Vakbond eis ommekeer oor Walus se parool

Janusz Walus (Foto: Twitter)

Die polisievakbond Popcru sê dit is ʼn skreiende skande dat die “onberouvolle moordenaar van Chris Hani” op parool vrygelaat word en eis nou dat dié besluit omgekeer word.

“As ʼn demokratiese staat is dit ʼn skande dat Janusz Walus vrygelaat word,” sê Zizamele Cebekhulu-Makhaza, president van Popcru.

“Ek doen ʼn beroep op die Konstitusionele Hof om hierdie besluit om te keer en die regering die geleentheid te gee om saam met die regbank oor die besluit te herbesin.”

Die Konstitusionele Hof het verlede maand, ná vele mislukte paroolaansoeke, die 69-jarige Poolse immigrant se parool toegestaan. Hy is reeds 28 jaar lank agter tralies.

Die hof se besluit het groot teenkanting veroorsaak en Walus se vrylating is gekelder toe ʼn medegevangene hom verlede week met ʼn skerp voorwerp in die tronk gesteek het. Daar was ook betogings teen sy vrylating.

Hoewel Walus binne tien dae ná die uitspraak vrygelaat moes word, het die departement van korrektiewe dienste (DKD) verlede week gesê dat hy vrygelaat sal word sodra ʼn mediese span dit goedkeur.

Maroela Media het ʼn navraag aan die DKD gestuur oor wanneer Walus na verwagting vrygelaat sal word en wag nog op terugvoer.

Intussen sê Cebekhulu-Makhaza dat sy onverpoos sal baklei om Walus in die tronk te hou.

“Ek is geskok en ontsteld oor hierdie besluit en beaam die pleidooie van die SAKP om dit te heroorweeg.”

Volgens haar het Walus en sy medebeskuldigde, Clive Derby-Lewis, nooit die volle waarheid vertel oor hul planne om Hani, voormalige leier van SAKP, te vermoor nie.

“Die twee het hul voorneme uitgespreek om die land in ʼn rasseoorlog te wikkel om sodoende die versoeningsprogram voor die eerste demokratiese verkiesing in 1994 te laat ontspoor,” sê Cebekhulu-Makhaza.

“Ek doen dus ʼn beroep op die regering om in te gryp en samesprekings met die regbank te voer oor die besluit.”

Popcru voer ook aan dat Hani se weduwee, Limpho Hani, nie “behoorlik geraadpleeg en ingelig” is oor die paroolaansoek nie. Sy het die hof se besluit om Walus op parool vry te laat vroeër as diabolies bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Laksman ·

Wat het dit met Zizamele en / of POPCRU te doen? Wie is hy/sy in elk geval?

Jaco ·

En waarvoor moet die vrou geraadpleeg word. Hy het mos sy tyd uitgesit, andere loop vry na 10 jaar!

miche ·

Maar die einste vakbond het ( sover my kennis strek) dan nooit beswaar aangeteken as kinderverkragters en kindermoordenaars vrygelaat word nie?

Vexed ·

‘N vakbond? Hoe laag kan ‘n land daal. Kyk dit was ‘n skreiende skande dat Nelson Mandela vrygelaat is maar ja, hier is ons nou. Ek sukkel om te sien wat ou Hani so spesiaal maak, vergelyke met die duisende wat Nelson vermoor het.

Pietertjie ·

Die vakbond dink hulle is verhewe bo ‘n Gronwethof se uitspraak. Kom ons kyk of hulle reg is.

Marcello ·

Regeer die SAKP die land, dat ons moet maak soos hulle sê.??? Hoe op aarde “Over-rule” hulle nou die Konstitusionele Hofse se besluite, Wettelose land.

Nici ·

Sekerlik is dit ook minagting van die hof dat hul parool terughou?

SjN ·

Vakbonde is n onding en sleg vir die ekonomie, hoekom versoek hul ook nie dat Zuma en Shaik terug gaan tronk toe nie aangesien hul nie meer terminaal siek is nie?

