Video: Demi Lee geloof vir Ghoema-toespraak

Demi Lee Moore ontvang haar Ghoema-toekenning vir beste musiekvideo. (Skermskoot: Video via Facebook)

“Ek dink nie ek sou hier gestaan het as ‘Die Land’ nie onttrek was nie.” Met dié woorde en onder luide toejuiging het Demi Lee Moore Woensdagaand haar toekenning vir die beste musiekvideo by die Ghoemas ontvang.

Moore het dié toekenning vir die liedjie ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ ontvang.

Die Ghoema-toekennings is gisteraand vir die agtste keer by die Time Square Sun Arena in Pretoria aangebied. Die glansaand, gewoonlik ‘n hoogtepunt op die vermaakkalender, het vanjaar onder ‘n wolk plaasgevind met talle top‑ Afrikaanse kunstenaars wat die aand geboikot het.

Adam Tas, Bobby van Jaarsveld, Corlea, Jay, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall, Ruhan du Toit en Nicholis Louw is net sommige van die kunstenaars wat nié die geleentheid bygewoon het nie in protes teen die Ghoema Musiek Trust se besluit om die benoeming vir “Die Land” te onttrek weens druk van MultiChoice.

MultiChoice het gedreig om sy borgskap van die Ghoemas te beëindig indien die nominasie vir “Die Land” vir beste musiekvideo nie onttrek word nie, weens Steve Hofmeyr se deelname aan die liedjie. Joe Heshu, MultiChoice se groephoof van korporatiewe bestuur, het aan Maroela Media gesê die versoek het gekom omdat hulle diskriminasie ten sterkste veroordeel.

Heidi Edeling, hoof‑ uitvoerende beampte van die Ghoemas, het gesê daar is toe by wyse van ʼn demokratiese stemproses besluit dat die benoeming wel onttrek word.

Moore het gisteraand haar toekenning vir dié kategorie ontvang en gesê sy deel dit met Hofmeyr, Van Jaarsveld, Jay, Van Blerk en Du Toit wat almal deel was van “Die Land”.

Demi Lee Moore. (Foto: Maroela Media)

“Ons is hier om Afrikaanse musiek te vier en ek voel dit is waaroor dit moet gaan. Maar gelukkig gaan dit nie oor my nie. Dit gaan oor Christian Wolf wat my video gemaak het, asook ‘Die Land’ se video. Johan Oberholzer wat ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ geskryf het, asook ‘Die Land’.

“Ek wil hierdie deel met die vyf kunstenaars wat nie vanaand vereer word nie. Verder wil ek dit opdra aan elke persoon wat nog hoop het in hierdie land, wat bly in hierdie land, wat hulle kinders grootmaak in hierdie land en wat lief is vir hierdie land.”

Dié woorde is met luide toejuiging begroet. Ook op sosiale media het talle mense vir Moore geloof vir haar toespraak en die manier waarop sy haar stem oor dié kwessie laat hoor.

Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en bestuurder, het op Twitter gesê sy het “oneindige respek” vir Moore vir die manier waarop sy die toekenning vir beste musiekvideo ontvang het. “Haar toespraak! Wow!” het sy getwiet. Ernst Roets, adjunk‑ uitvoerende hoof van AfriForum, het Moore as ʼn held bestempel. “Dankie dat jy standpunt inneem. Trots.”

Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van Afrikaans is Groot, het op Twitter ook gesê hy is trots op Moore, terwyl Dirk Hemann, bestuurshoof van Solidariteit, haar ook op sosiale media geloof het.

Moore het gisteraand omtrent skoonskip gemaak by die Ghoemas. Buiten die toekenning vir beste musiekvideo, het sy ook weggestap met die toekennings vir gewildste liedjie van die jaar, beste komposisie van die jaar, beste pop-album deur ‘n vroulike kunstenaar en ‘n ere-toekenning vir beste verkoper, alles ook vir ‘Mis Eet Slaap Herhaal’.

Hou Maroela Media dop vir meer oor die Ghoema-toekenningsaand.

Demi staan oop vir #DieLand!

Dankie Demi Lee Moore dat jy vir #Afrikaans vir #DieLand opstaan. Jy verdien al die mooi wat jou toekom! Jy is ons TROTS! * [VIDEO] verskaf deur ons Sakelbeampte Phillip Bruwer *Steve Hofmeyr Afrikaans is Groot Afrikaanse Musiek Nuus Bobby Van Jaarsveld Ruhan Du Toit Solidariteit Solidariteit Helpende Hand – Weskaap Streek Solidariteit Helpende Hand – Middelburg Mpumalanga Solidariteit Helpende Hand – Gauteng Noord Streek Solidariteit Helpende Hand Vrystaat Streek Dewald Wasserfall Bokradio Maroela Media Netwerk24 Ivan Roux Jacaranda 94.2 Corlea

Posted by Helpende Hand – Deel van die Solidariteit Beweging on Wednesday, April 17, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

159 Kommentare

Osie ·

Well done, Demi Lee! Respek vir so jong, nuwe kunstenaar! G’n wonder jy is so suksesvol.

Zilia ·

Welgedaan Demi??
MultiChoice/DSTV is toe te pap innie broek om dit uit te saai, omdat hulle bang was vir wat gesê gaan word.
Dis net ‘n lafaard wat ‘n besluit maak en dan nie daarby kan staan nie!

Henk ·

Afrikaners moet hulle mag bly wys soos met Spur en ander. Ek het DSTV lankal af gesit oor dit eindeloos herhaal en dit wat wel wys ‘n klomp snert is. Nou is ek so bly ek het. DSTV het onlangs in die media gekerm hulle het laasjaar 100 duisend intekenaar verloor as gevolg van dinge soos Netflix. Snert! Dis oor hulle swak waarde vir geld is!
Soos met Afrikaan is Groot moet en baie ander goed, moet ons dinge maar vir ons self doen, en ons rande in die Afrikaanse gemeenskap hou.

gert ·

Beslis, dankie Demi. Jy staan vir vryheid en `n toekoms vir Afrikaans. TROTS.

