US-konvokasie versoek De Villiers om te bedank  

Prof. Wim de Villiers, rektor van die Universiteit Stellenbosch. (Foto: US)

Die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) het ’n beroep op die universiteit se visekanselier en rektor, Wim de Villiers, gedoen om voor die volgende raadsvergadering te bedank.

Die konvokasie het Vrydagoggend ’n mosie van wantroue in De Villiers aanvaar ná bewerings van nepotisme.

Daar is ’n beroep op De Villiers en die registrateur gedoen om voor die volgende raadsvergadering, wat Maandag plaasvind, te bedank.

Die US het intussen gesê hy neem kennis van die skrywe en die mening van lede van die uitvoerende komitee van die konvokasie, maar het weer eens beklemtoon dat die aangeleentheid op die agenda van die komende raadsvergadering verskyn.

“Die ontleding van die rektor se diskresionêre plasings sal onder ferm leiding van die waarnemende voorsitter en uitvoerende komitee van die raad plaasvind en sal deeglik bespreek word by die raadsvergadering sodat die raad op ’n aangewese pad vorentoe kan ooreenkom,” het Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit gesê.

“Die US volg wêreldklasbestuurspraktyke vir universiteite wat ’n duidelik gedefinieerde toelatingsbeleid en koshuisplasingsbeleid – beskikbaar op die US-webwerf – insluit en die US se raad, wat die toepaslike forum vir hierdie bespreking is, hanteer die kwessie.

“Die US wys verder daarop dat volgens die statuut van die universiteit, die doel van die konvokasie, en dus dan ook die uitvoerende komitee van die konvokasie wat in hierdie geval hul mening uitgespreek het, is om ‘die welsyn van die universiteit te bevorder deur ʼn wedersyds voordelige verhouding tussen die universiteit en die lede van die konvokasie te handhaaf, en mag die raad, en die senaat wanneer gepas, in hierdie verband adviseer’.”

Dit het verlede naweek aan die lig gekom dat De Villiers ’n tweede familielid by Maties geplaas het. ’n Storm het reeds gewoed oor De Villiers se plasing van ʼn familielid om medies te studeer. Die plasing is maande gelede al teruggetrek nadat ʼn ander student wat beter punte behaal het, maar nie toelating gekry het nie, vrae daaroor gevra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carel ·

Knaap het volle sirkel gekom. Nog net een laaste ding om te doen.
Sluit aan by Carl Niehaus se brigade

Hannes ·

Dit sal ‘n heuglike dag wees wanneer hy soos beesmis maak – val in die pad en vergeet van Maties!

Republikein in die Wes Kaap ·

NWU sal hom aanstel om transfomasie deur te voer.

Cherokee ·

Dit moet vreeslik wees om afgedank soos in gefire te word, met die land se koerante wat dit uitbasuin. Jy’t gesoek daarvoor, Willem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.