Jathiem Hamid en Dorian Diedericks is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind aan die moord op Pieter Barend Botha (46).
Botha, ʼn Metrorail-treindrywer, is op 11 Julie 2016 by die Netreg-stasie in die Wes-Kaap beroof en vermoor. Hy is twee keer geskiet.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê Hamid en Diedericks is ook skuldig bevind op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Die derde beskuldigde, ʼn minderjarige wat nie geïdentifiseer mag word nie, is op alle aanklagte vrygespreek. Die vierde beskuldigde, Cedric Andrews, is net op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie skuldig bevind.
Hamid, Diedericks en die minderjarige is almal lede van die Young Dixie Boys-bende. Andrews is ʼn vriend van die drie en hulle het gereeld sy huis besoek.
Volgens Ntabazalila het die hof bevind dat Botha twee sakke by hom gehad het wat die beskuldigdes by hom gesteel het. Hamid het ʼn vuurwapen by hom gehad. Nadat Botha geskiet is, het die beskuldigdes van die toneel gevlug met sy besittings en die vuurwapen na Andrews se huis geneem en dit daar weggesteek.
Die polisie het op 12 Julie 2016 op die vuurwapen beslag gelê by Andrews se huis. Voorvonnisverrigtinge begin op 19 Junie.
Die United National Transport Union (Untu) het destyds gesê Botha was besig met ʼn opknappingskursus op die sentrale lyn en het vir ʼn trein gewag nadat hy van ʼn ander trein afgeklim het toe hy vermoor is.
minderjarig, vrygespreek van alle aanklagte, wat ‘n grap
Jong onskuldige kinders, arme hulle, hoe wil ons hulle vryheid inperk? Volgens liberale waardes moet terugstaan vir hulle, ons moet hulle toelaat om hulself en al hul behoeftes uit te leef, sonder verantwoordelikheid.
Net soos jy daar sê, hy is vrygelaat nie lank nie doen hy dit weer
watter lot?
Snoefie, wou ek ook weet.
Julle is reg. Hulle het nog nie hul lot gehoor.
Geen wonder die jonges in die bendes almal bewapen is en vrylik op enigiets skiet nie, hulle is dan minderjarig en word sommer vrygespreek, pateties.
Ja dis darem te lekker as jy minderjarig is al WAS Jy deel van ‘n moordbende jy word vrygespreek, ‘n lewe in SA is NIKS werd nie veral nie ‘n blanke s’n nie en die strawwe vir moordenaars van BLANKES is LAGWEKKEND!
“Andrews is ‘n vriend van die drie” – watter drie?
Hier in Florida sal hulle as adults getry word, en saam die groot manne in die tronk sit
Minderjarige is vrygespreek maar hy is deel van ‘n bende – hy lag nou lekker vir die gereg en nou gaan julle sien watse nonsens gaan hy aanvang. Hy is mos minderjarig !!!!!! kan doen net wat hy wil hy kom mos niks oor nie.
Joe, ek neem aan jy is in Florida (VSA )en
nié in
Florida ,WesRand,Suid Afrika nie?
Maar stem saam. Sluit hul op!
Vrygespreek?? Wat van verbetering skool? Wat se voorbeeld word hier vir die jong mense gestel. Dit is belaglik! Met ander woorde, ‘n minderjarige kan gebruik word deur ‘n ouers persoon om moord te pleeg en dan weg te kom daarmee. A nee A, kom bietjie by!!!
Kon besluit om deel te neem aan als. Moet dan gestraf word soos die ander – dalk ligter oor sy jonkheid, maar moet weet wat wag as dit herhaal word.
Ag shame die onskuldige bloedjies.
maar hy behoort aan n bende te jonk vir die tronk maar nie te jonk om aan n bende te behoort nie watter grap is ons reg stelsel nie