Anri Botha ·

Groot respek vir die pragtige Demi Lee…sy verdien elke toekenning met lof. Plus sy het ń platform gebruik om te verwoord wat ń bitter smaak in menige Suid-Afrikaners se monde gelos het. Baie lof ook aan die ander kunstenaars wat standpunt ingeneem het…mag julle almal van krag tot krag gaan. En mag MultiChoice en DSTV sink! Ek is lankal klaar met hulle… Hul swak diens en uitbuiting was rede genoeg, nou hierdie siek situasie

JohanCloete ·

Ek wonder of MNR. HESHU daar was???? Ek glo nie !!!!!

Tershia ·

Nogal ook so gedink Waar is al die grootbekke wat die geleentheid sou geboikot het Dit seker in die voorste rye Demi Lee trots op jou dat jy erkenning aan Steve hulle gegee het Dankie ook aan die ander kunstenare wat lojaal is

Pieter ·

Ja-Ja…altyd net ‘n groot geraas. AFRIKANERS …meesters van dwarstrek en rugsteek. Dit raak net erger en die vyande van Afrikaans weet dit maar net te goed. Hul grootste bondgenoot is die vyande binne eie geledere. 8 Mei gaan dit ook weereens bewys.

Janie ·

JA siestog .. ons weet mos daar is hensoppers en verraaiers . so NEE die saal was nie gepak nie . daar was DUIDELIK genoem dat tussen 50% en 60% stoele oopgestaan het … so ja daar was BESLIS genoeg boikotters .. die gewone kruipers en liberale en die wat tog nie die kaartjie se koste wil verloor nien was natuurlik daar vir die popcorn .. so jy is VERKEERD!!

Ruby ·

Frans tsk tsk, duidelik maak jy jou naam krater om Demi so te wil afbreek, jy is niks meer as ‘n “storm in a tea cup”.

Daar is mense wat bitter lief is vir Demi en die hoogtse respek het vir haar veral na gisteraand.

Kry ‘n hobby.

Gert ·

Kyk mooi, die boonste deel van toeskouers sit area is dol leeg.Amal lyk of afgestuur was om voller te lyk. “camera” werk.

gatiep ·

Nee Ma ek het nie n TV nie dis hoekom ek seker onder n klip bly.
Ek weet seker van Steve en Bok omdat ek sien wat hulle vir Afrikaans doen en hulle musiek baie goed is.

Johan ·

Ja Pieta, ek het dit ook opgelet. Daardie saal lyk vol gepak. Daarom is ek bitter teleurgesteld in my mede mense. n Aand uit was meer van belang as om saam te staan en glad nie daar op te daag nie. n Totale lee saal sou n baie sterk boodskap vir Multichoice gestuur het, wat blykbaar n eff gala geleentheid geborg het vroeer van jaar.

gatiep ·

Alles is n klug daar.
Hoe kan so iets gehou word as die beste nie daar was nie.Nog nooit eers van die vrou gehoor nie.
Hehe nou kry sy sommer al die toekening.
Sy moet baie trots wees op haarself.

Andre ·

Dankie vir jou guts Demi ! Na die duiwel met multichoice met hulle haat gebaar…..julle weet wat julle met julle geld kan doen…..

Nonnie ·

Gatiep, leef jy in ‘n reuse lugborrel? Regtig? Nog nie van Demi Lee Moore gehoor nie? Is jy Afrikaans? Sjoe!!

gatiep ·

Toemaar Nonnie nou ken ek haar, maar nou wil ek haar nie meer ken nie.

Marius ·

Gatiep jy kan nie afrikaans wees as jy nie afrikaanse musiek luister?

Sonskyn ·

My bseskeie mening – mens kan stanspunt inneem sonder om te boikot. Demi-Lee het gewen omdat sy dit verdien het. Net omdat jy nog nooit van haar gehoor het nie maak dit nie van haar ‘n slegte kunstenaar nie.

Sy is baie nederig en hierdie was ‘n oomblik wat sy gekies het om standpunt te neem en sy het dit op ‘n positiewe manier gedoen.

anton ·

Kon hulle nie maar n langer microfoon bekostig het of een wat kan verstel dat sy nie so laag moes afbuk terwyl sy gepraat het nie?
Seker omrede 2 borge ontrek het!!!

Blaarman ·

Duidelik het Demi baie meer karakter as hierdie klomp galbrakers wat haar nou probeer afbreek.

Weet julle – mense word ouer, hulle tel gewig op, dinge gebeur. Al wat bly op die ou einde is jou karakter en die lewens wat jy daardeur geraak het.

Demi het haarself in die geskiedenisboeke ingeskryf met daai toespraak. Ek wonder maar net wat gaan julle nalatenskap wees?

Nettie ·

@Marius – ek is Afrikaans (en trots daarop) maar ek luister nie Afrikaanse musiek nie, want die meeste daarvan is TJOL!!!!!!! Veral Joe Black se geskreeu, Juanita du Plessis se nasale geblaas en Steve Hofmeyr se gegorrel. Ek hou van bitter min Afrikaanse sangers/esse, Demi-Lee Moore ingesluit, omdat die meeste liedjies almal dieselfde tema het en daar so baie Engelse woorde, veral “baby” in die lirieke is. Dit maak my nie minder Afrikaans nie.

Buite Stander ·

Afrikaanse musiek is temerig en ek sal nooit AIG of ander Afrikaanse optredes bywoon nie. Maar ek glo dat die sangers moet gehoor word en erkenning kry vir hul werk, ongeag politieke uitsprake.

anton ·

Net n vraag?
Is die vrou wat daar gepraat het dieselfde persoon as op die foto in die berig???