Tredoux ·

Elke reaksionêre en millitêre groep op aarde het mense al gedood van die ander sy. ANC inkluis. Maar “reconciliation” en ” “all is fair in love & war” is iets wat diegene aan bewind nie eintlik verstaan nie. Miskien is dit omdat die leiers van die vakbond en óók, die ANC, in die 60s, 70s en 80s nie tyd gehad het vir studie nie. “What’s good for the goose…”

Gerhard ·

Hulle het ‘n klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie. Laat die man met rus en vrede. Hy het sy vonnis al lankal uitgedien. Plaasmoordenaars, moordenaars, verkragters en en en word vrygelaat op parool, dan moor en verkrag hulle weer. Die man wil net gaan rustig wees na sy vrylating. Hulle moet onthou, haat en bitterheid maak siek en op die einde beteken dit mens se dood. Wie is hulle om hom nie te kan vergewe nie. Ons word elke dag 70×7 keer vergewe vir ons dade.

JohanR ·

Dink hulle is belangrik in SA, maar almal hang hier aan die ANC se rokpunte. Ek sou Waluz soe 02h00vm uit die tronk se agterdeur uitneem, en hy is op die eerste vlug uit OR Tambo die volgende more. Totsiens ou en gaan geniet jou lewe nou daar in Poland. Jy het jou straf en meer uitgedien.

Nie Verbaas ·

Nee Popcru, kom ons help julle reg oor wat n skreiende skande is. Die meerderheid van julle lede is onbevoeg en lui. Wat is die verskil tussen Hani en n weerlose vrou wat verkrag of vermoor word? Sekeres loop vry na n paar jaar nadat hulle moord gepleeg en gevonnis is maar die man moet sit? Wie dink julle is julle in elk geval om te eis? Net soos julle respek vereis. Grapkas narre.

Frikkels ·

Vermoor ñ kommunis in suid afrika en jy is in die sop. Vermoor ñ boer en hulle maak jou president! ????

SwartBees ·

Let him be. Maak hom sommer president van RSA. Wat die anc tans aan die land doen is baie erger as wat Mnr Janusz Wallus aan n opstoker gedoen het.

Lourens ·

“DKD verlede week gesê dat hy vrygelaat sal word sodra ʼn mediese span dit goedkeur.”
Kom ons raai: hy gaan nie binnekort gesond genoeg wees om vrygelaat te word nie.

Christo ·

Plaas dat hulle hul bekommer oor die agteruitgang van die polisie.

Jannie van Niekerk ·

Dis ‘n skreiende skande dat hulle nie beswaar maak dat die bomplanter Robert McBride vry rondloop nie. Hy het ook onskuldige mense se dood veroorsaak en hulle beloon hom met ;n polisie pos.

Eugene ·

Walus is volgens wet skuldig bevind en gevonnis. Hoewel mens mev Hani kan jammer kry oor haar verlies, beteken dit nie dat die regstelsel heeltemal in haar guns moet draai nie. Daar is ‘n parool raad wat aanbeveel het dat parool toegestaan word maar om sy weduwee tevrede te stel is dit al ‘n paar keer afgekeur. Dis mos nie hoe Justisie behoort te werk nie

Janie ·

As Mandela uit die tronk uit kon kom en president word, hoekom kan Walus nie ook uitkom en president word nie?

ENFM ·

Wonder waarom ‘n man uit Pole iemand in Suid-Afrika kom vermoor en nie juis berou toon of daaroor praat nie, sterk bly en karate lesse gee in die tronk vir mede gevangenis. Klink vir my meer na ‘n huurmoordenaar, wat eintlik ‘n saak het met wie vermoor word, solank hy sy betaling kry. Dalk nog Hani se eie mense wat dit gereël het met een of ander politieke agenda. Hoekom anders is dit so belangrik, dat hy nie die tronk verlaat nie?

Di ·

STEM! DIS hoekom hy weier om enigie iets te se!!! Die wat hom gehuur het is nog steeds in ons midde, wie weet. Daarom wil IEMAND hom laat uithaal voor hy praat

Riaan ·

Popcru kan net sowel hulle naam verander na popcorn, want hulle pop ook net op as daar iets is waarvan hulle nie hou nie – die ander kere skitter hulle in hulle afwesigheid

Oros Soros ·

Al hoekom hy nie vrygelaat is nie, is dat hy dan self sy mediese behandeling en sekuriteit sal moet verskaf. Daar is dus die ooreenkoms tussen DKD en sy regsverteenwoordiger. Die Staat het geen keuse nie en sal Walus nou moet vrylaat op parool as hy dit versoek of voldoende herstel het.

