Twee gevonnis na aanval op bejaardes

Marcia en Kallie Kruger (Foto: Verskaf)

Twee plaasaanvallers is tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat ʼn bejaarde egpaar verlede jaar op hul plaas naby Bethulie in die Vrystaat aangeval is.

Poto Manietjie Marolloane (34) en Mabhuti Ernest Velaphi (31) is in die streekhof in Bethulie aan huisroof skuldig bevind in verband met die aanval op die Kruger-egpaar in September verlede jaar.

Kallie (87) en Marcia (82) Kruger is die aand van 23 September op hul plaas, sowat 25 km van Bethulie, deur twee mans oorrompel en aangerand. Die mans was met messe gewapen. Hulle het die bejaardes in hul slaapkamer ingewag, vasgebind en beveel om nie ʼn geluid te maak nie.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het deur ’n gebreekte ruit toegang tot die plaashuis gekry.

Die mans is die aand met vuurwapens, juwele en ʼn onbekende bedrag geld vort. Hulle het met die egpaar se Toyota Hilux-bakkie weggejaag wat later verlate langs ’n pad op die dorp gevind is. Een vuurwapen is onder die passasiersitplek gevind.

Die aanvallers is kort na die voorval in hegtenis geneem en het die polisie na die bosse geneem waar hulle die ander twee vuurwapens versteek het. Hulle is positief met die voorval verbind en geen borgtog is sedert hul inhegtenisneming aan hulle toegestaan nie.

Genl.maj. Solly Lesia, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die vonnis sal ’n duidelike boodskap stuur aan kriminele wat voedselsekerheid bedreig deur boere te beroof, aan te rand en in sommige gevalle te vermoor. Lesia het die polisie geloof vir hul ondersoek na die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Roedolf Johannes ·

Nog twee meer wat ons belasting geld gebruik en n 5 Ster verblyf geniet vir n misdaad wat hulle gepleeg het.

Cherokee ·

Moet nie kla sonder om ‘n alternatief voor te stel. Dit dien geen doel.

SomeOne ·

daar is baie myne wat groot rotse het, en dan is daar baie bouers wat 12mm gruis nodig het om mee te bou, dis een alternatief solank

ES ·

Ag nee wat, dan is dit weer teen hul “mense regte” want hul moet werk terwyl hulle hul straf uitdien.

Deon ·

As hulle met wapens, in die geval messe, die mense aangeval het, is dit nie gewapende roof nie?

Pierre ·

Dus die rede hoekom die 15jaar tronk straf is, 15jaar vir roof is hard, mens kry 15 jaar vir moord.

FM ·

Verblydend om te verneem dat hulle nie borg gekry het nie, die vuurwapens gevind is en die 2 bejaarde persone nie vermoor is nie. Alhoewel hulle aangerand is blyk dit asof slegs roof hul oortreding was wat vir my totaal onaanvaarbaar is.

Jakes ·

Net jammer dat hulle nie vir 115 jaar gevonnis is nie sonder parool.

Pierre ·

Baie braaf our peoples nê. 31 Jarige wat ‘n 87 jarige aanval. BLF = Boere Lives Matter!

ES ·

Gelukkig het hulle nie die oumensies vermoor nie – en 15 jaar is genoeg tyd om hulle uit die samelewing uit weg te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.