Lorraine ·

Ek kry skaam vir Afrikaanse mense soos julle. Onopgevoed om die minste te sê, en skuil agter skerms met snedige, onnodige kommentaar. Wonder hoeveel van julle sal jul geskrewe woorde herhaal in mense se aangesig. Sies man.
Demi-Lee: Jy maak ons trots om Afrikaans te wees! Welgedaan ??

bernelle ·

Ag asb! weet jy dan nie die TV maak mens 10-15kg swaarder nie – ek werk in die advertensie bedryf. Julle kommentaar is kinderagtig, pure jaloesie! Sys beeldskoon, ek wonder hoe lyk JY?! En as jy nie weet wie Demi is nie, luister jy elkgeval beslis nie afrikaanse musiek nie, of maak nie ‘n tydskrif of artikel oop nie. Almal is trots op haar toespraak, en haar talent. PUIK DEMI! jou talent gaan jou nog ver bring! Ek vind as ‘n afrikaans sprekende jong mens (26) dit al moeiliker om TROTSE afrikaners in my ouderdomsgroep te kry, almal wil liberaal en engels wees – so om jong mense te sien met ‘n passie vir afrikaans en ons kultuur, is soos goud <3

Hendrik ·

Van al die moontlike reaksies, insluitend stilbly, kies julle om dit te sê.

Betoging ·

Sal nooit weer enige kunstenaar wat daar was se cds koop nie. Die een kans wat hulle gehad het om op te staan teen diskriminasie van afrikaans het hulle verbrou. Demi ek was mal oor jou. Maar jou cd gaan nounou ashoop toe. So ook elke wit afrikaner wat hierbo haar aanprys. Sies skaam julle.

Jan Alleman ·

Han, sy is n nuwe blonde sangeres. Maar kom ek vra jou so? Wie is Han….?????
Jaloers is duidelik

Seepbox ·

Sy was 10 teen 1 100% bewus daarvan dat sy, na die Land onttrek is, die prys vir beste musiekvideo gaan ontvang… en sy was verseker 100% reg met n toespraak waarin sy ‘n uiters goeie standpunt gemaak het. Presies gesê wat die wat ontrek het nie kon sê nie en sodoende verdere bewusmaking van die hele spektakel gemaak!

Meraai ·

Gatiep as djy niggie van haar gehoor het nie bly jy virseker of agter n klip of het geen idee wat met afrikaanse musiek aan die gang is nie. Sy is n trotse dogter van suid afrika met n groter as groot talent. Gatiep êk sê djou skrik wake neh.

Nettie ·

@Meraai ………………. hoe sê djy nou, va’ wie se niggie pra’ jy hie’so nou? Nei man, Gatiep herrie i niggie nie, hy’t net bra’s. Dja, ekke en ou Gatiep, os bly agte i groot klip – Pêrel Rock noem hille ho’.

Neels ·

Baie geluk met jou toekennings en dankie jong dame dat jy nie geintimideer word deur politiek in die kunste nie As dit in my vermoe was sou ek julle al die oad geborg het en ek dink so voel baie van ons mede afrikaners.

Barries ·

Nog a wannabee aktivis. As jy dan so teen dit is wat Goema doen, weier dan die toekenning, of gee dit terug. Baie te sê, maar geniet ook maar die kollig. Skynheilig as jy my vra.

Wildeboer ·

Barries, jy slaan die spyker op sy kop. ‘n Paar weke gelede was sy nog op Solidariteit se nuuskonferensie waar sy ook gekerm het oor MTN en Toyota se AIG boikot. Nou staan sy daar hoog en droog en wag vir Afrikaners om R800 op te dok om AIG te finansier.

Marbel ·

Die feit dat Demi-Lee by die Ghoemas was, wys haar “lojaliteit” teenoor Afrikaans. Jammer Demi, jou toesprakie beïndruk my nie. As jy die saak wou steun, sou jy ook weggebly het. Jy het my as aanhanger verloor

Phillip ·

Marbel jy sit die pot mis, as sy weggebly het, het hierdie antwoord nie uitgekom nie. Volpunte vir haar.

$ ·

Phillip, die antwoord sou baie harder en duideliker uitgekom het as Demi wel weggebly het, en so ook die ander kunstenaars wat ongelukkig wel opgedaag het.

Yankee ·

Hoe kinderlik raak n Land!! Is daar dan niks anders om n gesprek te voer? Oor stupid liedjies? Get a life!!!

Gone ·

jy is te lank in Amerika, lyk my jy het die hele GHOEMA sage gemis as jy dink dit gaan oor liedjies

ANDRE ·

as n mens iets boikot ..dan bly jy weg……………………………

Chris ·

Sho maar die jaloers bokkies hardloop wydsbeen hier in die kommentaar afdeling. Tipies dit is hoekom politiek dit regkry om al die Afrikaner se kunste toekenings te probeer pootjie

ANDRE ·

Nuwe sangeres wat ook drie woorde oor en oor sing soos dstv programme…

Jerry ·

Die een se dood is die ander een se brood. “RIP Steve, lank lewe Demi Lee”!

Kraai ·

Die berigfoto en Demi op die verhoog maakook nie vir my sin nie. Ek glo dat foto’s/ videos van mense wat op groot skerms vertoon word, mense groter laat lyk. Miskien was sy net jonger, maar sy bly maar mooi, Welgedaan Demi.

Melt Olckers ·

Hierdie tipe toekennings gaan glad nie oor die beste liedjies of sangers nie. In die verlede is die besluit gemaak oor wie die beste is gemaak deur die manne in grys pakke. Vandag is dit die Raadskamers van borge.
Verkope moet volgens my die bepalende faktor wees.

