Video: ‘Ons staan op, ons staan teë, én ons sal self’

solidariteit-teen-discovery-veldtog-dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Om ʼn Afrikaner in Suid-Afrika te wees behels vele uitdagings. Rassediskriminasie, onregverdigheid en wanbestuur laat Afrikaners dikwels magteloos en moedeloos.

Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van Solidariteit, het egter die besonderse vermoë om die Afrikaner se woede, frustrasie en onsekerheid raak te vat en te verwoord. Hy is die voorloper om brandende kwessies aan te raak deur standpunt in te neem teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappy én individue teenoor Afrikaners.

Van Hermann se mees aangrypende en ingrypende ope briewe is onlangs vir die eerste keer as versamelwerk deur Kraal Uitgewers gepubliseer. Die boek, Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika, bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe uit sy pen.

“Die pad na Ons sal self was nie ʼn kortpad met afdraandes en koeltebome wat salig die pad teen die ergste son en reën beskerm nie.

“Inteendeel, die Afrikaner ken selfdoen teen hierdie tyd al soos die palm van sy hand. Om self te doen is egter nie beperk tot die ‘wat’ van harde arbeid nie, dit is ook in die ‘hoe’ van ’n samestelling van woorde, reaksies en gebeure wat daaruit spruit,” verduidelik Hermann.

(Grafika: Verskaf)

Hermann het sedert 2011 met sy ope briewe sterk standpunt ingeneem teen mense wat, soos hy dit stel, klappe na Afrikaners uitgedeel het.

Dit is briewe wat veral opskudding veroorsaak het, soos die brief aan die Ghoema-Trust wat besluit het om die lied “Die Land”, waarvan Steve Hofmeyr een van die sangers was, te verbied, asook die ope brief aan die uitvoerende hoof van Spur.

Wat Hermann se ope briewe so merkwaardig maak, is dat dit ontvang word as die ope brief van elke Afrikaner wat dit lees. Dit spreek namens elkeen in dié gemeenskap, en dit lok nie net reaksie uit nie, maar lei dikwels tot aksie. Hierdie aksie spreek boekdele, maar dra in werklikheid ’n eenvoudige boodskap uit: Onregverdigheid en diskriminasie sal nie geduld word nie. Ons staan op, ons staan teë, én ons sal self!

“Te danke aan talle ander ope briewe het Spur, die Ghoemas, Miway, Totalsports en die uitgewers van The lost boys of Bird Island die afgelope jare gehoor hoe Afrikaanssprekendes voel en, al het hulle dalk nie in die openbaar verskoning gevra of van standpunt verander nie, minstens dalk iewers in ʼn raadsvergadering besluit om volgende keer anders op te tree,” sê Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media.

Volg die regstreekse gesprek hier op Maroela Media se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boerkind ·

Ons sal weer uit die skroei en verguis van hierdie rassistiese, onregverdige, korrupte, onbevoegde en ongewenste regering SELF opstaan en STERKER as ooit tevore wees. Hou asseblief op om verskoning te vra en skuldig voel oor ‘n eens uitsonderlike, ryke en bewese geskiedenis van mense wat KAN!!

Samuel ·

Dit baie mooi en goed wat Dirk Hermann doen. Die vraag is egter, is hierdie briewe ooit die papier werd waarop dit geskryf word? Lees ons SP ooit die briewe? Die mense in privaat sektor mag dit dalk lees en daarop agslaan, al vra hulle nie om verskoning nie. Doe so voort.

Mieke ·

Of die SP dit lees of nie – ons moet dit self doen! En dis presies wat ons SA mense KAN doen! Ons moet ophou om vir oplossings te wag – ons IS die oplossing!!

Strandloper ·

Stem saam.
Ek kan!
Ek wil !
Ek sal vir jou Suid Afrika!

jzjz05 ·

Dankie vir mense wat die leiding neem vir wat vir Afrikaners belangrik is te verdedig. Ek is seker, die wat ons Afrikaners wil vergruis neem kennis hiervan en begin dink dat hulle teenstand kan verwag. Dankie vir Solidariteit, Agriforum, Maroela Media en nog n paar ander instansies ,ONS LIG ONSE HOED VIR JULLE .DANKIE ONS IS TROTS OM JULLE AAN ONS VOORPUNT TE HE.

Wakkerslaper ·

Verstaan my reg – ek is 100% daarvoor dat ons as Boere onsself help en opbou…. my vraag is net: moet ons nie net eers ons eie onafhanklikheid en staatkundige gebied kry nie? Die terroriste en kommunistiese staat gaan eenvoudig alles wat ons opbou net weer vat. Dit maak mos nie sin wat ons nou doen nie? Of mis ek iets?

JohanR ·

Hoeveel maal het die Afrikaner nie al geval en opgestaan nie, geval en opgestaan. Die Afrikaner het sy stempel afgedruk nie net is SA nie maar deur die hele Afrika, Europa, Amerika, Nieu-Seeland, Australia. ‘n Suid Afrika gebore in Pretoria Transvaal is nou die tweede rykste man in die wereld. In Engels se mens “we have spread the Afrikaner seed far and wide!” Ek is ‘n boer, die kind van ‘n boer, en daai boer was die kind van ‘n boer. Hardwerkend en gaan nooit le nie.

fbbb ·

Ek stem saam baie mooi al die inisiatiewe en ons moet planne maak as Afrikaner as ons onderdruk word. Ek mis egter die een groot ding in al die briewe en dit is om alles in volle afhangklikheid van ons Hemelse Vader te doen. Ek sien geen oproep in een van die briewe dat almal hulle aktief by die ware Kerk van Christus moet voeg en ELKE Sondag Ware Geestelike voedsel moet ontvang en aktief betrokke by Kerke te wees nie. Christus het nie verniet die Kerk ingestel nie. Ons moet ook onthou om God te dien soos Hy van ons verwag en nie soos ons wil, wanneer ons lus het en hoe ons wil nie. Die Afrikaner moet dus weer warm harte kry vir ons Verlosser en Saligmaker Jesus Christus. Wee die wat lou harte het. Tevergeefs die wat aan die huis bou as die Here se seën nie daarop rus nie.
Die Afrikaner (almal) kry nog genade tyd van God om ten volle na Hom terug te keer. HY roep baie hard in ons land met al die dinge wat so skeef loop. Laat ons ag slaan op SY stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.