Owlie ·

Wat vsn al die kinder verkeagters, moordenaars, korrupsies wat steeds op vrye voet is asook die wat daagliks borg kry? Nelson Mandella is dedtyds sonder aanvalle van unies en mense wat geliefdes verloor het vry gelaat. Gaan kees Madiba se boek en stop al hierdie sensasie soekery.

Nie Verbaas ·

Die minderwaardiges wil net weer wys wie is in beheer.

Marius ·

As jy iemand anders dood maak kry jy 15 jaar en na 7 jaar is jy uit party na paar maande ek se nogsteeds hulle is bang hy praat en se wat gaan aan agter die skerms

Windhond ·

Het die “bhuti” in die tronk al verskyn vir poging tot moord ? seker nie?

Nettie ·

Ons word gereeld beskuldig dat ons “onberouvol” is oor apartheid. Dan wys ek daarop dat ons ‘n werkende, eerstewereldse land op ‘n skinkbord oorhandig het en daagliks was op tv, radio, in koerante en tydskrifte om verskoning gevra vir jare lank in die 90’er jare.
Dan kry ek herhaaldelik dieselfde antwoord: “Wel, ons vergewe julle nie.”

Dis maar dieselfde wat hier afspeel. Lyk my ons moet verstaan dat almal se konsep van boetedoening en vergifnis dus nie dieselfde is nie. Sekere dade is blykbaar by hulle “onvergeefbaar”, andersins as in die Christen-geloof.

Cherokee ·

Nooit erens gelees dat Mandela berou bepleit het. Nooit gelees dat hy jammer gesê het nie.

SomeOne ·

JANUSZ WALUS VIR PRESIDENT VAN SUID AFRIKA !!!! ,JANUSZ WALUS VIR PRESIDENT VAN SUID AFRIKA !!!! ,JANUSZ WALUS VIR PRESIDENT VAN SUID AFRIKA !!!! ,JANUSZ WALUS VIR PRESIDENT VAN SUID AFRIKA !!!!

Johan ·

Dit is “Korrektiewe Dienste” , nie “Departement Van Straf en Wraak” nie. Dit is wat die klomp sadistiese goed nie verstaan nie.

Yvonne ·

Uiters belaglik maar dit is soos dinge in ons landverloop. Eish

annie ·

Dan is Walus ‘n burger, en dan nie en dan weer? Walus moet die hof nader. Hy was vir die meeste jare as uitlander gereken, sodat hy uit die willewragtig van ‘n land kan vlug. G’n Westerse toeriste behoort meer hierheen te kom nie. Ons het nie Isis nodig om dit ‘n slegte naam te gee nie.

Charl ·

Ja, wat hét dit met popcru te doen ?? Dit gaan níé oor die politieke implikasie hier nie, dit gaan daaroor dat Janusz blánk is !! Wat van die swart moordenaars en verkragters van wittes wat na ‘n mínimum vonnis en tronkstraf op parool vrygelaat word en dan presíés weer dieselfde misdade gaan pleeg ??? Wat het gebeur met Brendon Horner se saak en ál die ander plaasmoorde wat stilweg net onder die mat ingevee word ?? Maar hier wil die idiote hulself bevuil oor ‘n blanke man wie ‘n jáár langer as mandela in die tronk deurgebring het omdat hy één kommunis uitgehaal het, hoeveel bloed het die anc, sakp en hul mede kommunistiese maaitjies op húlle hande ???

Swerwer ·

Popcru moet hul monde hou want hul is deel van hierdie land se ondergang wat onskuldige mense uitmoor!

Jacques Dawie ·

Wat het unies met regs sake te doen? Die regering is slap in die mou oor die unies wat hul neuse in alles drik. Soos n wurm wat vir die voel sê hoe om te vlieg….

Samuel ·

Ag shame!! Wat kan mens sê? Hoe kan hulle sê dat Walus geen berou toon/het nie? Ons land en regstelsel is in so ‘n groot gemors. Ek is sinies verby. Hoop nie die vakbond gaan sy sin kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.