Paul Gerber Vf plus ·

Soms moet mens in die vuur gaan staan om dit wat jy wil bereik wel te bereik. Jy kan mos nie n uitsending stop lewendig nie. Syt haar erkening gekry, met n halwe hart. Syt gesê wat ons almal wou sê en daar waar dit nie gestop kon word nie.

fred ·

teleurgestel dat daar skynbaar nog so baie toeskouwers was…

TrotsAfrikaans ·

Pieta, Gatiep en Corne….kom asb by in die lewe! Dis mense soos julle wat Afrikaans doodmaak deur julle negatiewe kommentaar. Sies man skaam julle! Gun iemand anders ook ‘n plekkie in die son! Julle is seker daai selfde mense wat alewig kla oor alles in die lewe maar niks probeer doen aan die probleem nie. As julle nog nooit van haar gehoor het nie, klim uit julle koekonne en SKRIK NET WAKKER!!!

Carel ·

Geluk Demi jyt hulle op hul plek gesit en baie nederig gebly jys n ster

Tante ·

wat gaan aan met julle wat haar stenig sy was braaf sy het in leeuhok ingegaan en oorleef nou stenig sommiges haar volgens my en baie ander het sy reg opgetree maar sy moes na toespraak haar toekenning terug gegee het. Ek wonder of die wat haar stenig die volle berrig gelees het doen dit weer asb

Jaco ·

Well Done Demi Lee.
Uitstekende hanteer, voel half hartseer oor die hoeveelheid mense wat die klugspul bygewoon het em nie ook kon standpunt inneem en eerder by die huis gebly het nie…
Dankie Demi Lee, jy het n toespraak met klas en respek gelewer soos min sou kon doen.
Dankie Bok Radio, Immunadue en al die kunstenaars wat standpunt ingeneem het teen n Korrupte “politieke uitverkoopde” organisasie genaamd Die Ghoema’s.

Jaco ·

Well Done Demi Lee.
Uitstekende hanteer, voel half hartseer oor die hoeveelheid mense wat die klugspul bygewoon het en nie ook kon standpunt inneem en eerder by die huis gebly het nie…
Dankie Demi Lee, jy het n toespraak met klas en respek gelewer soos min sou kon doen.
Dankie Bok Radio, Immunadue en al die kunstenaars wat standpunt ingeneem het teen n Korrupte “politieke uitverkoopde” organisasie genaamd Die Ghoema’s.

Andre Haarhoff ·

Geluk en pragtig Demi – jy het die Ghoemas bloedneus gegee op hulle eie turf voor hulle jou ook kon keer. Jy kon kies om weg te bly of jy kon kies om hulle aan te vat op hulle eie grond – welgedaan !

Afrikaans ·

Absoluut die waarheid! Sy het die kans gegryp om haar sê te sê! Well done!

TanniePep ·

Nie net aangevat nie, sommer heeltemal verslaan en stomgeslaan! My kop draai nog dat so jong meisie so absolute briljante plan kon uitdink. Sê jou sê waar almal gedwing word om daarna te luister! Demi-Lee, jy ROCK

Lizl ·

Mooi si! Ek voel dit sou nog `n groter impak gemaak het as sy die toekennings net laat op die verhoog gelos het. Maar “well done”

Koffie ·

Hoekom staan daar net een man op en klap hande, lyk nie vir my of almal so voel nie? Dink die Afrikaner is verlore en so gebrein spoel…..aitog mense dink bietjie mooi oor die saak!

GM ·

Sou dit nie ‘n groter klap in die Ghoema organiseerders se gesigte gewees het as Demi Lee gesê het sy aanvaar nie die beeldjie nie? Of net nie opgedaag het nie? Nou het sy nogsteeds haar oomblik van glorie op die verhoog, maar sy dra dit darem op aan Steve en kie. net sodat die aanhangers minder kwaad sal wees. Of redeneer ek verkeerd? ‘Dra op aan’ beteken nie dieselfde as ‘ek gee dit vir jou nie’.

Die saal moes nie so vol gewees het nie.

PaulV ·

GM; ja, jy redeneer heeltemal verkeerd – lees weer die berig. Demi Lee het gesê sy DEEL die beeldjie met Steve-hulle.

Nee, die saal was nie ‘so vol’ nie; daar was ongeveer 60% leë sitplekke.

Pragtige gebaar, Demi Lee!

Nettie ·

As ek Demi-Lee Moore was, sou ek mooitjies gesê het dat “ek nie hier sou staan as dit nie was dat ‘Die Land’ onttrek is nie en aangesien wel-erkende Afrikaanse kunstenaars soos Steve Hofmeyr, wat vir self- en volksbehoud veg, se musiek op hierdie manier misken word, ek nie die Ghoema WIL of KAN aanvaar nie. Baie dankie en totsiens”.

Bekommerd ·

Geluk Demi. Voorstel: Jy en die land se hero Steve moet meer saamsing. Julle sing baie mooi saam. Maar dankie vir jou woorde. Hoop die linksgesindes verstaan wat jy gese het.
Geluk en dankie aan almal wat agter Steve staan. EENDRAG MAAK MAG.

Anni ·

Ag Nee Wat ek is nou geensins beindruk met Demi ni, ek se ook Sy moes verhoog tu gegaan het, en gese het Dankie Maar nee dankie. Sy Wat so gedroom het om eendag saam Steve te kan sing, moes Hom ondersteun en ni die ‘ding’ ontvang het nie. Maar ag Sy is nog nuut en dis haar eerste toekenning. Dankie aan die res Wat nie op gedaag het nie.

Siener ·

Anni ek stem saam. Demi het goed van Steve hulle gepraat maar sy kon ‘n standpunt ingeneem het om nie te gaan nie.

Logika ·

Demi het baie sterk standpunt ingeneem op ‘n wyse wat sy geglo het (en ek ook glo) die meeste impak sou maak.

