “verdoemende slag teen ons strafregstelsel en ʼn bewys van die regering se onvermoë om finansiële misdade te bekamp”.

Hy voer aan dat die situasie hoofsaaklik ontstaan het weens die ontoereikendheid van die land se wetlike raamwerk en owerhede se versuim om diegene wat verantwoordelik is vir sulke oortredings, te vervolg.

“Die gryslys het ons land in groot gevaar geplaas en die erns van die situasie vereis dat ons topprioriteit moet wees om vinnig op te tree om ons reputasie te herstel en vertroue by die res van die wêreld te kweek,” sê hy.

“Die regering moet nou ʼn omvattende en samewerkende benadering volg om die res van FATF se bekommernisse aan te pak met behulp van gekoördineerde stappe en maatreëls in departemente en instellings – van die vervolgingsowerhede tot die Valke, die finansiële intelligensiesentrum, die departement van binnelandse sake, die polisie, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en ander instansies.”

  • Lees hier hoe Suid-Afrika se naam op die gryslys hom duur te staan gaan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johann ·

VIVA ANC VIVA! LEGACY van anargisme en terroriste wat met geweld aan bewind gedwing is en steeds bly. Absolute SKANDE! Kan nie wag om te hoor wat RamPapoza en sy kaders mee gaan opkom as verskoning nie. Waars LEKBEB FRIKKILI?

Joseph ·

Baie geluk Cyril, jy het dit toe reg gekry om ons land in die grond in te dryf.

Hein ·

Wat nog petrol gaan op. Eskom stort in duie. SAA stort in duie. Denel stort in duie. Ek het nie meer krag vir al die goed nie (No pun intended)

Blikke ·

Ja Otter…. Jy kan maar grappies maak maar hier kom groot finansiele probleme vir my en jou en die burgers van SA

Pieter9 ·

Verhoogde transaksie kostes, langer wagtye indien enige handeling met buiteland gedoen word. Kan ook ly tot adisionele vereistes rakende geld oorplasings ens. Maar almal sal nou twee keer dink om in SA te bele of besigheid mee te doen. Dit is nou Muishond status.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ekstrimisties, korrup, mislukking. Wat nog? Die buitewêreld moet help om die ANC uit te skop.

Peter ·

Baie dankie kriminele ANC regering, nou het julle ons verder in die oê van die wéreld verneder

Hedda ·

Ag, ekskuus my, ons liewe “regering” is tot NIKS verbind nie!

Dawid Hermanus ·

Hulle IS verbind tot iets…diefstal en ongelooflike
selfverryking for ages to come…

Pieter9 ·

Dit is hoe dit gaan met misdaad sindikaat as regerende party. Ek verloor hoop met hierdie klomp… Is daar een, asb net een met logika en verstand?

Nie Verbaas ·

Regstelsel wat n grap is, de Ruyter se onthullings, regering en kaders wat aanhou plunder, Zumpie, Magashule en kie wat nog steeds voortgaan asof niks fout is nie. Dankie vir die totale mislukking wat jy en julle beleid is ANC Ramapokker gemors.

Sean ·

Die reserwe bank nes die regering is daartoe verbind om finansieele misdaad hok te slaan Hahaahahhahahaaha

Danie ·

Hoogtyd dit n goeie stap dat die land en sy korrupte leiers met valk oe dopgehou gaan word.Dis ook tyd vir streng stappe teen die regering al moet ons ook daaronder lei.

zonstar ·

Nou wat het Cyril nou nog nodig voordat hy die ‘minister of bad hats’ in die pad gaan steek?

Papsak ·

Dankie julle korrupte regering saam met Ramaphosa julle dit reg gekry om ons land in die grond in te verswelg hulle moet vinnig weg doen met julle aan bewind regtig nou is ons in ons pekie in

Marthinus W ·

Sover ek weet is Amerika ook op die lys. In 2020 kon hulle iets soos 9 van die 40 foute regstel.

Nettie ·

Bwahahahahaha. Lees hier: “….nieteenstaande al die pogings wat aangewend is om dit te keer.”

Watse pogings? Soos om mnr de Ruyter af te dank net na hy korrupsie blootgestel het? Dink julle die internasionale gemeenskap sien dit nie raak nie?!

Een of ander dag haal die onwettighede en korrupsie al die kriminele in, en ek dink daardie dag het aangebreek. Julle beter julle saak vinnig regmaak met al jul slagoffers (soos die land se mense) en julle God.

Wakkerslaper ·

Ons moenie nou huil nie, ons wou dan so graag met terroriste onderhandel en ‘n “demokrasie” wees….

kragaap ·

Hoe kan enige iets van ‘n kriminele organisasie verwag word ?

Mallie ·

Dis nie snaaks nie. Wat het ons anders van die kaders verwag.

Vonkprop ·

Ons moet ophou die ANC skuld gee vir alles maar ons moet hulle ondersteuners blameer, want dit is hulle wat die ANC in die mag hou. Die ANC vang hierdie goed aan omdat hulle mense hulle die mag gee. As ons die ANC se ondersteuners anders kan maak sien dan eers sal dinge verander. Maar ook by gesê, die ANC kan die stemmery ook kook sodat hulle aan bewind kan bly.

Pieter ·

Veels geluk ANC. Dit is nou een van die resultate van julle bedrog, korrupsie en wanbesteding!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.