Verdagte vas na Klerksdorp-aanranding

Skermgreep uit video

Die Noordwes-polisie het bevestig ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die aanrandingsvoorval in ʼn parkeerterrein in Klerksdorp.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê die 33-jarige man sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ʼn Video van die voorval het die afgelope paar dae soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die video wys hoe twee mans roerloos in ʼn plas bloed in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Doringkruin in die stad lê. Dit was uit die video nie duidelik wat presies tot die voorval aanleiding gegee het nie.

Die voorval is Sondag om 13:25 aangemeld.

“Volgens inligting was daar iemand wat twee mans aangerand het. Die een slagoffer is 32 jaar oud en is met ernstige breinskade in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem,” sê Myburgh.

Die ander slagoffer het ʼn saak by die Klerksdorp-polisie aanhangig gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Bittergal ·

Ek hoop mense wat met getroudes en mense in verhoudings wil rondslaap leer ook hier iets. Dit regverdig allermins die aanranding nie, maar dink eers, voor jy doen..

Karoo ·

lol…. it takes 2 to tango…. kat in die donker krnyp…. ontdou jy nog…. lol

SjN ·

Die rooikop vrou wat so te kere gaan was nie so onskuldig nie en dalk die oorsaak tot die gebeurtenis.

George ·

Ek wonder hoe het hy haar geklap agter geslote deure as hy die in publiek doen.

Vanessa ·

Ek weet nie wie ek moet jammer kry in die geval nie, want daar is stories dat die vrou (die man wat die pakslae uitgedeel het) verneuk het met die een man wat geslaan is. Indien dit waar is hou ek die dame verantwoordelik vir alles wat gebeur het. Mense moet onthou dat besluite gevolge het.

SwartBees ·

Beste kommentaar vir die dag. My persoonlike gevoel is SY moes in die hof verskyn en die na gevolge dra van die gebeurtenis.

Delia ·

So kom ek vat dit verder, noudat ons agter die sleutelbord dink ons weet alles van almal. So hoekom verneuk sy hom???
Wat van ons is verantwoordelik vir ons eie dade en moet verantwoordelikheid vat daarvoor?

Stef ·

Daar is nie altyd n rede vir verneuk nie, party mense loop maar net rond.

Karoo ·

Kan ‘n mens werklik so “dom en astrant” wees, nou sit een met breinskade…. en
‘n ander met ‘n tronkstraf en’ n kriminele rekord.

Tink ·

Dit is verskriklik,wat die gebeure ook al is ,mens slaan nie sommer net nie ,en nou brein skade! En wat het die arme 2de man gedoen om so geslaan te word. Maroela hou ons op hoogte asb

Vanessa ·

Arme PW was die dag op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Hy wou net help. Frederik was duidelik baie deurmekaar en onsteld die dag toe hy klappe uitgedeel het. Hy lyk na ‘n goeie mens wat te ver gevat is. Hy het nou se hele toekoms weggesmyt deur sy optrede. Geen vrou is dit werd nie. Kyk nou ook watse skade het die arme man wat breinskade opgedoen het, hy gaan moontlik nooit weer dieselfde wees nie. Dit alles was so onnodig.

Kobus ·

Raai julle of weet julle? Dis altyd wat ek vra. Die knaap met die vuiste is tog bekend, waarom nie sy naam bekend maak nie. En liewe Eva, wat is jou aandeel hierin? Ek kry solank popcorn en Oros.

Hennie ·

Soos hier jongman wat jy so verdedig nou sal beleef, daar is gevolge.

Delia ·

Sjoe, dis n stupid opmerking..by gebrek aan n beter beskrywende woord

Daleen ·

Slim is beter as sterk maar duidelik moet JY en die jongman wat jy so prys – – omdat hy iemand anders amper doodgeslaan het – nog leer ou Nico…. Vuisies rondswaai is teken van swakheid… Selfbeheer is teken van sterk persoonlikheid

Nico ·

Selfbeheersing is dikwels die lofsang van die lafhartige om traagheid te regverdig.

Kurt ·

Kyk dis n hartseer verhaal vir almal betrokke. Maar ek moet sê daai ou het n ma se regter hou. Gerrie Coetzee sou sidder

Delia ·

Hoekom moet jy jou eer verdedig. Stap weg!!
Dalk moet hy nou in die tronk sy EER verdedig.

Jaco ·

Seker ook ‘n boelie op skool gewees. En natuurlik ook ‘n steroid junky, dit maak julle mos baie aggresief en impulsief.

Kobusnutz ·

Dit was uiters geweldadig en die man kan geen genade verwag van publieke opinie nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.