Ek herhinder julle graag aan Theodore Rooseveldt se “Man in the arena” toespraak…

“It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat.”

brue ·

Al ooit gehoor van “moet nie jou brue brand……”
Diè jong kunstenaar het nog ‘n blink toekoms, en om soos ‘n kleintjie ‘n tantrum te gooi op die verhoog sou nie goed afgeloop het nie. Sy het die beste van ‘n slegte saak gemaak.

Gerhard Bezuidenhout ·

Boikot die sangers wat eintlik n klomp meelopers is van die spul wat die aand bygewoon het en boikot vir Multi Choice wie die Afrikaner se vyand is Kom ons gee hulle n pakslae wat hul sakke n gat sal inbrand.

Die Leeu ·

Fanie
Ek en jy staan alleen ou maat. Die ander sal nie hul MultiChoice subskripsies kanselleer nie.

Net soos hulle nie hul Discovery Mediese Fonds gekruif het nie. Net soos hulle nogsteeds by Spur eet en by Woolworths inkopies doen.

G’n wonder die organisasies diskrimineer so openlik en blatant teenoor ons nie.
.

Joe Hall ·

Foeitog ou leeutjie,
Waarom ‘sal’ jy nog kanselleer?
Los liewer jou onnodige venynigheid en loop kanselleer sommer nou, soos sovele van ons reeds laaaankal gedoen het.
Joe Hall
:-)

Dries du Toit ·

En daar ontplof dit in Ghoema en Multi choice se gesig.

LADY ·

Nie n aanhanger van haar nie maar well done. Daar stap Karlien in al haar glorie by die Ghoemas in. Sies.Swak. En Snotkop..so teleurgestel. Die klank was uiters swak . VF..RESPEK!!!!!!!!!!

Anoniem ·

Was Karlien daar? Haar naam was op lys van sangers wat nie kom nie? Dalk ou foto of was dit op live stream?

Rita Parys ·

Hierdie hele debakel gaan eintlik nie net oor Steve nie. Die liedjie is nie “polities korrek” nie. Ons MAG NIE lief wees vir hierdie land nie. Ons MAG NIE hoop op n toekoms vir ons kinders hier nie. Ons MAG NIE sê hierdie land behoort ook aan ons nie. Ons is “colonials” wat moet teruggaan na waar ons vandaan gekom het. Dankie, Multichoice, dat julle help om die Afrikaner in ons mense weer wakker te maak. Ons het al te lank en te veel gesê “Ekskuus dat ek lewe.”

Dries Moolman ·

Ek wonder of kyksnert haar toespraak gaan redigeer wanneer hulle die Ghoemas nou uiteindelik uitsaai.

Judge Dredd ·

Hehehehe – daai 1 ou probeer baie hard om die mense op te sweep om hande te klap.

Alida ·

Kyknet kyk nou lekker op hul neuse. Hulle het hulle beywer vir Afrikaans nou laat hulle hulle lei deur politiek. Kry vir julle. Ons afrikaners SAL NIE GAAN Lê NIE. Steve en sy gevolg het wonderlike publisiteit gekry en bly die beste.

riaan ·

En karen meiring is nogal een van die ghoema paneel wat die besluit gemaak het.

Spul sell-outs!!!!

jakes ·

Die blote feit dat Kyknet op die nippertjie die spektakel nie meer lewendig sou uitsaai, spreek boekdele. Daar was honderde mense wat kaartjies gekoop het, afwesig. Die hele spul van Karen Meiring tot by Multichoice het soos amateurs opgetree en verseker word hul geloofwaardigheid erg geskaad. Dis lagwekkend hoe mense optree wanneer hulle droogmaak. Daar is mense met n paar breinselle wat dwarsdeur hierdie narre kyk.

CHRIS ·

Ek is bly Karen Meiring se naam word genoem. Mynsinsiens het sy baie met hierdie besluit teen Steve te doen. Onthou Steve het by geleentheid n koppie tee oor haar uitgegooi , waaroor sy woedend was. Nou het sy n stok gekry om hom mee te slaan.

bolla ·

Hy het ‘n koppie tee oor die redakteur van Huisgenoot uitgegooi nie Karen Meiring nie. Kommin, swak gedrag.

LADY ·

Ek nie n aanhanger van haar nie maar well done goeie eie publisiteit. Daar is Karlien toe daar in al haar glorie….swak…en snotkop….so teleurgesteld…Steve en Kie is awesome.

Tante ·

Maak dit saak of sy gewig aan gesit het? Die wat die fotos bevraagteken is belaglik

foto ·

Dis deels Maroela se skuld dat daar soveel kritiek/kommentaar gelewer word oor die foto’s; sekerlik kon Maroela ´n meer onlangse foto van haar in die berig geplaas het (daar is tog volop op-datum foto’s van gewilde kunstenaars beskikbaar), dan sou geen haan gekraai het nie. Dis net sowel hulle plaas ´n matriekfoto van iemand in sy 30´s waaroor berig word.

Nico Strydom ·

Dagsê
Die foto van Demi Lee Moore wat in die artikel verskyn is in Februarie vanjaar geneem toe sy by Maroela Media was vir ‘n onderhoud.
Vriendelike groete

TrotsAfrikaans ·

Vir die negatiewes daar buite wat se ‘ek boikot alle afrikaanse sangers wat daar was of el gooi al my cd’s weg…’ het julle al ooit daaraan gedink dat Demi (en andere) juis gegaan het OM hulle stem dik te maak vir die onrehverdigheid teen oor Steve en kie…. vir as hulle wen hulle eintlik ‘n platform het OM iets te kan sê juis soos Demi gedoen het. Well done Demi jy maak my Afrikaner hart trots. Wens ons almal kan so saam staan as dit by politiek kom…

Estelle Gerber ·

Welgedaan Demi, dankie vir jou toespraak, uit jou hart uit, vir ons land en ons mense. Sal maar moet sien of Multichoice die “balls” het om jou toespraak uit te saai Saterdagaand!

riaan ·

Die hele episode GAAN NIE oor Steve nie! Dit gaan oor:

1. multichoice se rasistiese dubbelstandaarde; en
2. die ghoema trust se slapgattigheid om nie teen multichoice op te staan nie!

Ek weet nie hoekom is almal so in vervoering oor haar toespraak nie:

1. Sy het NET gewen omdat Die Land onwettig verwyder is as die wenner;
2. As sy regtig so sterk voel oor wat sy kwyt raak sou sy die hele ghoema ding geboikot het!

Al die kunstenaars wat dit bygewoon het ondersteun duidelik die diskriminerende, rasistiese gedrag van multichoice wat daagliks toelaat dat magashule, malema, mngxitama, ens. hulle rasisitiese gif op dstv versprei, en daarom is al hierdie kunstenaars in my oe sell-outs!!!!

bolla ·

Stem saam, sy moes die hele aand geboikot het as sy so sterk oor die saak voel.

Basjan ·

Regte kunstenaars sal hulle nooit laat voorskryf deur politiek nie. Hulle neem ‘n standpunt in en bly daarby.

Liza ·

Regte kunstenaars sal hulle nooit laat voorskryf deur politiek nie. Hulle neem ‘n standpunt in en bly daarby.

Estelle Gerber ·

Welgedaan Demi, dankie vir jou toespraak, uit jou hart uit, vir ons land en ons mense. Sal maar moet sien of Multichoice die “balls” het om jou toespraak uit te saai Saterdagaand! Ons vir jou Suid-Afrika!

KrokodilBotha ·

So, syt opgedaag . Dis jammer. Was onder die indruk die sangers gaan liewers braai by die huis.

Afrikaan ·

Wat ‘n klomp moungatte wat hier kommentaar lewer … almal in Afrikaans … SY was daar, want SY wou ‘n boodskap oordra aan ons SIEK regering wat ‘n vinger in ELKE pie het in hierdie land!!! Wat hardwerkende kunstenaars wil down doen om elke hoek en draai! Want Steve mag volgens hulle NIE publisiteit kry nie! Hy maak GEEN geheim dat hy die VF+ ondersteun nie! Hy is die enigste kunstenaar met genoeg guts om nie ‘n geheim te maak van sy politieke standpunte nie en DIS ‘n bitterpil vir BAIE om te sluk. Steve het nie met sy boude in die botter geval nie, hy het GEWERK vir waar hy vandag is en hy het Demi nie gemaak nie, sy het haarself gekry waar sy vandag is! Haar en Steve se duet het eers NA haar wen gekom. Julle negatiewe outjies hierbo moet asseblief oorslaan engels toe, want julle verdien nie ons TAAL nie!!! Lafaards, skynheilig en ‘n skande vir ons minderheid!

Zumie ·

Vergelyk Maroela en Pta FM se berigte oor die Goema paartie met netwerk 24 s’n……. Berig hulle oor dieselfde ding? …. netwerk 24 sluip soos ‘n geoefende politikus rondom al die punte wat saakmaak

Anoniem ·

Uit beginsel uit sal ek in my dag des lewens NOOIT weer niks met Ghoema te doen hê nie.

Wildeboer ·

Kyk hoe sit die klomp Afrikaner zombies, totaal gebreinspoel deur die regeerders. Pateties verby.

Jacs ·

Well Done Demi Lee..
Uitstekend hanteer, voel half hartseer oor die hoeveelheid mense wat die klugspul bygewoon het en nie ook kon standpunt inneem en by die huis gebly het nie..
Maar dankie Demi Lee, jy het n toespraak met klas en respek gelewer soos min sou kon doen.
Dankie aan Bok Radio, Immunadue, en al die kunstenaars wat standpunt ingeneem het teen n korrupte “politieke uitverkoopde” organisasie genaamd Die Ghoema’s.

Die Leeu ·

Hoe klink dit vir my die naam Ghoema, is ‘n mengelmoes van Gupta en Zuma.

ANONIEM ·

“EK DINK NIE EK SOU HIER GESTAAN HET AS ‘DIE LAND'” ONTTREK WAS NIE……..

Dit is Demi se woorde aan die begin, maar verder in haar toespraak wil sy sangers soos Steve, ens. voor sy erkenning gegee het aan hul……………. Dit laat my wonder sy praat uit twee monde……………….

wakker word ·

Met ander woorde as Die LAND deel was van die toekennings geleentheid sou hulle die toekenning gekry het en nie sy nie …………

Vark ·

As Demi die ander so ondersteun hoekom het sy nie die geleentheid geboikot nie ?

riaan ·

Vra ek ook?

Duidelik is sy voor die tyd, nadat die Land onwettig onttrek is, ingelig dat sy nie nuwe wenner is! Hoe sal sy dan nou haar oomblik van glorie misloop?

Nou kryp sy deur die speechie te maak!

Trots ·

Well done Demi!
Ek gaan koop sommer weer ‘n paar CD’s van ons Afrikaanse kunstenaars. Ongelukig kan nie almal als boikot en steeds ‘n lewe maak nie, so vir die wat die kans kon vat, goed so! En vir die wat nie kon, maar in hul hart ook wou, is dit ook okay.
Afrikaans en ons kultuur is in ons bloed.

Ai afrikanertjie .. tiepies of is dit tipies ·

Sy was ons stem daar. Dink julle regtig die afwesigheid van blanke of afrikaanse kunstenaars het enigstens die organiseerders gepla? Jy maak n fout want jy mis die grooter prentjie. Sy het vir die wat daar was n lae hou geslaan. Ons moet ophou skouers optrek of weg hardloop met ons sterte tussen ons bene. Jy Afrikaner wat so oordeel en op jou gat sit en kla, jy is die eerste om weg te hardloop.
Wel gedaan aan die wat geboikot het, wel gedaan aan die borge wat ontrek het en meeste van almal vir jou Demi wat in die gesig van die boosdoeners kon spoeg.

riaan ·

Jy praat bietjie met “forked tongue”!

“Ons moet ophou skouer optrek of weg hardloop …..” MAAR “Wel gedaan aan die wat geboikot het, wel gadaan aan die borge wat ontrek het ….”

Wat is dit nou: Moenie boikot nie OF wel gedaan as jy boikot?

toinette ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie! Sies!!!! Nog nooit in my lewe mense gesien wat so vieslik kan raak oor n ander persoon nie, julle almal wat hierdie vieslike kommentaar los behoort hulle self te skaam!!! Ons “Afrikaans sprekendes” gun niemand iets moois nie! Ek skaam my mors dood!

HPV ·

Ons het in elk geval nie iets soos multichoice nodig nie, laat ons saam met Solidariteit en AfriForum ons eie ding begin. Begin deur ons Afrikaanse sangers en hul optredes meer te ondersteun en sluit aan by Solidariteit en AfriForum.

Alida ·

Die hele spektakel word Saterdagaand uitgesaai nadat dit geredigeer is. Wonder wat bly en wat gly??????????? Sal maar moet kyk om uit te vind. Gelukkig ken mens mense wat daar was. Huisgenoot Skouspel het ook doodgeloop agv hulle “Steve issue” nou is daar nie meer Skouspel nie. Gelukkig vir ons bly AFRIKAANS IS GROOT en gaan nêrens heen nie. Kry vir julle.

toy ·

Multichoice dink hulle is verhewe, maar hulle gaan hulle fout ook nog agterkom. Hulle is manipulerend.

Anoniem ·

Dink julle nie dit sou ‘n BAIE sterker boodskap oorgedra het as sy (en elke genomineerde) ook onttrek het nie?
Die liberaliste het nog steeds die saal volgepak – gereed vir ‘n lekker aandjie. Hul het geen maar geen ruggraat of integriteit nie. Dit is te wagte, maar ek het meer verwag van haar en die ander sangers. Is daar dan SO min wat nog selfrespek oor het?

Die Leeu ·

Andre
Hoekom is Steve ‘n nar? Omdat hy die durf het om te sê wat JY dink???

rollie ·

Wel, as jy sê dat swartmense die argitekte van apartheid is dan moet jy ‘n nar wees.

Chris ·

Ek het geen respek vir enige een wat daar was om dit te gaan kyk of enige een van die kunstenaars wat da opgedaag het nie . Demi se toespraak was net om seker te maak mense gaan haar nog ondersteun na die ghoemas . Dis hoekom SA is waar hy is geen Afrikaner kan meer saam staan nie . Gaan kyk maar wie sit weer die Spur vol

Ben ·

Chris ek stem 100% saam met jou. Sit sal hulle sit. Hier en daar ‘n geluidjie maak van “dit is darem nie mooi nie” en dan sit hulle maar verder. Geen inbors nie.

Annie Webb ·

Baie dankie aan Demi-Lee Moore, wat presies gesê het wat gesê móés word. En dit kon nét van agter daardie mikrofoon, op daardie manier en met daardie Ghoema in die hand gesê word. Ek het moeite gedoen en gaan kyk na die CV van Jabavu (Joe) Heshu, wat namens MultiChoice die Ghoema Trust afgedreig het. B-graad in PR van UP, lid van SRC. 2007 begin werk, sewe hoë PR-poste sedertdien. Skaars twee jaar in elk. Tipiese trajek van onse BEE-aanstellings. En as borg van die Ghoemas kan MultiChoice mos maar boelie, hoekom nie? Wie is die Afrikaanse kykers, after all? Net die sotte wat die Premium-pakket koop om te kan rugby kyk. Dis hoe dit is as jy ‘n minderheid is. Behalwe natuurlik as die minderheid nié wit is nie, soos in die VSA. Dan dring jy weer aan op voorkeurbehandeling ómdat jy die minderheid is. So as jy wit is in vandag se wêreld, kan jy dink wat jy wil, maar moet dit nóóit sê nie. Elk geval nie luidkeels soos Steve nie. Jy géé hulle die stok om jou te slaan. Daar is AIG en die Ghoemas nou daarmee heen. Wat is volgende?

Wielspore ·

Dit is nou standpunt in neem, wel gedaan. Sal graag wil sien of die eerbetoon aan die land wel in die geredigeerde weergawe gewys gaan word op TV.

Wielspore ·

As die boilkot aksie deur kunstenaars sou voorgaan is die dae van die Ghoemas getel!

riaan ·

Wat nie noodwendig ‘n slegte ding sou wees nie want soos dit nou daar uit sien wen die tweede bestes in elk geval die prysse?????

Dellie ·

HAHAHAHA tipies afrikaners…………
Almal mis die punt want nou gaan julle idiote aan oor haar gewig wat absoluut niks met die prinsiep van die saak te doen het nie..

KLOMP LOSERS!!!!

Dis hoekom ons is waar ons afrikaners is is omdat ons die kan saamstaan en ophou ook poef te kibbel nie.

Andre C ·

Hoor gister die spektakel word herdoop na die Zuma toekennings

wat ·

wat soek jyd aar staan jy dan nie saam hulle , jou ou ghoema is n klug jy sou in anycase nie gewen het nie…..hartseer dat jy nie dit kon terug gee nie …maar ja verraaiers is daar mos altyd.

JM ·

Die mense wat sê RIP Steve en lank lewe Demi moet self ‘n bietjie lewe kry want hulle is twee g@t jakkalse.

Rudie ·

Wat ek nie kan verstaan is dat ons mense wat DSTV het die mense van multichoice se saĺarisse betaal , so ons geld is goed genoeg vir hulle maar hul boicot ons afrikaanse kunstenaars. Nou waarvoor moet ek nog betaal.

gatiep ·

Lyk my sy is nou n held vir die Afrikaner omdat sy daar was?
In daai geval is ek dan seker nie n Afrikaner nie ek praat net julle taal omdat ek hou daarvan.

Zelda Kilian ·

Sou baie beter gewees het as sy dit geboikot het en nie opgedaag het nie. Ek kanselleer ook my DSTV.

HPV ·

Dit is goed dat Demi, so jonk soos sy is, nie beïnvloedbaar is nie. Sy doen haar eie ding al dra dit nie noodwendig almal se goedkeuring weg nie. Demi hou so aan!

Afrikaans ·

En hier sit ek, want om te doen? Wat om te se? Ja, ek is baie teleurgestel oor die hele storie oor wat Multichoice en Ghoemas gedoen het. My hart is seer as ek van hierdie kommentaar lees. So hier is my probleem, ek werk by Multichoice (darm geen deel in die programme en uitsendings nie). Ek is alleen broodwinner vir my gesin. Moet ek nou agv hierdie my werk bedank? Wie gaan vir my werk gee? Hulle betaal my ‘n salaris, sodat ek vir my gesin kan sorg. Sodat ek vir my gesin kos op die tafel kan sit. Sodat ek my kinders kan skool toe stuur om onderrig te word. Sodat ek ‘n mediese fonds het om te help betaal aan my gesin se behoeftes. Sodat ons ‘n dak oor ons kop het. As Christen kry ek skaam. Staan daar dan nie in Mattheus 7 “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word. en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?”
Ek is trots Afrikaans, Trots op my taal, Trots op mense soos Steve, Bobby, Bok en al die ander wat standpunt inneem. Trots op Demi wat bereid was om iets te sê. Onthou, God is Liefde!

Elsa ·

Ag nee sies. Wat ‘n teleurstelling om party van julle se kommentare te lees. Julle het duidelik nie die volledige berig gelees nie en so tipes swak Afrikaner, weer jul eie siek gevolgtrekkings gemaak. Mense soos julle maak my partykeer skaam om te erken ek is ook ‘n Afrikaner. Hier het ons nou die geleentheid gehad om saam te staan vir ons taal, maar nou val julle alweer jul eie mense aan en raak beledigend teenoor Demi Lee. Deur haar deelname, het sy beslis vir Ghoema laat verstaan dat hulle verkeerd opgetree het deur spesifiek te verwys na Die Land en so het sy ook eer gegee aan Die Land se kunstenaars. Haar oorwinning het ten minste ook eer gegee aan Christian Wolf en Johan Oberholzer, die video vervaardiger en liriekskrywer van beide liedjies.

riaan ·

Deur weg te bly of nie die trofee te aanvaar nie sou sy vir ghoema ‘n sterker boodskap oor hulle “verkeerde optrede” gestuur het!

Nou gaan sy as tweede beste en ontvang maar die trofeetjie en as nagedagte maak sy haar toespraakie. Wat help dit? As sy en al die ander sell-outs soos snotkop and karlien, ens. weggebly het het hulle ‘n baie duideliker boodskap gestuur.

Sy het dit vir HAAR SELF gedoen!

Judge Dredd ·

Verwag niks minder nie.
Daar was mos die wat na die 2de Anglo Boere oorlog skaam was om ‘n boer genoem te word – Dus die naam Afrikaner. Selfde Hanskakies wat nou hulself wil kamptig skaam.

Zanette Kellerman ·

Demi ek bevoorreg om n week terug n privaat konsert van jou en Steve by te woon. Jy het al my respek. Die besluit wat jy geneem het om die geleentheid by te woon was n goeie een. Daar het jy die geleentheid gehad om almal te bedank wat opstaan vir Afrikaans. Sonder jou sou daar geen sprake gewees het van hulle nie. Julle klomp wat so negatief is, skaam julle.

$ ·

Regte ding sou eerder wees om te sê: ‘Dankie, maar nee dankie – ek weet hierdie toekenning is nie regtig myne nie ‘ en dan die ding terug te gee aan die een wat dit oorhandig het.

Anita ·

Demi Moore jy is modern “Racheltjie De Beer” dankie dat jy openlik jou glorie deel met die kunstenaars en veral Steve, ek weet nie waarom hy gestraf word nie, hy is ‘n opregte afrikaner en spreek sy denkwyse uit, as dit aan die ander kant van die publiek is mag daar …gevloek…rassisme tot die allerhoogste vlak gesê word en daar is geen vervolging. Stop Multichoice, stop Ghoemas, stop die bangbroeke boikot die plekke, ons word daagliks vir alles wat verkeerd gaan verwyt. Dankie Steve, dankie Demi vir julle opregtheid.

Mich ·

Baie dankie dat jy opgestaan het vir Afrikkans. In Solidariteit hiermee het ek vanoggend my DSTV beeindig.

pieter ·

Wonder wat se solidariteit,afriforum,ffplus van di situasie

Juane Viviers ·

Trots Afrikaans!!
So bek kort Jam!!! Trots op jou!!!!

Liesie ·

Wat het jy daar gemaak Demi-lee? Hoekom nie saam geboikot nie? Ek was ‘n aanhanger, maar is baie teleurgesteld in jou optrede.

Dankie ·

Demi, dankie dat jy die moed het om op te staan. Ek sal jou ondersteun.

Lizelle ·

O aarde. Nou is arme Demi-Lee seker volgende jaar ook verban van die Ghoemas af. Mens mag mos nie deelneem as jy nie die regte deuntjies sing of woordjies spreek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.